Die Lewe · Gedagtes

Die terapie van ‘n haarsalon

Donderdagoggend half nege (ek moes seker vroeër gaan werk het, ja, maar ander dae is ek al 6h00 by die werk) neuk ‘n wit Toyota Tazz met ‘n CJ registrasie nommer reg oor die pad, reg voor my in. My gunsteling kleur kar, my gunsteling fabrikaat kar, my gunsteling registrasie nommer kom donder een Donderdagoggend my dag, my week, duidelik op. Probeer die Universe my dalk iets vertel?

Eintlik het Meneer eers voor ‘n trok verby geskiet en toe voor my in. Die trok het hom misgery, ek kon nie, al het ek baie hard probeer. Ek moet erken daar was oomblikke agterna wat ek gewens het die TROK het hom eerder gestamp. Ja, ja, wreedaardig, ek weet. Maar as hy kleiner was, en ek groter, het ek hom dalk geslaan laat dit lyk asof dit eintlik die trok was wat hom getref het. Ek het dit oorweeg in die hitte van die oomblik, maar toe voel ek die swaar hand van die gereg op my skouer, wat sê; “Kalmeer, dame, kalmeer.”

In elk geval, vandat ek die Opel gekoop het, huil ek nog steeds in my binneste binnekant omdat ek nie ‘n Toyota kon kry nie. My rasionele denke vertel vir my ek dink boktjol, my denke wat nog in feëtjies en kabouters glo, sê vir my dit was my straf. Ek WIL mos kerm oor ‘n Toyota, nou sal ek ‘n punt bewys word.

Be that as it may… ek het wel ‘n paar lesse geleer.  Ek het nog net een keer voorheen ‘n groot ongeluk gemaak – in 1996 toe ek my Mazda gerol en afgeskryf het. En nie verseker was nie. Ek sal julle die drama en trauma spaar. Van toe af verseker ek my kar tot by die doppies wat jy op die uitlaatkleppe waar jy lug in die bande blaas, draai. Overkill, but nonetheless. Ek weet nou hoekom ek dit gedoen het.

Dan is daar die ding van beheer. Ek het ‘n moerse probleem daarmee. Ek hou nie van NIE in beheer wees van my lewe nie en vir byna alles in my lewe het ek nie net ‘n plan B nie, maar ook ‘n plan C. Nog overkill, go figure. (Sielkundiges sal ‘n field day hê met al my issues😈 ) Van die oomblik wat ek my kar gestamp het, was ek nie meer heeltemal in beheer nie. Ek was nog wys genoeg om te besef ek laat niemand aan my kar raak voor ek nie die okay van die versekering gekry het nie – die polisie wou nog die kar uit die pad stoot, maar ek het amper hulle koppe afgebyt nadat ek vasgestel het hulle is nie van Stellenbosch nie en het net toevallig agter my gery (goeie ooggetuies ten minste!). En ek het hulle beveel om Stellenbosch se polisie te ontbied.

Maar van die oomblik wat die wegsleepdiens die Opel daar weggevat het, was alles uit my hande uit. Ek moes ‘n kollega bel om my te kom haal by die ongelukstoneel. En daarna moes ek die versekering weer bel om vir my ‘n huurkar te reël. Ek moes weereens ‘n kollega vra om my na die verhuringsmaatskappy te neem. En ek moes wag, Wag, WAG. Wag is een van die moeilikste dinge in my lewe, dis hoekom ek sukkel om te delegeer. As ek iets gedoen wil hê, dan bedoel ek NOU, nie netnou of later nie. So ek doen dit eerder net self. My kinders kon die aapstuipe kry as ek hulle vra om iets te doen en hulle doen dit nie dadelik nie en ek ruk my op en doen dit sommer self.

“Ma, ek sal dit mos netnou gedoen het!” (Wat vir ‘n woord is netnou in elk geval?!)

“As ek dit netnou gedoen wou hê, sou ek so gesê het. Ek wou dit NOU gedoen gehad het!”

Ja, ek weet. *SUG*

So, toe moes ek wag. Wag vir die eis om geregistreer te word. Wag vir die assessor om te gaan assess. Wag om te hoor of dit regmaak of wegmaak is – daai was die swaarste wag. En dis hier waar ek geleer het daar is ook ander baie bekwame mense in die wêreld. Dis hier waar ek ‘n baie groot kompliment wil gee aan 1st for Women versekering. Want teen Vrydagmiddag, net bietjie meer as 24 uur later, was alles gedoen en besluit en gereël . En Maandagoggend is die Opel na die paneelkloppers vir herstelwerk, en volgens hulle sal ek my kar teen volgende Vrydag terug hê, amper R18 000 later, maar nogtans. En natuurlik baie stres later.

Toe, na alles, toe my baas my gisteroggend laat weet hy gaan fietsry tot kwart oor 10, het ek besluit – te hel met dit – dan gaan ek haarsalon toe tot 10 uur. Ek gaan my hare laat sny en blaas en sommer net die hele week se bliksems uit my kop laat masseer. Omdat ek wil, omdat ek lus het, omdat ek ‘n vrou is. Want iemand het gesê as ‘n vrou haar kar stamp, gaan sy haarsalon toe, as ‘n man sy kar stamp gaan hy kroeg toe.

My grootste les: – ek weet vandag daar is min terapie beter as die terapie van ‘n besoek aan ‘n haarsalon nie. Ons karre kan gestamp wees, ons kinders kan stout wees, ons mans kan moerig wees, ons huis kan vuil wees, ons beursies kan dun wees – maar as mens by die deure van ‘n haarsalon uitstap en jy weet jou hare lyk mooi, regtig regtig mooi, DAN is die Kaap weer Hollands, is die dag weer vol sonskyn, lyk als wat verkeerd is sommer baie makliker om reg te maak.

If all else fails, have your hair done!😉

24 thoughts on “Die terapie van ‘n haarsalon

  1. Blêg vir jou kar. Dis sleg. Ek is bly die haarsalon kon help. Ek is so seerkleinig dat dit vir my eerder ‘n straf is om haarsalon toe te gaan. Liewer tjoklits in die bad as ek myself wil troos.🙂

    1. Bwahaha! Ek wonder of dit ‘n rekord bedrag vir ‘n haarsny is?! Feit is, ek het myself eintlik so lank afgeskeep en as dit nie vir die ongeluk was nie, was ek dalk nou nog nie by die haarkapper nie 😯

  2. If all else fails, have your hair done!

    Ek het, net vanoggend. Nou voel ek amper soos ‘n nuwe mens. Maar wag, ek het my been beweeg en ek besef nou dis nog steeds die ou ek, wel een met ‘n nuwe haarstyl.😉

  3. Jou skrywe is goeie terapie son, om dit dan in die haarsalon op my blackberry te kan lees: moer lekker (om Carl aan te haal). ek vrek ook oor Toyota en dink nou nog met heimwee aan my cream conquest, sal skrywe stuur, het geen idee hoe blogging werk nie en sal iewers moet leer🙂

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s