Die Lewe · Gedagtes

Die duiwel se naam is…

SIMS! My naam is Son en ek is verslaaf aan SIMS. Ek kan myself doodeenvoudig nie help nie. Ek bou en ek breek en ek koop huise en klere en karre. Ek gaan mal! Ek kan nie glo iets so simpels het my so gebyt nie!

Hoe het dit gebeur!? Hoe gebeur enige verslawing? Ag, probeer net hierdie enetjie. Ag, sluk net hierdie pilletjie. Ag, drink net hierdie een glas. Ag, rook net hierdie sigaret. Ag, trek dit tog net IN jou longe in!

Ek het al daai al gedoen, eendag op ‘n reëndag. Sigaret gerook, wyn gedrink, pilletjie gesluk, groenblare gerook – NADA! Niks van daai het my amuse nie, niks het my verslaaf nie. Ek vergeet selfs om my ysterpille te drink. Ek het gedink ek is verslawingsbestand! Bha! Famous last words!

“Ma, wil jy SIMS op jou rekenaar hê?” Wyk Satan! “Ag nee Bernard, wat sal ek nou daarmee doen? Gee my eerder ‘n Suduko game of Solitaire?”

“Ma, dis ‘n LEKKER game, jy maak jou eie mense, bou vir hulle huise, trek hulle aan, bou stede, ensovoorts.” Wyk Satan! “OK, laai dit maar op my laptop, dan het ek dit. Weet nie of ek dit juis gaan speel nie, dalk as ek verveeld is.”

Facebook, jou bliksem! Toe nooi iemand my om SIMS daar te speel, toe begin ek so klein bietjie te speel. Toe raak dit al hoe lekkerder. Maar niemand wil regtig saamspeel nie, ek moet hulle boelie. Toe onthou ek – Wyk Satan! – ek het mos die game op my laptop!!!

Ag liewe donner – ek slaap sleg snags, want ek is BESIG in my slaap. Ek beplan en ek bou en ek breek en ek koop klere, en meubels en you-know-what! By die werk bewe my hande en klap my tande, want ek kan nie SIMS speel nie.

Is daar ‘n SIMS Anonymous – ek sal moet gaan aansluit?! Wag, dis amper huis toe gaan tyd. Wat eet ons vanaand? Ag sommer brood, ek moet eers my SIMS gaan kos gee en kyk dat hulle okay is. Wag, issit nog nie huis toe gaan tyd nie?

As julle wonder waar ek is, kom SIM City toe😆

8 thoughts on “Die duiwel se naam is…

  1. Ek het so meegevoer geraak met Mafia Wars… Tot op level 899 gekom, maar toe raak ek die moer in omdat ek net nooit in die ewigheid Bangkok se level kon deurkom nie. En later moes jy so gatkruip by almal om die nodige tools te kry om die werk te doen… ek het 6750 mense in my Mafia gehad… hy bestaan seker nou nog. Maar toe my goeie vriendin in Februarie in ‘n motorongeluk oorlede is, het ek net besef, die lewe is heeltemal te kort om dit vir Zynga te gee… Ek was op daardie stadium in Frontierville en Café World ook besig. Alles net so gelos, en skielik meer tyd in ‘n dag gehad. En toe ontdek ek die blogs…

  2. Ag, ek het net vissies gehad in ‘n happy akwarium, en gebou en gevoer en gekoop en bak skoongemaak tot ek op ‘n dag bewsluit het dis nonsens om skuldig te voewl as ek rekenaarvissies nie kos gegee het nie. Toe stop ek. Maar ek wonder steeds of hulle nog survive en of iemand anders dalk hulle vistenk mooi skoongemaak het……

  3. En nog iets…hoe bad en sad is dit nie as jou man na 8 weke weer huistoe kom, en jy nou al planne maak hoe jy die man en die tuin albei gaan akkommodeer… 😯

  4. Simpatie, en nee, ek gaan nie eens begin nie. Ek het nog steeds die Fairyland-verslawing, en praat van tanne wat opmekaar klap van onttrekking…ek slaan nou reeds in ‘n koue sweet uit omdat ek vanaand gaan werk en EK NIE BY MY TUIN GAAN UITKOM NIE!! 😦 😆 😦 😆

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s