Ongeklassifiseerd

Om te droom

Vandag is ek lus om laf te wees. Ek is gatvol vir winter, en alhoewel die Kaap al weer heel agter in die ry gestaan het toe Somer afgekondig is, en seker net die –er gehoor het en dus dink dis nog WintER, kan ek sien die dae word langer – dis nie meer reeds skemer as ek party dae eers half 6 hier uit die kantoorgebou ontsnap nie🙂 So, daar is lig aan die einde van die tonnel!

Ek wil sê nou maar speel… Sê nou maar is ‘n lekker sê, alles wat mens in die wêreld wil hê😉

Sê nou maar ‘n genie ontsnap iewers uit ‘n bottel uit (dalk ‘n Tequila bottel😉 ) en gee my vandag drie van drie…

Eerste van die drie: – Ek mag drie dinge kies wat ek wil doen / hê. En BAIE belangrik – hierdie mag nie geld, wysheid, gesondheid of enige sulke verantwoordelike goed wees nie. Ook nie enige iets vir ‘n geliefde, ‘n kind, my naaste, of my naaste se kneg of esel nie. NET vir my. Wat sal ek kies?

Ek sal vir een dag wil losgelaat word in Exclusive Books en al die boeke mag huis toe vat wat ek in my kar gelaai kan kry.

Ek sal wil lesse gaan neem om valskerm te spring en dan gaan spring – alleen (nie in tandem soos ek 15 Oktober gaan doen nie)

Ek sal een hele dag in ‘n spa wil gaan rondlê, al die masserings op die menu kry, ‘n pedicure, ‘n manicure, ‘n facial – AL die bederwe waaraan mens kan dink. Daai aand wil ek vrot bederf wees en soos ‘n dooie mens slaap.

Tweede van die drie: – Ek mag elke dag drie goed eet waarvoor ek lus is, sonder dat ek ‘n halwe gram vetter sal word.

Ek sal elke dag tjoklit koek eet – met karamel in die middel, dik icing bo-op en rooi cherries bo-op die icing.

Ek sal elke dag sosaties eet, wat in lekker sous gemarineer is, met droë vrugte en heel uitjies tussen die vleis en op die kole gebraai is. Lam sosaties.

Ek sal elke dag Griekse slaai eet, met hope olywe en Feta-kaas.

Derde van die drie: – Ek kan enige drie plekke in die wêreld gaan besoek.

Ek sal eerstens die hele Camino gaan loop in Spanje

Ek sal Mexico toe gaan en hope Tequila drink.

Ek sal Jamaica toe gaan…

Dreams are good friends!😆

Wat sal julle wil doen / hê?

17 thoughts on “Om te droom

  1. WordPress laat nie altyd weet as daar van mens geskinder word nie! Ek sal nou gaan kyk of ek jou skakel reg ingetik het, maar wat ek eintlik wil sê, is dat my antwoord op jou vraag op my blog te lese is. Lekker dag! Lekker droom!!!

  2. Ek sal enige plek gaan en enigiets doen en enigiets eet solank my kinders ‘n dag lank: A. Nie baklei nie B. Nie kla nie. Nee, toemaar.

    1. Ek sou ‘n dag wou he om al die DIY goed wat ek wil doen af te handel, die gereedskap en kennis om dit te kan doen EN groot asseblieftog ‘n reusesukses van elkeen maak. Ek sou ok nie omgee vir die boekwinkel-idee nie, maar dan wil ek ook darem ‘n dag kan gebruik om net te lees sonder onderbrekings. Ek sou graag al die foto’s wat ek graag gedruk wou he professioneel wou laat druk en dit laat raam/ afdruk op materiaal sonder dat dit my ‘n sent kos.

    2. Brood en kaas en aarbei- of vye – of waatlemoenkonfyt – elke dag. Tjoklitkoek – donker en klam met baie versiersuiker. Lamsvleis en geroosterde groente.

    3. Praag – dis ‘n magic plek! Maar kom ons seg maar ‘n lekker lang toer van die hele oos-Europa. Namibie. Mosambiek – was nog nooit daar nie.

  3. ‘I like the way you think’. Ek is sooooo saam jou op die Exclusive Books ene. Die spa kan ook gaan, sonder die pedicure want ek hou nie daarvan as ander mense aan my voete vat nie. Gordon Ramsay in my kombuis elke dag – yum. ‘n Lange strand waar ek vir ure aaneen kan stap met niks behalwe die reuk en geluide van die see. Ek wil in ‘n Formula 1 kar ry saam The Stig – vinnig! Ek wil Greece toe gaan ala Shirley Valentine. Ag dis te lekker om te droom…..

  4. Ek wil vir ‘n dag lank al die taxi’s uit die pad uit ry, sonder dat my kar skade opdoen.
    Ek wil een oggend wakkerword, en daar moet ‘n vleuelklavier in die sitkamer staan, en ek moet hom kan speel.
    Ek wil ‘n Harley hê.

    Ek eet wat ek wil en word gelukkig nie te vet nie (ek tog Griekse slaai is gesond?)

    Ek wil teruggaan Italië toe, sommer so 1 jaar extended toer.
    Ek wil met ‘n boot van St Petersburg tot in Moskou vaar.
    Praag! Praag! Praag!

      1. 😆 Lank lank gelede, toe die wêreld nog jonk was, het ek ‘n Honda Silver Wing gehad, maar hy is gesteel (en dit was nog in die OU Suid-Afrika) voor ek hom behoorlik kon leer bestuur!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s