Die Lewe · Gedagtes

10 jaar later – 11 September 2001

Baie mense dink die Amerikaners is ‘n arrogante, windgat nasie. Wel, dalk het hulle rede om arrogant en windgat te wees, dalk nie. Dis nie vir my om te besluit nie. Baie mense glo Amerika het nie die reg om sy neus in ander lande se interne sake in te steek nie. Dis ook ‘n onderwerp vir debat. Don’t judge an entire nation by its government! Ek dink dis nogal iets wat ons Suid-Afrikaners behoort te verstaan.😈

Wat ek wel weet, is dat GEEN mens verdien om te sterf soos wat amper 3000 mense op 11 September 2001 gesterf het nie. Daar is in totaal 2 996 mense dood, waarvan 19 kapers was en 2 977 onskuldige slagoffers. Hierdie getal sluit die 246 mense op die vier gekaapte vliegtuie in (daar was geen oorlewendes van enige van die 4 vliegtuie nie) – 92 op die American Airlines Vlug 11 en 65 op United Airlines Vlug 175. Dan was daar ook nog American Airlines Vlug 77 wat in die Pentagon vasgevlieg het en United Airlines Vlug 93, wat in Pensilvanië neergestort het omdat die passasiers met die kapers baklei het. 2 606 mense is dood  in New York, in die Torings en op die grond en 125 mense by die Pentagon. Behalwe vir 55 militêre personeellede, was al die slagoffers burgerlike mense!

Meer as 90 lande het burgers verloor in hierdie aanvalle – twee was Suid-Afrikaners. Van die ander lande was onder andere: Australië (11); Kanada (24); Colombia (17); Duitsland (11); Indië (41); Italië (10); Jamaika (16); Japan (24); Mexiko (16); Fillipyne (16); Suid-Korea (28); Trinidad (14) en Brittanje (66).

Dit was dus nie net Amerikaners wat in hierdie terreuraanvalle dood is nie. Regoor die wêreld was 11 September 2001 een van die swartste dae in menseheugenis. GEEN oortuiging of saak regverdig die dood van soveel onskuldige mense nie en vandag, 10 jaar later, hoop ek ons sal vir ‘n paar oomblikke stil word en daardie mense se gesinne en families onthou.

Soos wat daar nooit weer ‘n Hitler mag wees nie, mag daar nooit weer ‘n 11 September, die swartse Septemberdag, wees nie.

Beyond Tuesday Morning (by Karen Kingsbury)

Let’s not move too far beyond Tuesday morning

Let’s not forget all the lives that were lost

Let’s not move too far beyond Tuesday morning

Remember the heroes, remember the cost.

 

Time has moved on as time always will do

Healing has come both to me and to you.

The towers that stood now stand only at times

A memory that’s fading from all of our minds.

 

The flag on your bumper is yellowed and frayed

It’s only on Sundays we take time to pray

For families of folks who did nothing but go

To work Tuesday morning and never came home.

 

Still they are crying and still they are trying

To understand all that America lost

Take time to remember, there is no denying

That one Tuesday morning and all that it cost.

 

Smile at a stranger or do a good deed

Help out a neighbour, love someone in need

Do it to honour the women and men

Who died Tuesday morning and ever since then

 

Let’s not move too far beyond Tuesday morning

Let’s not forget all the lives that were lost

Let’s not move too far beyond Tuesday morning

Remember the heroes, remember the cost.

14 thoughts on “10 jaar later – 11 September 2001

  1. Dit is ‘n bietjie van ‘n taai toffie die een. Geen onskuldige persoon vedien om so te sterf nie. Dis hartseer.
    Maar aan die anderkant kan mens nie help om die Amerikaanse regering se arrogansie te blameer nie. Kollektiewe weerwraak is nie uitgevind met 9/11 se vliegtuig aanval nie. Die Amerikaanse regering was arrogant genoeg om te glo hulle is verhewe bo hiedie tipe terreuraanval op eie bodem, en die geleendheid is aangegryp om hulle te wys dit is nie so nie. Dit is hartseer dat amper 3000 onskuldige mense gesterf het oor die kak wat politici aanjaag.
    Ons sal die meeste van die groot gemors, van grootskaalse hongersnood tot die wêreldwye resessie van die afgelope 3 tot 4 jaar, grootliks kon bekamp, as dit nie vir poitiek was nie.

  2. As mens een van daai oomblike beleef waar jy kan onthou waar jy was toe dit gebeur het en die skok and ongeloof wat dit saam gebring het.
    Ek dink ja ons moet aanbeweeg maar die onthou van so gorrt event is ook belangrik omdat dit ons skok dat so iets met ons KAN gebeur.
    Ek kry koue rillings as ek die aankondiging hoor van London toe hulle die Olimpiese spele bode gewen het. Ek assosieer daai gejuig met die chaos wat gevolg het op die Tubes. En ek sal ONTHOU vir altyd en elke jaar probeer minder HAAT he vir die wat verantwoordelik was. Maar tot dan sal ek onthou.

  3. kouevuur, wil om verskoning vra vir my kommentaar van gister. nie dat ek nie bedoel het wat ek geskryf het nie. daar is min genoeg meegevoel in die wêreld, so dis eintlik ‘n mooi ding wat jy gedoen het. my simpatie lê by ander dinge, maar dit gee my nie die reg om af te maak wat jy gedoen het nie. so, ek sê nou opreg: mooi gebaar, seker dit word waardeer!

    1. Karen, nee – geen verskoning nodig nie. Net soos ek en net soos Anna en Vlam en almal wat hier lees, het jy die VOLSTE reg op jou eie opinie en ook om dit hier neer te pen. Ek het beslis nie aanstoot geneem oor jou kommentaar nie, sou jou wel van aangesig tot aangesig wou uitdaag vir ‘n lekker debat hieroor. Maar ek respekteer jou opinie en sê asseblief volgende keer weer wat JY dink en nie wat jy dink EK wil hoor nie😉

      Die lewe sal tog werklik boring wees as ons almal saamstem of dieselfde dink!

      1. jy is cool🙂
        het net vandag besef, sedert ek op my missie is om die aarde te red, is dit duidelik dat ek so min as moontlik mense daarop wil hê. my toleransie en liefde vir mense het gedaal soos my toleransie en liefde vir diere gestyg het.
        anyway, ek stem – ‘n boring lewe is die laaste wat ons wil hê!

  4. Vuurtjie, hierdie tante van die Bosveld is 100% saam met jou. Wat op 11 Sep 2001 in New York gebeur het kan nie vergelyk word met wat in lande met hongersnood gebeur het nie. Die blote koelbloedigheid van die dag se gebeure plaas dit absoluut in ‘n klas van sy eie! Ons Suid-Afrikaners is nogal stompsinnig wanneer dit by so ‘n wêreldgebeurtenis kom – vergewe ons maar, dis hoe ons is. Ek onthou die dag baie helder. Die Matroos het my gebel en ek het dadelik die TV aangesit om te sien wat gebeur en het ‘n hele paar mense by die werk laat weet wat aan die gang is. Slegs een het belanggestel en hy was ‘n brandweerman wat gefassineerd was deur die brande wat veroorsaak is. Die impak van die hele tragedie het die hele spul koud gelaat, want dit was mos in Amerika! Ek is beslis een wat vandag ‘n paar keer stil geraak het en gedink het aan die verliese van daardie dag en ook die daaropvolgende gebeure wat die geskiedenis vir altyd ‘n nuwe koers ingestuur het.

  5. jaaaaaaaaaaa … mmm, uhm, wat kan mens nou sê? daar gaan daagliks onskuldige mense dood. onder ons neuse. en hulle word nie onthou nie, want dit is nie sensasioneel genoeg nie. as daar minder van ‘n hype oor 11 sept was, sou ek dalk nie so geirriteerd daarmee gewees het nie.

  6. Nee, fnok, mense, waar kom die heuningkwassies vandaan? 😯

    Amerikaners IS windgat. 😉

    Ek is effe met Karin op hierdie ene. Ek was en is jammer vir al die mense wat geliefdes verloor het in die aanvalle, maar ek kan nie se ek verloor slapelose nagte daaroor nie. Hongersnood in Afrika, ja, ek kwel my nogal daaroor…

    Maar ja, dit was ‘n vreeslike dag.

    1. Fok – hulle is NIKS meer windgat as die Blou Bul ondersteuners nie😈

      VlamVy – jy, EN Karen, mis my punt. Ek het nie slapelose nagte hieroor nie, en verwag nie enige iemand moet hê nie. Ek kan egter ook nie lieg en sê ek het slapelose nagte oor die hongersnood in Afrika nie – sorry. Charity begins at home en vir nou worry ek NET oor Suid-Afrika. Maar my hart gaan uit na die kinders wat ouers verloor het op daardie vreeslike dag. Hulle het NIKS gedoen om dit te verdien nie. Gewone mense het werk toe gegaan en nooit weer huis toe gekom nie. Dis vandag 10 jaar- ek dink die wêreld MAG maar vir ‘n oomblik stilstaan en hulle onthou. Net dit. Dis al🙂

  7. Oor jou eerste puntjie: Baie mense dink die Amerikaners is ‘n arrogante, windgat nasie
    daar is sulke persepsies oor mense van alle lande, soos British stiff upper lip (ek was mal oor die Britte en huulle beleefdheid), Ons is regs en agterlik en rassisties (Ja, persepsies, nè).

    Hoe meer ek reis, hoe meer besef ek dit is pure nonsens. Ek ken ‘n paar Amerikaners, en hulle is wonderlike mense. Die wat by ons kom oornag, selfde. My dogter is ook ‘n Amerikaner, en ek sê jou, ek het respekte vir hulle.

  8. soos iemand anders nou die dag gesê het oor die gebeurtenisse – dis regtig jammer en als, maar dis verby. hoekom fokus die wêreld en media nie eerder op regte krisisse soos die hongersnood in somalië nie? maar dis te ongemaklik vir mense om elke dag na uitgeteerde kinders en hopelose mense te kyk terwyl hulle vet hamburgers sit en eet, as om na sensasionele foto’s van vliegtuie wat in geboue vas vlieg te kyk …

    1. Karen – ek verstaan jou punt… gedeeltelik. Maar hierdie gaan nie oor die kyk van sensasionele foto’s nie, dis effe siek in my boek. Hierdie gaan oor die onthou van amper 3000 mense wat onskuldig gesterf het. As een van hulle jou man of kind was, sou jy gedink het dis reg as iemand vir jou sou vertel jy moet hulle nie onthou nie? Ek weet die lewe gaan aan, maar ons kan seker ‘n oomblik van ons lewe afstaan om hierdie mense te onthou?

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s