Sommer net

Maandag Mierstorie

Eendag, lank lank gelede was daar ‘n mier. Sy naam was Stephanus en hy was ‘n verskriklike arrogante en windgat mier. Hy het gedink hy is die main mier van die miershoop en die ander man-miere het hom nou ook nie juis ge-challenge nie.

Een aand baie, baie laat kom Stephanus van een van sy kuierplekke af. Nou, die miershoop was BAIE hoog, amper so hoog soos ‘n tien verdieping mensgebou. Stephanus is nie meer so vars nie en hy vat die verkeerde draai by een van die gange en die volgende oomblik gly sy voet en daaaaar trek hy. Gelukkig kry hy dit reg om met twee van sy mierpootjies raak te gryp en daar hang hy, vir lewe en dood.

“Help, help! Iemand help my asseblief!!!” skree hy met sy mierstemmetjie.

“Stephanus!” bulder ‘n diep diep stem skielik iewers uit die lug uit.

Stephanus skrik so groot dat hy amper vergeet om te klou.

“Stephanus!” bulder die diep diep stem weer.

“Ja, hier is ek. Help my asseblief.”  skree Stephanus so hard hy kan met sy mierstemmetjie.

“Stephanus, belowe jy om op te hou om so ‘n windgat mier te wees?” bulder die diep stem.

“Ek belowe! Ek sal nederig wees van nou af. Help my net asseblief.”  antwoord Stephanus ewe nederig in sy beste mierstemmetjie.

“Stephanus, belowe jy om op te hou lieg en grootpraat?” bulder die diep stem.

“Ek belowe! Ek sal van nou af altyd NET die waarheid praat. Help my tog net asseblief.”  antwoord Stephanus in sy gehoorsaamste mierstemmetjie.

“Stephanus, belowe jy om op te hou om die ander miere af te knou en hulle geld te steel?” bulder die diep stem.

“Ek belowe! Ek belowe! Asseblief, groot asseblief help my, voor ek val.” antwoord Stephanus nou in ‘n benoude, huilerige mierstemmetjie.

“Stephanus, belowe jy om op te hou om te suip en te kuier en ‘n slag jou kant te bring in die miershoop?” bulder die diep stem weer.

“Ek sweer! Enige iets! Trek my net hier op, asseblief, ek kan nie meer vashou nie!” skree Stephanus totaal buite weste in sy mierstemmetjie.

“Goed Stephanus, nog net een ding – belowe jy om op te hou karfoefel met al wat ‘n vroue mier is?” bulder die diep stem nog ‘n keer.

“Ag hemel tog! Is hier dan niemand anders wat my kan help nie!”

13 thoughts on “Maandag Mierstorie

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s