Gedagtes

Hell has no fury

Ek weet ek moenie eintlik hierdie skryf nie, maar ek het nie regtig iemand om hieroor mee te praat nie en hierdie is maar die plek waar ek my gedagtes neerplak. Ek het vandag (met ‘n effense skok) besef dat ek eintlik maar baie naief is. Ek het nog nooit regtig vyande gehad in my lewe nie. Natuurlik het mense wat nie van my gehou het nie, my pad gekruis. Maar oor die algemeen het ek nog altyd goed met meeste mense klaargekom.

Ek is redelik liberaal, gun ander mense hul denkwyses en sienings en solank iemand nie ‘n kind of vrou misbruik/mishandel of ‘n medemens benadeel nie, is ek redelik oopkop oor mense. Ek het nooit los en vas gevry nie, kan my ernstige kerels op my een hand tel en is steeds vriende met al my ekse. Daar moes wel soms ‘n tydjie verbygaan om die seer van ‘n verbreekte verhouding te laat vervaag, maar ek is vandag selfs op ‘n beskaafde voet met my eerste man, wat my fisies verniel het. Miskien bloot vir die feit dat hy my kinders se pa is, maar nogtans.

Ek het egter vandag finaal besef dat daar een mens is wat my haat, wat my nooit gaan vergewe vir gewaande onregte aangedoen, asook die werklike seer aangedoen. Vir die werklike seer aan die persoon gedoen, het ek meer as een keer verskoning gevra. Vir die absurde, gewaande onregte waarvan ek ook beskuldig is, sal ek NOOIT verskoning vra nie. Tot die dag van my dood sal ek staan by die waarheid en glo dat dit eendag sal seevier. Vir die seer aan my gedoen, is daar nie eers een keer verskoning gevra nie, maar ek het dit lankal vergewe. Ek het selfs die absurde beskuldigings wat daar teen my gemaak is, vergewe. Ek het aanvaar dat dit die seerkry was wat gepraat en opgetree het.

Ek het gedink, dalk, eendag, sal die wind oor alles gewaai het en die gras oor dit gegroei het. Maar ek het vandag uitgevind ek was verkeerd. Dis nie lekker om te weet dat daar iemand is wat mens haat nie, maar ek het vrede in my hart. Ek hoop die persoon besef eendag dat haat die mees vernietigende emosie is. Nie vir die een wat jy haat nie, maar vir jouself.

12 thoughts on “Hell has no fury

  1. Dankie almal. Ek is nie meer hartseer of kwaad oor wat gebeur het nie, ek weet wat my aandeel aan skuld was en daaroor sal ek vir altyd jammer wees, maar ek sleep nie meer daai kettings met my saam nie. Ek het meer as een keer verskoning gevra vir my verkeerde optrede, alhoewel EK eintlik die een was wat van die eerste dag af belieg is. Ek moes TOE al omgedraai en weggeloop het, maar my fout was dat ek nie het nie.

    Ek weet en glo vandag nog dat die ander persoon inherent ‘n BAIE goeie mens is, maar dat Die Lewe die persoon ‘n lelike dwarsklap gegee het. My vriendskap was nie vir die persoon genoeg nie en ongelukkig het ek niks meer gehad om te gee nie.

    En daarmee maak ek die boek dan nou vir die laaste keer toe. En toe sal hy nou bly.

  2. Vriendin, dit klink of jy alles van jou kant af gedoen het wat jy kon. Die Goeie Boek sê “Sover dit van JULLE afhang, lewe in vrede met alle mense…” Jy kan net soveel doen om vergifnis te vra, en verhoudings wat stukkend is, te herstel. As die persoon daarna nog aanhou haat, is dit sy/haar keuse. Ek dink jy kan maar vrede maak met die saak, en aanbeweeg. Selfs Jesus het sy kwota mense wat Hom haat, al het HY net liefde kom verkondig. As dit met Hom gebeur het, hoe sal ons dit nou misloop?

  3. Son, jy het regtig jou deel gedoen. Dis nou sommer die duiwel se werk om jou te wil aanval en te kyk of hy dit regkry dat jy weer gaan sleg voel. Jy het vergifnis gevra, jou deel is gedoen.

  4. Jinne dus regtig Sad. Maar dus seker maar net die Mens. Die Bybel se’ dan ons moet mekaar sewe maal sewentig keer vergewe. Als wat mooi is & hou moed…

  5. Dit is hartseer Son. Dit moet aan jou vreet, al weet jy jou kant is skoon. **sug** ek neem aan daar is niks wat jy daaraan kan doen nie, party mense floreer seker maar op sulke haat en venyd.
    Dit is sad dat sulke mense nie besef hoeveel mooi daar is nie. Dit is sad dat hulle nie beef die lewe is te kort om swaar te dra aan sulke crap nie.

  6. A Rattlesnake, if Cornered will become so angry it will bite itself. That is exactly what the harboring of hate and resentment against others is – a biting of oneself. We think we are harming others in holding these spites and hates, but the deeper harm is to ourselves. ~E. Stanley Jones

    If you hate a person, you hate something in him that is part of yourself. What isn’t part of ourselves doesn’t disturb us. ~Hermann Hesse

  7. Ek het saam met ‘n persoon skoolgehou – jare terug – en vir een of ander rede het sy op ‘n stadium nie veel ooghare vir my gehad nie . Geen rede. ten spyte daarvan het ek bly vriendelik wees teenoor haar, soos elke dag teenoor almal. Haar spesiaal met ‘n groter glimlag gegroet en net soveel vir haar gedoen soos die ander. [sy was ‘n oujongnooi – moet ek dalk by se, nog steeds] Skielik, net skielik, het sy totaal omgeswaai en sonder rede, was sy die teenoorgestelde en was ek een van haar groot steunpilare tot voordat ek ‘n pos nader aan die huis [waarheen ons getrek het] aan vaar het. Ek wil dus se: hou moed, tree op soos altyd…een dag… een dag sal daar ‘n deurbraak kom. Ek het nooit vra gevra nie, maar het ‘n idee waarom sy so was. Jesus verwag dit van ons, Hy wil he dat ons [probeer] soos Hy moet wees. Ek dink nie Hy sou ook ‘vrae’ wou vrae nie, maar net vergewe en bly aangaan met die lewe. Hopenlik sal sy eendag haar fout agterkom. Dis so, mens kan maar net vir sulke mense bid… en bly hoop. Sterkte.

  8. Sjoe, hartseer. Maar tyd vervaag hopelik ook die haat en ons oop en bid dat die persoonook vergewensgesing sal raak, soos ons Vader ook ons sondes vergewe. En as dit nie gebeur nie, werp al jou skulde op HOM en steur jou nie verder nie.

  9. Ai jai jai! Dat daar soveel haat inni wereld is gaan my verstand tebowe. Om te haat is soos om elke dag ‘n bietjie gif in jou koffie te gooi. Dit maak mens lelik van binne EN buite. Vergewensgesinheid is ‘n groot woord en net groot mense sallit verstaan.

    Sterk staan vriendin. Solank jou kant skoon is hoef jy nie bekommerd te wees nie. Kry die persoon jammer en bid vir haar/hom/hulle. *groot drukkie*

  10. Dis nie lekker nie, solank jy jou nie meet aan die persoon se persepsies nie.
    Ek het vandag ook ‘n les geleer. Ek hoef nie ten alle koste ‘n vriendskap in stand te hou wat my nie goed doen nie.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s