Die Lewe · Gedagtes

Drie klippe in my skoen

Waarskuwing aan lesers: Sterk taal word in hierdie inskrywing gebruik

Ek hou nie van ‘n ge”bitch” en ‘n ge-“moan” nie, maar die laaste paar dae het ek ‘n ander klippie in my skoen en ek MOET hom nou net uithaal. Eintlik TWEE klippies. Of dalk DRIE.

Klip 1

Eerstens lees ek by Bileam (kan nie meer onthou presies waar nie) van iemand wat een van die bloggers wil brand oor haar blog by haar werkgewer, maar nou moet die dwis eers probeer uitvind WIE is haar werkgewer. Wat de hel! Het dié iemand nie ‘n bleddie lewe nie?!

Hoekom wil enige mens iemand anders by ‘n werkgewer brand oor ‘n blog? Wat maak dit saak waaroor iemand skryf, solank dit nie laster is nie. Pas dit jou nie, moenie daar gaan lees nie. As die persoon oor seks skryf, en jy voel geaffronteer, vermy die blog.

As ek oor seks wil skryf, gaan ek niemand se toestemming vra nie en ek gaan ook nie verskoning vra daarvoor nie. Nie eers aan die dominees wat (dalk) hier lees nie. Die wat glo ‘n dominee is verhewe bo vleeslike lus en seks, glo seker ook hulle eie ma’s en pa’s lewe van hul troudag af selibaat en die ooievaar het hulle kinders op die deurstoep gelos.

Ek praat nie nou hier van losbandigheid nie. Ek, dalk meer as baie ander, verafsku ontrouheid. Dis die grootste vernedering wat jy jou lewensmaat kan aandoen.

En as jy my baas wil bel oor wat ek skryf, ek werk by die WNNR in Stellenbosch, by die Omgewingsimpak Analise groep. Be my guest, maar ek waarborg jou hy is so besig, hy gaan jou in elk geval sommer namens my in jou moer stuur.

So, hemel mense, los ander mense uit. Vee voor jou eie deur en as jy daarna niks anders te doen het nie, gaan kyk in die spieël en soek daai stuk hout in jou eie oog. En as jy DAARNA nog steeds niks anders het om jou mee besig te hou nie, gaan besoek die hospitale, ouetehuise en kinderhuise en maak jouself handig daar!

Klip 2

Verder skryf PJ (en nou kan ek die inskrywing nie kry nie – het almal dan verdomp alles vandag delete?!) dat ons moet leer om ons eie werk te doen en nie die slaaf van stakende werkers te word nie. Twilight volg hierdie op deur te vertel hoe sy haar kinders leer om entrepreneurs te wees en dat sy nie hulle ‘ousie’ is nie😆 Kostelik, maar baie waar.

Ek het grootgeword met ‘n Xhosa ousie, Anna. My ma het gewerk lank voor dit algemeen was dat vrouens werk. My pa het self vir Anna in die Transkei gaan haal. Anna was kwaai en het geen nonsens van kinderkabouters gevat nie. Vir haar was ons soos haar eie kinders. Anna was nie daar om agter ons gatte skoon te maak nie, sy was daar om te kyk dat ons eet, ons huiswerk doen en nie oor die algemeen stout is nie en sommer die plathand ook in te lê as sy gedink het dis nodig. Ek en my suster moes ons eie beddens opmaak en ons eie klere wegpak en sorg dat ons vuil klere in die wasgoedmandjie kom. Nie een dag het ons gedink Anna is daar vir ONS gerief nie.

Verder moes ons werk vir ons sakgeld. My pa was ‘n moeilike man. ‘n GOEIE pa, maar ‘n bebliksemde, moelike man as hy die dag tyd gehad het, wat meeste dae was. Sy motto was en is vandag steeds – mens WERK vir jou geld. Hy was op 27 Julie al 76 jaar oud en hy werk nog steeds. Elke dag.

In die winter het Anna my gehelp om ‘n groot pot sop te kook (eintlik het sy meeste van die werk gedoen, maar my laat voel ek doen dit) en dan het ek etenstyd bekers sop vir 5 sent ‘n beker aan die plaaswerkers verkoop.  Ek moes self die sop vir hulle inskep en die geld hanteer. Agterna moes ek help skottelgoed afdroog en wegpak, want ek was bietjie te klein om die groot pot te was. Verder het ek Vrydagmiddae help eiers was – dis voor daar masjiene vir alles was – en daarvoor het ek R2.00 gekry. Dit was my naweek geld, vir fliek Saterdagmiddag en iets om te eet.

Op hoërskool het ek vir ‘n rukkie Vrydagmiddae en Saterdagoggende eers as pakker en later as kassiere by ‘n kettingwinkel gewerk. So het ek geleer waar geld vandaan kom en dat mens moet WERK vir jou geld. Toe Bernard (my seun) in Standerd 6 koshuis toe is, het ek later by een van die menere gehoor dat hy toestemming gevra (en gekry het) om by die plaaslike paneelkloppers te gaan help voertuie afskuur vir ekstra sakgeld en dat hy vir sy sussie ook van daardie geld gee. Dit het my trots gemaak op hom en ook gerus gemaak oor my kind se toekoms. Want in die sweet van ons aangesig SAL ons ons brood verdien en die een wat dit nie weet nie, vir daardie een het ek nie veel hoop nie. NIE in die sweet van ons huishulp se aangesig, of ons klerke of werkers of helpers nie. NEE! In die sweet van ons EIE aangesig. ‘n BAAS is net ‘n baas as hy bereid is om net so hard soos sy werkers te werk. Slegs dan verdien hy sy werkers se respek.

So, as iemand nie my vuilgoed wil wegry nie, dan doen ek dit self. Ek maak lankal my eie huis skoon en ek neem niemand kwalik wat ‘n huishulp het en sodoende werk aan iemand anders verskaf nie, maar ek het nie meer klein kinders nie en ek verkies om my eie huis skoon te maak. Ek is buitendien, hoe ouer ek word, hoe meer vol nonsens oor hoe my plek lyk en waar my goed neergesit word en weggepak word. So, ek doen dit eerder net self.

En dan die derde klip.

Die alewige gekerm oor ons land, hoe sleg dit gaan, hoe die swartes ons uitmoor en en en… Weet julle, ek is vandag net regtig fokkin keelvol.

Wat is die REALITEIT van ons land? (Ek haal aan uit my antwoord aan iemand anders oor hierdie onderwerp)

Die REALITEIT is ÓF jy moet waai ÓF jy moet bly. En as jy kies om te bly, dan moet jy onthou:

Hierdie is AL land wat party van ons het en ooit gaan hê. Veral die ou mense, want waarheen kan hulle dan nou nog gaan? Dus – om te teem en te teef oor hoe fucked up die land is, gaan niemand nêrens bring nie. Ons WEET wat die misdaadsyfers is, ons WEET plase word geteiken, ons WEET om nie met waardevolle goed rond te loop op sekere plekke nie. DIT is die REALITEIT.

Die REALITEIT is dat dit wel moontlik is dat ons wittes bedreig word, maar as ons hier wil bly, as ons hierdie land as enigste aardse blyplek vir die res van ons lewens wil kies, dan sal ons MOET aanpas, of ons sal moet oorlog maak en die land probeer terugvat. DIT is jou opsies. Besluit maar self wat is doenbaar.

MY tyd en plek is nie verby in Afrika nie. Afrika en SUID-AFRIKA is my geboortegrond. Ek sal hier bly lewe en ek sal hier sterwe. En tussen-in sal ek myself (en my geliefdes) so goed as menslik moontlik probeer paraat hou en beveilig. Die res los ek in die Here se hande. Klaar.

Elke mens by sy volle verstand sal kies om te lewe. Natuurlik. Maar dis nie net kies tussen lewe en dood nie – dis ook kies WAAR om te lewe. Ek KIES om in hierdie land te lewe en as dit my dood beteken, so be it. As dit my een van dié met oogklappe maak, ook goed – ek weet ten minste ek KIES om oogklappe te dra. En die dag as dit my tyd is om dood te gaan (of doodgemaak te word) dan sal ek geen onheil vrees nie, want ek WEET waarheen ek gaan.

Dis hoe eenvoudig dit is. Vir my. Ek gun ander hulle opinie daaroor en ek het vrede daarmee.

Ek het ook nie gesê om fok te sê is om te teef en te teem nie. Ek verstaan van FOKKIN genoeg gehad. Maar na die fokkin genoeg gehad, dan hou mens nie aan kerm oor iets wat jy nie kan verander nie. Jy VERANDER dit of jy fokof. So eenvoudig is dit. Almal bitch en moan en teef en teem oor die nuwe Suid-Afrika, maar weinig DOEN iets.

So ja, dra jou wapens en skiet die bliksems en neem standpunt in en sluit aan by enige organisasie en vat die kak sleg regering aan. As jy dink dit sal help, want ten minste DOEN jy dan iets.

EK dink nie dieselfde nie, maar dis my indaba. EK het nog drome in my hart vir hierdie land, EK het nog liefde in my vir my landsgenote, ongeag hulle kleur. Ek glo nog dat my naaste nie altyd soos ek lyk en dink nie, ek het dit al MEER AS EEN KEER GELEER ook.

Ek het ook al misdaad aan eie bas gevoel, al het ek niemand aan die dood afgestaan nie. Maak dit my minder gekwalifiseerd om te oordeel oor my verblyf in hierdie land as hulle wat wel het? Se moer! Soos die ou gisteraand op TV gesê het – “ek is ligweg de moer in vir die regering, maar hierdie is my land ook.”

Ek gaan nie in Orania bly nie, dis te fokkin vaal daar, in die eerste plek. En my Berg is ook nie daar nie.

Ja, ek weet, soos ekself hierbo gesê het, ek het ook die keuse om sulke goed mis te lees. Ek sal moeite doen in die toekoms om my oogklappe stywer toe te trek. Maar net vir nou, net vir vandag, voor jy en jy en JY begin kerm oor die land en sy omstandighede, kyk om jou rond. Wat is in jou huis? Wat is in jou beursie? Wat is in jou bank? Waarmee ry jy? As nie een van hierdie vrae se antwoorde NIKS was nie, hou jou bek en tel jou seëninge.

22 thoughts on “Drie klippe in my skoen

  1. “Die res los ek in die Here se hande.”

    Dit kan ek nie doen nie for obvious reasons.

    Twee weke terug het ‘n swart man ‘n beledigende komentaar gemaak oor my vriendin wat saam met my in die kar was. Ek het uitgeklim, hom in die pad afgejaag, hom gevang, met die vuis geslaan, toe geskop en toe sy kop in die teer in gebliksem. Jy sal dalk nie glo dat ek in staat is om so iets te doen nie. Wel dis die waarheid. Daar is ‘n monster in almal van ons.

    “Jy VERANDER dit of jy fokof.”

    Presies.

    Terloops, my huis is ingebreek dieselfde dag wat jy hierdie inskrywing gemaak het. Tot my beddegoed is gesteel dat ek moes slaap onder ‘n geleende duvet. Mense raak kwaad Son, you can only take so much kak then you snap.

    1. Andrew – ek en jy gaan nie oor die Here praat nie, want jy glo mos nie in Hom nie. Dis net vir my verblydend dat Hy jou steeds so pla. Eendag… wie weet😉

      Ek is bly ek het nie gesien hoe jy iemand skop en slaan nie. En jy is doodreg, ek sal nie en ek WIL nie glo dat jy tot so iets in staat is nie, want dan gaan my hele persepsie van jou as mens verander. Geweld maak FOKOL reg nie.

      Oor jou huis waar ingebreek is, ek ken die hele storie van mens behoort nie te HOEF jou goed beskerm nie, maar daar is al soveel keer by jou ingebreek, hoekom het jy nou nog nie ‘n alarmstelsel nie?! En net so by the way, waar was Apollo?

      1. Jy kan dit maar glo. My opinie oor Suid Afrikaanse swartes het baie verander in die laaste paar jaar. Ek beskou hulle as gewetenlose barbare.

        Ek het Apollo by ‘n vriend gelos toe ek Johannesburg toe was juis omdat ek bang was hy sal vergiftig word as iemand wou inbreek.

  2. Ek verstaan nommer 1 te goed. Amper dieselfde ding wat my van blog laat verander het. Ek kan nie verstaan hoekom iemand sooooo #$%^%$% pre-occupied met ‘n ander kan wees nie. 👿

  3. Net my familie weet hoe dit regtig gaan met ons. Hierdie is die eerste keer wat ek dit openbaar gemaak het.
    Dis vir my moeilik om daaroor te praat, as mense vra hoe gaan dit se ek “Goed dankie, geen klagtes” terwyl my binneste skreeu “HELP!!!”
    Hoekom ek besluit het om gister so uit te vaar hier op jou blog weet ek self nie maar ek moet se, ek voel effe beter vandag. Niks het verander nie maar tog is ek effe meer positief.
    Verstaan asseblief dat my kommentaar nie teen jou of enige een op die blog gerig is nie, ek stem eintlik heeltemal saam met dit wat gese is!

  4. 1. Mense is siek, maar dit weet ons teen die tyd al né? Selfs al het jy niks om weg te steek nie is dit steeds bitter onaangenaam om so geteiken te word. Wat meer kan ‘n mens sê wat nie alreeds gesê is nie?

    2. Jy verstaan presies wat ek bedoel. Dankie vir die verwysing.

    3. Skuldig edelagbare. Vir my straf is ek gevonnis tot lewenslank in Suid Afrika. As ek nou mag plagiaat pleeg met ‘n advertensie wat tans op TV wys. Changing my attitude might not change the world…but it might change the way I live in it.

  5. Ja S.A my land wat lankal nie meer n’ Land is nie. Weet nie eens wil ek eendag kinders voortbring nie. Waar gaan my kinders werk kry? Nigter weet alleen…

  6. **sug** Ja, SA is in my bloed, en SA se klonte sal op my kis gegooi word.
    Wat my somtyds bekommer, en ja ek weet ek kla baie daaroor, is dat die groot gros armes wat ons in hierdie land het se oë net nie wil oopgaan, en hulle besef dat die huidige regering nie hul beste belange op die hart dra nie. So ja, ek bly maar hoop dat iemand eendag my skrywes sal raklees en dit vertaal in Xhosa en Zulu en Sotho en dit die land instuur – en misien sal dit net 10 mene se oë laat oopgaan.

    1. Dankie dat jy verstaan – dis ook teen wie hierdie inskrywing is – dié wat so maklik loop en kla, met die witbrood STYF onder die arm en nie eers ‘n krummel vir ‘n medemens nie!

  7. “Die wat glo ‘n dominee is verhewe bo vleeslike lus en seks” … het nog nie die Donkie ontmoet nie, sy gunsteling boek is Hooglied, wat sê die Here het ook daardie lekker dinge gemaak vir sy kinders om te geniet… Hooglied 7 is die mooiste hoofstuk in die Bybel, dit beskryf die asemrowende skoonheid van ‘n vrou se (gasp!) naakte liggaam… van haar tone af opwaarts… die vertalers was so bietjie konserwatief met “naeltjie” in die 1983 Nuwe Afrikaanse vertaling…

    as dit so mooi in die Bybel mag wees, hoekom is ek nog steeds te skytbang om Hooglied 7 vir ‘n slag te preek een Sondagoggend, en dan vir die gemeente uit te daag om groot te gaan?

  8. Wat is in jou beursie? NIKS! En in my huis? Ook niks. Hoekom? Want ek is ‘n wit man. Ek mag blykbaar nie werk om vir my familie te sorg nie, die ANC het so besluit. Hoeveel keer is daar al vir my gese ek is te sleg om te werk? Duisende!!! Nee, ek WIL graag werk! In 3 jaar het ek meer as 1000 werksaansoeke gestuur (no jokes!), baie mense gesmeek, op my kniee gestaan, gebid, gehoop. Alles vergeefs.
    Ons baie klein besigheid (waaruit ons nooit ryk sou geword het nie, maar darem geleef het) is ook nou weg geneem.
    En my huis. Nogal ‘n wit, christen man wat my so ingedoen het! Skelm bliksemse prokereur!!
    Einde van die maand het kyk ons na ‘n lewe op straat.
    Maar wag, ek is mos ‘n fighter. Ek doen dinge vir myself! Ek het mos ‘n God gegewe talent om te skryf en ek het mos al lank terug gesien dinge gaan sleg. Laas jaar begin ek toe skryf aan ‘n fantasie boek. Nogal ‘n goeie storie, al se ek self so!
    Leen toe geld en publiseer die boek! Great, nou gaan dinge beter gaan of nie?
    Maar bemarking kos geld. En ek het niks so ek klop toe aan by menige radio stasies, koerante en organisasies wat adverteer dat hulle mense help, sommige se sommer ook hulle reguit help net WIT AFRIKAANSE MENSE! Dis mos ek daai!!
    Ek bedel niks, net so bietjie hulp met bemarking sal gaaf wees.
    Help hulle my toe? Nee, niemand stel belang nie want my storie is nie noemenswaardig nie. Wat beteken dit?
    Jy sien, almal moet die “anonieme goeie dade” sien en my storie is net nie hartseer genoeg om baie reklame te kry nie.
    Blykbaar help die organisasies jou net as jy te donders sleg is om self iets te probeer doen.
    Moan ek? Bitch ek?
    JA, dis ‘n kak land hierdie en as ek kon uit sou ek!
    Kritiseer my, ek gee lankal nie meer om nie, maar as julle nou klaar julle beste somers rokkies papnat gemaak het oor dit wat ek skryf, dink hieraan:
    Nie elk ou wat werkloos is, is sleg nie.
    Daar is mense wat regtig sukkel.
    Oor 2 dae het ons nie kos nie.
    Ek kyk om my rond soos jy voorstel en ek sien 3 kindertjies wat dalk honger moet bed toe gaan en ek wil huil want hulle kyk na my asof ek die beste pa in die wereld is.
    Op my kniee se ek “Here, waarna toe nou?” maar al wat ek hoor is stilte.

    1. Sterkte MJ, ek ken jou nie, maar weet daar is BAIE soos jy in SA. Ek hoop en glo en vertrou dat daar vir julle – veral met kinders – ‘n uitkoms sal wees. Vasbyt!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s