Gedagtes

Sondagaande

Sondagaande…

laat my verlang na verre, vreemde lande en mense wat ek nie ken nie.

laat my terugdink aan kleintyd toe my gisters nog nie by my gespook het nie en my mores my ouers se bekommernis was.

laat my verlang na tye toe families nog naby mekaar geleef het.

laat my dink oor verkeerde keuses en afdraaipaaie.

laat my verlang na my seun met sy skewe humorsin en my meisiekind met haar sagte hart.

laat my luister na Van Morrison en Leonard Cohen.

laat my gedigte lees uit Die Groot Verseboek en Spreuke uit die Bybel.

laat my onthou dat my pa gehou het van Ge Korsten en Valiants gery het en dat my ma kon teken soos Picasso en mal was oor Volksies.

laat my onthou van my ouma se beskuit en my oupa se waterblommetjiebredie.

laat my onthou van lang someraande in Gourits en ingelegde perskes en custard vir aandete.

laat my huil, al weet ek nie lekker waaroor nie.

Sondagaande is soms erger as Maandagoggende.

17 thoughts on “Sondagaande

  1. Helo Son. Thanks for sending me your new blog link. Jinne jou Sondae is presies soos wat myne ook is. Boonop wil ek dan net luister na Tussen Treine van RICHARD EN LOCHNER DE KOCK. Oh dan huil ek eers & verlang na die Ou S.A….Ja daai was die dae. Ek’s sommer nou weer hartseer. Lovies….Mwah!!

  2. Son – jy se dit so mooi – Sondagaand blues herinner my aan daai alleen Sondae aande in die koshuis na ‘n uitnaweek – genoeg om vir my te oortuig dat mens die week moet afsluit met ‘n glasie rooi wyn en nie te laat moet gaan slaap nie!😉

  3. “laat my verlang na verre, vreemde lande en mense wat ek nie ken nie” – my Ouma het presies dieselfde woorde eenkeer teenoor my geuiter.
    En “Die Gang” van Laurika verwoord hierdie gevoel ook – iets van die kern van wat dit beteken om Afrikaans te wees is vir my daarin.
    Maar ek kies meesal om dit te verdryf, byvoorbeeld met wilde musiek, en sien eerder uit na Maandagoggend se koffie en bedrywigheid.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s