Gedagtes

Vrouedag, vakansiedae

Somtyds wil ek die mensdom skud sodat hy kan wakker word en besef waaroor dinge regtig gaan. Soms word ek so de bliksem in hieroor dat mens kan sweis met my.

Vandag vier ons Vrouedag. Mans moet ons glo troetel, ontbyt in die bed bring, ensovoorts. Maar wie weet regtig wat vier ons, wie onthou regtig, wie het ooit moeite gedoen om uit te vind? Ons vier nie ons vrou-wees nie. Ons bring hulde aan duisende vroue wat op 9 Augustus 1956 opgestaan het teen ‘n onmenslike politieke bestel en ‘n nasionale protesoptog gehou het teen die paswette van destyds.

Ek salueer daardie dapper vroue. As ek toe al geleef het en groot genoeg was, sou ek ook aan die protes deelgeneem het.

Maar dan vra ek in dieselfde asem dat ek hierdie dag sal huldig, maar bring dan my Republiekdag, my Van Riebeeckdag terug. Want soos wat Vrouedag deel is van ‘n deel van Suid-Afrikaners se geskiedenis, so is Republiekdag ens, deel van MY, as mede-Suid-Afrikaner, se geskiedenis ook.

Net soos wat mense Kersfees vier sonder om regtig meer te onthou waaroor Kersfees werklik gaan, net soos wat daar so maklik weggedoen en vergeet is van Hemelvaartdag, net so maklik word ons wys gemaak Vrouedag is vir vroue in die algemeen.
Don’t patronise me in trying to make me believe this day is for me JUST because I am a woman.

15 thoughts on “Vrouedag, vakansiedae

  1. Ek sê te hel daarmee. Hou nuwejaarsdag en verander die huidige freedom day na South Africa day en skaf al die ander vakansiedae af. iemand wat werklik ernstig is oor hemelvaart of Kersfees kan verlof neem om dit te vier.

    As ons as ‘n land werklik ernstig is oor werkskepping en die res van die retoriek dan moet ons begin om meer produktief te wees. Deur vakansiedae af te skaf is ‘n goeie begin

  2. Amper skree ek eerste!

    Ek dink nog steeds dat elke mens 12 vakansiedae ‘n jaar moet kry, wat hulle volgens goeddenke kan aanwend. As jy dan hemelvaart wil vier (bv) kan jy ‘n vakansiedag daarvoor gebruik.

    1. Xena, dis ‘n uitstekende idee! Geen vakansiedag met ‘n naam, maar elkeen kies watter 12 vakansiedae vir hom/haar goed is. Laat ek dink…… Nuwejaar, Kersfees, Hemelvaartdag, Goeie Vrydag, SA Braaidag, Gesinsdag, Buite in die natuurdag; Werkersdag – vir die VOORREG dat ek ‘n werk het!!; ek sal nog dink waarvoor ek die ander dae wil aanwend. Dalk ‘n dag waarop kinders hulle OUERS bederf…

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s