Gedagtes

WEW’s

Demoerin (wat mos eintlik herdoop is na Deliefin) het op ‘n tyd altyd WEW inskrywings gemaak.  In die begin het ek gedink dis een of ander stoei afkorting, maar toe vra iemand gelukkig eendag en toe sê hy dit staan vir: WAAROOR EK WONDER. (Ek wou nie vra en dom lyk nie😆 )

Nou ja, gisteraand, toe ek wou vroeg gaan slaap en toe nie aan die slaap kon raak nie, en vanoggend toe ek opstaan ook, toe wonder ek:

  1. Hoekom val jou oë toe en wil jy net slaap wanneer jy nie MAG of KAN slaap nie, maar sodra jy tyd het om te slaap of in jou bed is, DAN is jy haaswakker?
  2. Aansluitend by bo – hoekom is jy 6 uur op ‘n weeksoggend mislik en deur die slaap as jy moet opstaan en 6 uur op ‘n naweek oggend op en wakker?
  3. Hoekom skyn die son asof hy betaal word in die week en naweke reën dit?
  4. Hoekom is daar nooit ‘n “speedcop” in die nabyheid as mense soos varke ry, indruk en op aanmekaar wit strepe verbygaan nie, maar net 5 kilometer verder sit een onder ‘n boom en staar voor hom uit?
  5. Hoekom, as jy die oggend besluit het jy gaan ekstra vroeg ry om die verkeer te mis, het die res van die bevolking ook presies dieselfde besluit geneem op daardie uur en dag?
  6. Hoe kan die temperatuur vanoggend voor my huis 22 grade wees en net drie kilometer verder is dit 9 grade?
  7. Hoekom bel niemand ooit na my foon toe nie, maar die oomblik as ek iets in my mond sit om te eet, DAN lui my foon?
  8. Hoekom sien ek iets wat ek met my hele hart begeer as my beursie leeg is (en dan is daar nog baie in voorraad) en dan, wanneer ek ‘n paar dae later teruggaan om dit te koop, is alles uitverkoop?
  9. Hoekom is daar net gelyke nommers langbroeke? Want op die oomblik is die een nommer te groot en die ander een te klein, maar die ongelyke nommer sou nou net mooi reg gepas het.
  10. Hoekom kon ek nog nooit gaande raak oor roomys nie? Alle ander mense hou dan daarvan😦

Ek dink dis genoeg WEW’s vir vandag😉

25 thoughts on “WEW’s

  1. Daardie vrae van jou laat vrae soos wêreldarmoede, vigs en Malema se potensiële presidentskap soos mis voor die son verdwyn… Nommer 1 het my gisteraand weer beetgehad, gereed gemaak om 9 uur te gaan slaap, half een in die bed geklim na 2 slaappille! Vanoggend, toe ek om 05h45 moes opstaan, toe wil ek slaap soos ‘n babatjie wat se pensie vol borsmelk is.

    Vir nommer 5 het ek vandag op litnet geblog, maar is bang ek ontstel ‘n paar goeie vriendinne hier op WordPress, hier is nog goeie mense ook oor…
    http://blogs.litnet.co.za/Bileamsedonkie/dinsdagoggend-se-spitsverkeer-in-sodom

    1. Bileam – hierdie was selfsugtige WEW’s! Jou vrae is filosofiese WEW’s en net soo smyne, dink ek nie daar is regte antwoorde daarop nie. Ek het my klaar gelag vir jou dag in Sodom. Ek haat stede. Selfs Kaapstad. Eintlik veral Kaapstad, want so lief soos ek my Berg en See het, so stupid ry die Kapenaars😈

      1. Ek is MAL oor die Kaap. Maar try nou daar by Table View op die N7 klim in middestad toe en dan op die N1 daar naby Canal Walk… in spitsverkeer. Dieselfde storie… Maar ek dink soos stede nou maar gaan, bly Kaapstad nommer 1. Sy doen genoeg om op te maak vir al haar ***

  2. 1; 2; 3; 5; 7 en 8 – Dit is ‘n bose komplot deur die universe om jou te kry

    4. Want om wetstoepassing te doen eerder as onder ‘n bos weg te kruip beteken dat die bliksem actually werk moet doen

    6.Jou huis staan in ‘n thermal updraft wat veroorsaak is deur die uitlaatgasse van die aliens se ruimteskip wat jou gisteraand uit die slaap gehou het?

    9. Dra die groter nommer, dan sien almal hoe los dit sit en komplimenteer jou met jou gewigsverlies😉. Terwyl jy wonder, vind sommer uit hoekom kry ‘n mens nie meer half grootte skoene nie

    10. Roomys is banaal en middelklas en dit maak jou tanne pyn, maar dis actually heel OK as jy genoeg tjoklitsous oorgooi (lees die roomys daarin versuip):mrgreen:

    1. Bwahahaha! So, oor 1, 2, 3, 5, 7 & 8 gaan ek nou paranoies raak en een van die dae ly ek aan vervolgingswaan. Sommer oor no 6 ook, want as hulle my uit di eslaap hou, dan hou hulle my seker dop ook😈

      Oor no 9 – ek dra REEDS die groot nommer, maar dit begin nou sakkerig lyk en ek kry nie meer komplimente nie😆 Ek het vergeet van die skoene, ja – ek sou graag ‘n 5 en ‘n half wou hê!

      Ek sit gewoonlik ‘n wafel onder die roomys en stroop bo-oor, dan is die roomys darem soort van verteerbaar, maar ek gaan volgende keer die tjoklitsous probeer😉

  3. Ek het ook gewonder oor DMi se WEW, maar wou nie vra nie!

    I/S 7 en 9:

    vandag presies met my gebeur. En mens eet nie sag pretzels nie.

    Woolworths verkoop onewe nr broeke.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s