Sommer net

Kykie in my binnekamer

Leon het daarmee begin, toe vat Ds Bileam die aflosstokkie aan en Toorts gaan verder. Dis nie eintlik ‘n ‘tag’ nie, maar sommer omdat ons lus is om uit te haal en te wys🙂

Wat is in my bedkassie? By nadere inspeksie blyk dit my bedkassie is maar vervelig in vergelyking met die ander s’n, maar dalk is my boekrak ‘n ander storie!

Bo links, van onder na bo:

‘n Keur van wysheid (Woordskakels wat mense oor eeue heen bind) – Nina Smit

Ask your Guides (Connecting to your Divine Support System) – Sonia Choquette

Tydkringe van die lewe – Solly Ozrovech

‘n Swart A5 hardeband notaboek vir my nag-gedagtes

Weggesteek, bo-op die swart notaboek: ‘n Ma is spesiaal – Christa Jonker-Jordaan

Voor die stapeltjie lê my houertjie Zam-Buk salf. Daar is NIKS beter vir muskiet byte se jik of enige ander gogga byt nie!

Dan is daar ‘n boekmerk en in die middel-gangetjie bo is nog boekmerke, ‘n swart en ‘n rooi pen, ‘n geel highlighter en ‘n klein aansteker (“lighter”) vir die kerse in my badkamer.

Bo regs, van onder na bo:

My pienk Die Eenjaarbybel – Nuwe Lewende Vertaling

‘n Klein swart Bybel – NLV

‘n Halwe Beacon Orange Peel & Almond Dark Chocolate Slab (Saans is dit een blokkie chocolate saam met my Bybellees)

Regs in die hoekie, my Nazene-Z neussproei – ek het dit onlangs gebruik toe ek griep gehad het en my neus so toe soos ‘n klei-os was.

Onder links, van onder na bo:

Running with horses – Allan Boesak

Stoornis – Nini Bennett (‘n bundle kortverhale)

Reflexology Today – Doreen E. Bayly

Langverlof – Annemari Coetser (‘n biblioteek boek wat ek pas klaar gelees het)

In die gangetjie in die middel onder:  ‘n Neon flitsliggie en my Blackberry se charger.

Onder regs, van onder na bo (hierdie is almal my biblioteekboeke – soos ek hulle klaar lees, skuif ek hulle oor na links)

Lammervanger – Frans van Rensburg

Hush hush – Becca Fitzpatrick

The Saffron Gate – Linda Holeman

Donatello en Volksie – Marion Erskine

Flirting with Pete – Barbara Delinsky

Bo-op my bedkassie is:

My bedlampie. Twee “coasters” vir koppies of glase. My klok-radio, waarin ek ook my iPod “dock” en speel. My botteltjie Pepsi – hierdie wissel af. Soms is dit Aquelle Honey & Melon water. Dis vir die dors in die nag en ek drink maklik heelweek aan so ‘n botteltjie. Net ‘n sluk of twee in die nag.

Dis dan my bedkassie.

My boekrak… wel dis ‘n totale perd van ‘n ander kleur. Dis feëtjies en boeke en klippe en DVDs en CDs – kyk maar self.

Ek wonder soms self wat vertel die boeke wat mens lees van jouself😈

26 thoughts on “Kykie in my binnekamer

    1. Daai feëtjies is een (baie) van die goed wat ek sal probeer gryp as die huis ooit brand – elkeen het sy eie storie. Ek glo mos ‘n mens wat lees, is nooit verveeld nie😉

    1. Ja DMI – partykeer dink ek regtig daar moes eintlik twee (of meer) van my gewees het – daar is soveel dinge wat my interesseer en SO min tyd!

  1. Jou boekrak makeer nog feetjies. As jy nie hierdie week by die huis is nie gaan ek hulle tussen die trolle op Sir Lowry’s Pass of tussen die Gif Appeltjies in Grabouw aflaai.

    Sien jou in die week, ek wil vir ‘n paddle gaan Dins of Woens in GB afhangende van die wind.

    1. Herken jy die bedkassie, Andrew?😈

      Die hel sal jou haal as jy my feëtjies weggee! Jou ma het hulle vir MY gegee! En ek is nie slim genoeg om vir myself te werk en in die week by die huis te wees of in die see rond te paddle nie, so jy moet maar my feëtjies werk toe bring😉

    1. Karli kon kies tussen lus en lief. Gelukkig het sy lief gekies. Dis dus nie snaaks dat die mansmens gedink het sy moes andersom kies nie😉

  2. Jislaaik! My grootste droom was om eendag te sien dat iemand een van my boeke lees, en hier sien ek Langverlof op jou bedkassie – en wat meer is dis reeds gelees! Dis my gunsteling buiteblad.

    ‘n Boekrak vir ‘n bedkassie is die beste plan.

  3. 😆 My bedkassie is ‘n plastiek krat vol van N se teddie bere met ‘n bedlamp,. :n harder skyf, en my laptop op dit…my boekrak staan twee rye diep gepak met fantasie storie boeke en how-to’s, met een hele rak vol foto albums al het ek maklik 10 jaar laas ‘n foto laat druk. Langs die boekrak is twee appel bokse vol LLB handboeke.

  4. Jy begin alweer ‘n volgende ding hier… wag tot ek probeer om my boekrak vir julle te wys…
    Jy kort John Brierley se Reisgids tot die Camino de Santiago – die Franse roete weergawe daar op jou bedkassie, en ‘n spaarvarkie…
    Daai Econoheat wat agter die bedkassie uitsteek werk seker oortyd hierdie winter.

    BAie dankie vir die deel!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s