Musiek

Swart Sambrele (vir ‘n Vrydag)

Swart Sambrele – Andriette

Ek en jy, jy praat nie meer oor ons nie,

daar is skaduwees waar ek jou hart kon kry.

Hier en nou, jy praat nie oor vandag nie,

daar is vensters vol beloftes wat hier bly.

Ek soek jou ware liefde, maar die liefdesreën betoog

en die lande van ons liefde bly droog.

 

As liefde reën was en jy geweet het dat net ek die een was

Dan sou jy geweet het dat die reën ook net vir ons geleen was

So hou my vas, ek weet jy wil, dalk wonder jy te veel

Die swart sambrele van jou twyfel het die reën by ons gesteel.

 

Wag vir my, die son is nie genoeg nie,

sonder spore kan ek nie jou liefde vind.

Gee vir my die woorde in jou drome

waarin elke droom met net my naam begin.

Ek soek jou ware liefde, maar die liefdesreën betoog

en die lande van ons liefde bly droog.

 

As liefde reën was en jy geweet het dat net ek die een was

Dan sou jy geweet het dat die reën ook net vir ons geleen was

So hou my vas, ek weet jy wil, dalk wonder jy te veel

Die swart sambrele van jou twyfel het die reën by ons gesteel

 

Al die water in die hemel

sal vir ewig in my reën

en hier staan ek alleen

 

As liefde reën was en jy geweet het dat net ek die een was

Dan sou jy geweet het dat die reën ook net vir ons geleen was

So hou my vas, ek weet jy wil, dalk wonder jy te veel

Die swart sambrele van jou liefde het die reën by ons gesteel

Die swart sambrele van jou liefde het die reën by ons gesteel

11 thoughts on “Swart Sambrele (vir ‘n Vrydag)

  1. Nee kyk, Rudi Klaasse is dalk nou nie ons almal se koppie tee nie maar gee krediet waar dit toekom, die outjie is ‘n genie met woorde! Veral as Andriette dit sing!

    1. Dis op haar nuutste CD – Vat my hoër. Die hele CD is mooi🙂 Ek het self hierdie YouTube gemaak – is mos my stokperdjie, wat ek heelwat afgeskeep het die laaste maande.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s