Gedagtes

Hou op “whine” oor Amy Winehouse!

Genoeg is helaas genoeg. As ek nog een tweet, een bloginskrywing of een donnerse berig moet lees oor Amy Winehouse en wat se tragedie haar dood was, dan gaan ek reg bo-oor my keyboard kots. Nie opgooi nie – dis te ordentlik.

Amy was ‘n dwelm- en drankverslaafde bont getatoeëerde Britse popsangeres wat gevloek en geskel het in die openbaar as sy nie haar sin kon kry nie. Sy het haar vele male soos ‘n “hooligan” gedra en mense aangerand ook.

‘n Mens hoef nie soos Amy op te tree om NIE konvensioneel te wees nie. FFS!!! Daar is onkonvensioneel en dan is daar bloot onopgevoed, ongeskik en pleinweg vieslik.

Dis alles goed en wel om te sê mens doen wat jy wil en te hel met die wêreld, maar selfs dan is daar grense en perke.

Amy was miskien ‘n goeie musikant, en dit hang ook af van persoonlike smaak, maar sy was beslis geen voorbeeld vir enige jongmens nie. As a matter of fact, vir GEEN mens nie. Ek dink sy was ‘n “sad case”. Punt.

En ja, dis jammer dat sy dood is, net soos wat enige jongmens se voortydige dood ‘n jammerte is. Maar MOET ASSEBLIEF NIE NOU VAN HAAR HIERDIE IKOON MAAK NIE!!!

En dis al wat ek wil sê. MOES sê. Voor ek my klere skeur oor al die valsheid van almal wat haar lewend verskeur het en haar nou dood wil eer.

10 thoughts on “Hou op “whine” oor Amy Winehouse!

  1. Ek het klaar gepraat. Ek is moeg dat daar van mense afgode gemaak word. Selfs as iemand doodgaan, dan preek die dominee by hulle begrafnis oor iemand wat niemand wat by die begrafnis is, ooit geken het nie.

  2. As ek wil kras wees – Alive she was a problem, but in death she is a shining example.

    Ek betreur egter haar dood. Solank daar lewe is, is daar hoop. Die hoop dat sy die stukke bymekaar kon krap en kon opstaan en wys wat regtig in haar steek. Mens kan egter nou haar talent waardeer, sonder dat daar verwyt word dat jy haar in haar kwaad sterk.

  3. Amen Son.
    Ek weet nie hoekom moet hulle so opgehewe word nie. Maar dit gebeur met almal wat deesdae die huidige vir die ewige verruil. Skielik was almal engeltjies.

  4. Ek was nie juis bewus van haar nie, maar dit voel soms vir my SA sit net heeldag oopmond en met verwonderde ogies en kyk na wat in Brittanje aangaan.
    As ons gees nie so gekoloniseerd was nie, sou dit nie so groot nuus in SA wees nie, en ook nie al die ander Britse celebs nie.

  5. @unpeecee. Die hele sad ding is die drugs. Ek is bly jy trek jou kinders aan die ore om dit te sien🙂

    Son jy is heeltemal reg. Kinders en sommer for that matter grootmense ook het gesien wat sy doen en dan dink hulle dis cool. Ons kan ook as sy dit kon doen. Sad sad sad!

  6. Ek het dag 1 gesê, watch hoe word sy nou ‘n icon. Nou is sy the poor broken child, en damaged soul. Haar musiek spreek nie tot my nie, maar ek weet my sus se dogter is mal oor haar musiek, lankal.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s