Sommer net

My nuwe speelding

Ek het vir Maankind belowe ek sal oor my nuutste speelding skryf. Dis nou nie ‘n Kindle nie en eendag as ek groot is, sal ek seker dalk nog vir my ook ‘n Kindle koop, maar voor dan wil ek eintlik eers ‘n iPad koop 😆

Na ek verlede week ‘n lelike stel afgetrap het met ‘n e-reader by Kalahari (waaroor ek nog sal kom bitch as kalahari nie doen wat ek hulle beveel het nie!) hoor ek dat Homemark ‘n Digi-reader verkoop vir R999.

Ek is maar lugtig vir al hierdie Homemark / Verimark / Glomail produkte en is eers heel skepties oor die ding. Ek gaan egter toe Saterdag tog maar na Homemark in Cape Gate-sentrum en bekyk die e-lesertjie omtrent van alle kant en die arme verkoopsdame het seker gedink sy is by die Waarheids- en Versoeningskommissie soos ek haar ondervra het. Ek moet haar egter volpunte gee. Sy het al my vrae kon antwoord en nie net dit nie, sy het my ‘n demonstrasie daar in die winkel gegee.

Ek loop toe eers ‘n draai, gaan eet sushi en besluit toe ek gaan wel die e-leser koop. En dit is tot dusver net een groot plesier om dit te gebruik.

Ek het hom gelaai met omtrent 20 boeke, seker meer as 100 songs, en twee vollengte flieks. Die klank kwaliteit (met oorfone) is uitstekend en die beeld van die flieks is ongelooflik skoon en duidelik.

Ek het reeds een boek klaar gelees en een fliek klaar gekyk. Die battery lewe is nogals lank as mens net lees, maar met fliek kyk, hou dit so 3 ure.

Die leser kom met sy USB-kabel, ‘n batterylaaier, oorfone en ‘n oulike leeromslag, wat sagte fluweel binnekant het om jou e-leser te beskerm en toeknip soos ‘n dagboek.

Ek moet eerlikwaar sê dat ek voel ek het waarde vir my geld gekry en enige iemand wat ‘n e-leser wil hê, maar nie wil wag of bestel van Amazon af nie, sal baat vind by hierdie speelding van Homemark.

Hier is die specs, vir die tegniese ouens 🙂

7 inch digital screen

True colour image display

Reader formats supported: TXT, PDF, RTF, FB2, EPUB, HTM, MOBI (ja, werklik, ek het 3 hiervan getoets!)

Music player supports: MP3 (8-320Kbps), WMA (8-384Kbps)

Media supports: AVI, MP4, 3GP

Photo browser supports: JPEG, BMP and GIF

FM radio (JA! Regtig!)

Supports recent memory

Supports e-book mark

Supports Micro SD memory card (het 2Gb internal memory)

Dimensions: 207mm x 134mm x 12mm

Ek weet baie mense sê hulle wil nog boeke van papier lees en vashou en ja, ek het self ook nog baie boeke van papier, maar mens moet ook realisties wees. Dis soos om te besluit ek ry net perd, al ry die hele wêreld al motors. En buitendien, spaar bome – lees elektronies! 😉

27 thoughts on “My nuwe speelding

    1. Ja Toorts, mens kan kalahari boeke op hom lees. Maar ek het nie meer hierdie een nie, my suster gebruik hom nou en hy werk nog steeds ‘n hond uit ‘n bos uit. Ek dink egter nie hierdie een word meer verkoop nie. As jy iewers sien waar dit verkoop word, laat week my tog ook asb.

  1. Goeie more! Ek het ook so digibook en as ek afrikaanse boeke deur kalahari op laai wil hy dit nie lees nie?! Ek lees net afrikaans so ek weet nie lekker nie kan jy my dalk help? Hier is my email adres tessa.myding@gmail.com ek is ni baie tegnologie aan gele nie so dis dalk my probleem!LOL=) baie dankie

  2. Kom ons gaan drink koffie, dan vertel ek jou bietjie van Samsung Galaxy Tab (coz I am no i-girl) en flippet, jy sal sammersolts maak.

    Hey, ‘n elektriese boek is ‘n elektriese boek. Hahaha. Geniet. Ek sukkel nog met die elektroniese lees konsep. Maar ek hol op die internet asof ek sorgeloos streak.

    1. Koffie – enige tyd – jy weet ek is net om die draai 🙂

      O hemel, ek het daai Samsung GT gaan bekyk en nou jik my gat!!! Sies vir jou!

    1. Toorts – daar is kalahari en amazon en ek is seker nog ‘n paar plekke. Die pryse vergelyk baie goed met regte boeke s’n. Jy betaal vir die boek en dan laai jy dit na die tyd af. Ek dink een van die dae sal dit soos selfone wees, daar is nog Telkom, maar almal het selfone. Daar is nog papierboeke, maar ernstige lesers het e-lesers ook

      1. Ek het die laaste tyd soveel keer op my selfoon blogs gelees, dat ek nou eers sien hoe verskriklik mooi jou blad lyk!! 🙂

  3. Ek het laasjaar myself vrek gesukkel om die perfekte geskenk vir liefmens te kry, soveel so dat ek ten einde laaste en op nommer 99 by Incredible Corruption ingehardloop het en vir haar so bedryfie gekoop het.
    Tesame met ‘n vriendelike skenking deur ‘n sekere vreindin van ons van ‘n hoop e-books is ek nou gedemoveer na nommer 3 in liefmens se lewe, wat beteken as daar ‘n brand is, en inaggenome sy het net 2 hande, gaan ek nie gered raak nie :mrgreen:

    Ek sukkel om te besluit of dit die beste of slegste geskenk idee is waarmee ek nog opgekom het.

  4. Lekker! My Kindle is loshande die beste geskenk wat ek nog ooit gekry het, ek dink soms Liefie is spyt hy het een vir my gekoop.

  5. Geluk! Ek dink egter ek sal nog vasklou aan papier, al is die hele wereld reeds elektronies. 🙂 Uit die oude doos as dit by papier tussen my vingers kom, dis ek!

    Btw, jou blog lyk pragtig! (of miskien was ek net lanklaas hier?)

      1. Dis waarteen my ma my so mooi gewaarsku het voor ek Hoërskool toe is!

        Oooh!! Nou sien ek wat jy bedoel!

        Nee, regtig, jou blog se uitleg is vir my baie mooi.

  6. Wat ‘n lovely nommertjie! Hy doen dinge wat Kindle nie doen nie, hoor, flieks speel en radio. Teen daardie prys is dit ook uitstekende waarde. Het hy ook die e-ink, wat dit laat lyk soos getik op papier? Dis nou so lekker as ons iewers gaan waar ek weet ek gaan was, baie makliker om saam te vat as ‘n boek.

    Ek is ook baie suur vir Kalahari oor die manier wat hulle navrae hanteer. Ek is al so gefrustreerd dat ek opgegee het!

Lewer kommentaar op Juanita Kanselleer antwoord