Die Lewe

Die anderkant van sonskyn

Ek sit buite, met toe oe, my gesig gedraai na die son, soos ‘n plant wat net gedy in sonskyn. Soos ‘n spons suig ek die laatmiddag sonstrale op in my lyf. ‘n Warm behaaglikheid sit in my binnekant. Vir die volgende paar dae is daar mooi weer belowe en dis vir my soos Kersfees in Julie. Ek voel reeds die nag byt wat aankom, maar ek trek saam met die son om die huis.
Onder in die vallei druis die verkeer, almal oppad van erens af op hierdie mooie wintersdag. Dan hoor ek hulle, lank voor ek hulle kan sien. Sirenes, in stereo. Ek staan op. Dan sien ek hulle. Polisie, ambulans, “Jaws of Life”.

Iewers, erens het iemand se sonskyn verander in seer en pyn. Om op so ‘n mooi dag te moet seerkry is amper heiligskennis. Ek weet nie waar nie, ek weet nie wie nie, maar ek maak my oe vir ‘n oomblik toe en stuur genade vir die onbekendes.

Dis skielik nie meer warm nie.

6 thoughts on “Die anderkant van sonskyn

  1. Dis sad, ek het soortgelyke gedagtes gehad die dag by die hospitaal toe Lisa gebore is… ek is daar vir vreugde, maar soveel gesigte daar was vir pyn en hartseer.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s