Gedagtes

Vreugde

Ek het hierdie anderdag in ‘n ander lewe geskryf:

As Vreugde ‘n smaak kon hê, sou dit soos waatlemoen proe.

As Vreugde ‘n reuk kon hê, sou dit soos jasmyn ruik.

As Vreugde tasbaar was, sou dit soos die sagste sy voel.

As Vreugde ‘n kleur kon hê, sou dit die sagste lilapers wees.

As Vreugde ‘n vorm kon hê, sou dit die mooiste natuurtoneel wees.

Maar Vreugde het nie smaak of reuk of kleur of vorm nie,

dis net ‘n lied in jou hart.

7 thoughts on “Vreugde

  1. Vreugde is ‘n emosie wat deur baie dinge gekommunikeer kan word. Tog hang dit baie af van die persoon aan wie dit gekommunikeer word. Vat nou maar my Kanadese vriendin wat die smaak van waatlemoen glad nie kan verdra nie …

  2. Om darem vreugde so mooi te kan ervaar is al klaar ‘n vreugde🙂
    As vreugde tasbaar was, bly my vreugde ‘n streel op daai (onwillige-maar-dis-my-Ma-so-ek laat-dit-vlugtig-toe) Tienerwang…

  3. As vreugde ‘n gedagte kon wees, is dit die gedagte aan my kinders se oggendasempies, toe hulle nog babietjies was…

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s