Lank gelede

Nostalgie

Ongemerk het dit my bekruip en verby gesluip. Seker omdat ek nie meer daaroor dink nie, dis nie meer een van die mylpale in my lewe nie. Dit IS net. Deel van my lewe. Vele male het ek al met die gedagte gespeel om op te hou. Maar dis ook ‘n verslawing. Dalk nie so erg soos sigarette of drank of dwelms nie, maar nogtans ‘n verslawing. Ek dink dit het dalk ook al in party huise probleme veroorsaak.  Nee, ek weet dit het.

Blog. (Daar is nou nog nie ‘n lekker naam in Afrikaans uitgedink nie – Woer doen dit nie heeltemal vir my nie).

More (24 Junie) sal ek 4 jaar en 1 maand ‘n Blogger wees. Kan mens nie burgerskap kry as jy 5 jaar in ‘n land is nie? Wel, dan kan ek oor 11 maande Blogburgerskap kry😉

Vandag was ‘n “slow mo” dag by die werk, toe gaan krap ek bietjie in die argiewe – dis toe dat ek die datum van my eerste skryfsel raaksien. Ai, hoe groen was ek nie toe nog nie. Het minder van blog af geweet as van rocket science. Later raak ek skoon verlore in my skryfsels. Party kon ek nie glo dis ek wat daar geskryf het nie. Party is nogal regtig goed geskryf – ja, ja, soms kan mens seker maar bietjie jou eie viool speel – of so iets.

Op die eerste sonkind, het ek 246 posts geskryf. In ‘n jaar en 3 maande se tyd. Genugtig! Toe skuif ek weg van WordPress na my eie sonkind.co.za (wat nie meer bestaan nie, maar ge-import is na ekssonkind.wordpress.com)

Ek het gaan verdwaal in my eerste sonkind. The more things change, the more they stay the same!

Wat het dieselfde gebly in my lewe:

Ek verpes nog steeds die winter en bly maar ‘n sonkind.

Ek hou nog steeds nie van kruise langs die pad nie.

Ek dra nog steeds ‘n stud deur my wenkbrou – nie meer by my werk nie, maar elke naweek of vakansie tyd. Oktober 2011 sal dit TIEN jaar wees. Mense kyk my steeds soms vreemd aan, mense vra my steeds of dit seer was. Ek worry nie meer nie. Ek het op ‘n stadium gedink dalk is ek nou te oud daarvoor, maar toe besluit ek, te hel met dit.

Ek dra nog steeds nie my veiligheidsgordel in die kar nie – ek weier steeds en ek wag steeds vir ‘n boete sodat ek kan hof toe gaan.

Ek is nog steeds bang vir daai motorwas-monsters, waar mens in jou kar moet sit terwyl dit deur die wasser beweeg. Gelukkig is daar deesdae baie min van hulle oor.

Wat het verander:

Ek sal miskien/dalk wel eendag my naam op my nommerplaat sit – wel, nou nie MY naam nie, maar ‘n naam – iets weirds/snaaks.

Ek is nie meer ‘n sucker vir gevaarlike mans nie – ek hou nou van die vervelige, rustige soort, wat jou nie slaan nie en jou ook nie verneuk nie.

Ek baklei nie meer oor opgewarmde brood in restaurante nie – ek het vrede gemaak daarmee. Dit het net TE uitputtend geword.

Ek het nie meer vyf verstandtande oor nie, net vier, maar die twee wat bo-op mekaar sit, is nog steeds lekker rustig en vas in my mond.

Dis nie meer 15 jaar nie, dis nou 18 jaar – dalk was hierdie die fout van my lewe.

Wat wil ek nog doen:

Ek is baie, baie jare lank al weer ‘n wetsgehoorsame burger, maar eendag wil ek nog die hele storie oor my perlemoen poach dae vertel.

So ‘n terugloop in die verlede maak mens nogal moeg. Anderdag sal ek gaan verdwaal in die sonkind daarna. Van die ou bloggers hier sal weet wat se uitputtende toer dit kan uitdraai om te wees. Of dalk sal ek nie – dalk is sommige koeie beter in die sloot😈

29 thoughts on “Nostalgie

  1. Jy verdien beslis jou blogland-burgerskap! Ek het die dag toe jy hierdie stuk geskryf het, met my selfoon probeer kommentaar lewer, maar dit was ‘n flop! Dankie dat jy nog altyd blog, na 4 jaar! Sonder jou sou blogland arm gewees het.

  2. Onthou jy nog die kreef voeler op die kombuis vloer, en het jy nog my See Visserye sweater? O jirre Son jy gaan seker nie alles vertel nie. Hahaha.😆

    1. Oooo, hoe lekker lag ek nou, Andrew! Ja, ek onthou en ja, ek het. Toemaar, AS (en dis ‘n groot AS) ek eendag alles vertel, sal ek die name verander sodat niemand weet wie is wie nie😆 😈

      1. Ek sien nog gereeld poachers duik daar langs Seal Island ander kant Houtbaai. Jy kan hulle net sien van die see se kant as jy op ‘n boot of surf ski is. En in die hawe nader hulle jou openlik om te vra of jy wil koop. Tot die verkoops man waar ek my wetsuit gekoop het, het my reguit gese hy gaan hierdie winter weer kreef en perlie poach om extra geld te maak.

        Ek het nog my See Visserye kaart. Ek dink ek moet die regte ding doen en hulle afpers dat ek ook ‘n cut kan kry. 🙂

  3. Perlemoen Poach Son? Haai nee nooit wat vertel jy my nou lol? Kan nie wag om dit (weer) te hoor nie, dit bly my ultimate Son-storie! Hoop jy het n lekker naweek en baie geluk, hierdie was 4 interessante jare in meeste van ons (bloggers) se lewens. Dankbaar ek kon deel van hierdie een wees. x

  4. Good Golly..gaan werk ek toe nou uit – Ek het my 4 jaar verjaarsdag vergeet – Ek staan 1 Julie op 4 jaar en 3 maande.😆 My blog verjaar op April Fools day.

  5. Ai, ek het al vanoggend die op my selfoon gelees, en het dit verskriklik geniet. Ek het drie jaar by Litnet geblog, alles uitgevee en hierheen getrek, mos. Ek is nogal spyt oor sekere goed wat ek uitgevee het. Maar soos ek vir ‘n vriendin sê, dis nou ook nie Chaucer se Canterbury Tales nie.

    1. Murphy! Murphy Murphy Murphy! Dis ‘n pynkreet. Sê asb vir my jy het nie alles wat jy op LitNet geskryf het uitgevee nie!? Ek het jou skryfsels SO geniet daar. Ek hoop jy het iewers ‘n backup gemaak!

  6. Hahaha!! En aan die begin was ek so bang vir jou gewees, het maar net gelees en niks gecomment nie! 😆
    Gelukkig het ek met die tyd mak geword.

    Geluk met 4 jaar en een maand!

    1. BANG?!!! Vlam! Waarvoor? Genade Genis, wil ek amper sê. Ek is meesal net blaf en amper niks byt. Maar jy moes my gesien het toe ek 19 was – TOE was ek bedonnerd😆😈 Nou is ek afgekoel op my stoep!

  7. Ek is so bly ek ken jou al so lank. DIs juis oor die perlemoen (my storie daaroor) wat ons mekaar leer ken het.
    So bly jy bewaar jou goed – Ek is verbitterlik spyt oor blogs wat ek net afgevee het.
    (Ek dra ook nie ‘n gordel nie, daai ding sal my keel afsny as ek in ‘n ongeluk kom.)

    1. Ja, Maan – ek lewe vandag nog omdat ek nie myne gedra het nie. Sou plat soos ‘n pannekoek gewees het as ek bly sit het op my sitplek, vasgegordel.

      Oor die perlemoen -dit was soos die army – die exciting-ste tyd in my lewe wat ek NOOIT weer oor wil hê nie😆

  8. Veels geluk Sonnie! Na aanleiding van jou inskrywing het ek nou bepaal dat ek op 1 Julie ‘n 4 jaar en 1 maand blogger sal wees. Waar gaan die tyd met ons heen?

    Ek hou van die oorsig. I may just do it too…

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s