Gedagtes

Nuwe Bloed!

Daar is deesdae te veel Blou Bulle in die Kaap. My vermoede is dat hulle dalk gevlug het vir al die potholes daar bo, maar dis maar net my eie vermoede 😉

Maar die Kapenaars is mos nie onvriendelike mense nie, so ons neem hulle op in ons vriendekringe en ons kuier saam met hulle, want hulle is mos (amper) net soos ons, behalwe op ‘n Saterdag as die Stormers teen die Bulle speel 😆

Laas naweek kyk ons die rugby by De Kelders in die Paarl, (lekker kuierplek daai).  Die Bul ondersteuners sit eenkant van die kroeg (op Loftus) en die Capeys sit anderkant (op Nuweland). Tussen-in koop ons vir mekaar ‘n dop, skree mekaar dood, wys vir mekaar vuis. Maar aan die einde van die game groet ons mekaar met ‘n druk of ‘n handdruk, voor elkeen sy pad huis toe vat.

Goeie sportmansgees.

Net so sien ek die laaste paar dae ‘n invloei van nuwe mense op WordPress. Mense wat hierheen “getrek” het vir hul eie redes. Ek hoop hulle gaan die vrede en goeie blogmansgees hier vind wat hulle soek. Ek hoop ons “ou” WordPressers gaan hulle opneem in ons blogkringe, laat welkom voel en seker maak hulle trek nooit weer weg nie. Daar kan nooit genoeg Afrikaanse bloggers op WordPress wees nie, en die laaste twee jaar het ons goeie mense hier verloor, wat moeg geword het vir blog of net nie meer tuis gevoel het hier nie. Vir ‘n hele rukkie het ons Afrikaanse bloggers maar net voort gehink hier, nou begin dit weer lekker raak.

WELKOM

Murphy en Jeanne en

Bernard en Maryke en

Modderkoekie en Maankind en

Charlene en Thys en

Hoof Moer  en Ekke Dink (ek is nie seker of hulle twee ook van daar oorkant af kom nie)

en

Jan Twak (ja, ek weet Jan, jy is al ‘n hele ruk hier!).

As daar ander is wat ek uitgelaat het of nie van weet nie, laat weet ons asseblief, sodat ons kan gaan lees 🙂

Ek hoop julle gaan NOOIT terugkyk en twyfel of spyt wees oor julle skuif nie!

22 thoughts on “Nuwe Bloed!

  1. En so ontdek ek ook toe weer vanaand my blog… net om op jou inskrywing af te kom Son en ek besef hoe ek dit mis. Ek hoop my “block” verdwyn sommer gou.

    Thanks vir die paar links, nuwe blogs is altyd lekker om te lees.

    Hallo Flintie 🙂

  2. ja, ek’s al lank hier. Maar dankie vir die “verwelkoming”.

    Watwou, jy’t my laat gaan kyk wanneer ek begin het…… my eerste inskrywing was Mei 2004. Kan dit al so lank wees?!? Daar was meer besige tye / jare as ander. Maar dis mos maar hoe dit gaan.

    Ek wonder of my aanname korrek is naamlik dat baie bloggers nou eerder FB en dat dit omtrent net die bittereinder-wannabee-skrywers is wat vasbyt, of is dit heelemal te simplisties. Wonder nogal hoekom so baie bloggers opgehou het?

    Nee wat, ek sal bly blog …. geniet die ruimte om sommer partykeer my gedagtes neer te pen.

  3. Koudste, dis juis JY wat my so tuis laat voel dat ek blog – gaan juo nog verras met ‘n mooi werf…. en eendag, met brood en wyn en sop as dit weer so storm in die Kaap.

  4. Die trekkery Kaap toe is eintlik nie oor die potholes nie, maar ons ons vertigo kry van in die diep gate afkyk 😉

  5. Ekkedink is al lank al hier.

    1eendjie, sobymykool, Lewies Botha (moenie hom mis nie!), strangephilo kom ook van Litnet af, en daar is nog ‘n klomp ander nuwes soos Afrikoreaans wat nie van Litnet af kom sover ek weet nie.

    Daar is meer as 400 Afrikaanse blogs hier.
    http://blik.co.za/alleblogs/wordpress

    Ek het planne om ‘n Letterdash na WordPress converter te maak, maar weet nie of ek gaan tyd kry nie.

    1. Alleman, jy sê hier is meer as 400 afrikaanse blogs. Is hier dalk ‘n plek waar mens hulle almal gelys kan sien? Ek gaan nou die skakel wat jy gee, kliek en kyk. As mens “more” druk by af.wordpress.com is daar maar so 60 tot 80 wat wys.

  6. Baie dankie vir die verwelkoming!
    Ek probeer maar nog my voete vind hier en tyd is min hierdie week 🙂
    Lekker naweek vir jou!

  7. Thanks, dis nou baie gaaf van jou :0)
    Die influx van die klomp ‘nuwes’ hier by julle kan vierkantig voor die Litnet trolle se voete gelê word. Gelukkig kan mens hier self spam.

Lewer kommentaar op Charms Kanselleer antwoord