Die Lewe · Raak gelees

Voete van klei met ‘n held

‘n Held met voete van klei is ‘n hartseer storie. Maar alle mense het maar voete van klei en as daardie voete van klei die dag uitdraai om ‘n held te wees, dan is dit ‘n storie om oor te vertel.

Ek doen nie sommer heldeverering nie. Ek het nie eers as tiener helde gehad nie. Geen popsterre teen my mure nie, g’n niemand wat ek ge”idolize” het nie. Meeste dae verkies ek in elk geval standbeelde bo mense, want mense stel jou op die beste van tye teleur, en ek sluit myself daarby in.

Maar so elke dan en wan, dan kruis mens se pad met iemand wat ‘n blywende indruk op jou maak. Nie dat my pad werklik met syne gekruis het nie (I wish🙂  ) , maar ek het van hom geweet. Weet eintlik al lankal van hom.

Hykie Berg

‘n Anderste naam en van. Nie sommer jou elke dag se Piet Smit nie. (Nie dat ek bedoel dis verkeerd om Piet Smit gedoop te wees nie.)

Ek het hom die eerste keer gesien in Egoli en hy het die “living daylights” uit my geïrriteer. Ek dink sy naam was Darius of iets. En so arrogant soos tien. As daar een ding is wat my dadelik laat omdraai soos Orpa, dan is dit ‘n arrogante man wat dink hy is die gode se gawe aan vroue. Toe verdwyn hy, voordat ek nog kon wens iemand gee hom ‘n ordentlike klap. Op ‘n dag duik hy toe weer op as Dr Conrad in Binnelanders en weereens is hy mislikheid “personified”. En ek kan net nie vat kry aan die man nie. Wat natuurlik nou maar eintlik net die karakter in die storie is.

Toe lees ek van hom, iewers in een van ons Afrikaanse tydskrifte en ek lees hoe hy die dwelmduiwel gewen het. Dis ‘n duiwel wat ek ken, deur my eie kind. En ek begin te dink hierdie Hykie ou is eintlik quite allright. Hoe meer ek van hom lees, hoe meer like ek hom. En hoe meer respek kry ek vir die mens, Hykie Berg.

Toe kom Survivor Suid-Afrika: Maldives en hier is Hykie weer – op die eiland. En ek kyk en ek kyk en ek wens sommer vroeg al hier in my diepste binneste dat hy moet wen, maar ek dink nie hy sal nie, want die ander is skelm en ek sien hy speel met integriteit en ek weet hoe min kere integriteit jou deesdae iewers bring. Maar ek stuur my eie skietgebedjies op dat hy moet wen. Ek stem darem ook vir hom.

Die Donderdag van die finaal kan ek nie kyk nie, maar laataand vertel Facebook vir my hy HET gewen! Ek is amper so bly soos hy.

Ek wil nog gaan lees oor hom, maar kry die volgende paar dae nie regtig tyd nie. Dis eers die naweek wat ek tyd kry om sy webwerf te gaan soek en ek laai sy boek af en ek lees.

Met erkenning aan Hykie, wil ek net ‘n paar paragrawe wat my geraak het, uit sy boek aanhaal:

“Now, I believe that in life there is only one thing worst than arrogance and that is false humility. Grandiosity is a clear indication of disaster about to happen. I refer to myself as a “recovering” addict because there is no such thing in life as a “recovered” addict. One is always in a place of recovery. It can be arrested as everyone knows, however, putting the drugs down is only part of the solution. If you are a drunken horse thief and you take the alcohol away, you are still a horse thief; you might as well just drink again. It’s our behaviour, our values, principles; our entire being that needs to undergo a complete paradigm shift. This, from what I have witnessed over the last decade, only comes with grace. Yet it is not the GRACE that keeps us clean. We need to take responsibility and do the things we were taught in order to stay clean and sober. The drugs are just a symptom of the disease. The disease is a spiritual obsessive-compulsive disorder that affects all areas of our lives. Many other symptoms occur with all kinds of people from all over the world; gambling, sex addiction, food or sex, the disease stays exactly the same, only the manifestation of it differs.”

“Shame is a terrible and extremely destructive force. It robs us of all dignity and majesty.”

“If I forget my past, I am bound to repeat it.”

“’One is too many and a thousand is never enough’. Any addict will be able to relate to this. Total abstinence is the only way for someone that has the disease of addiction.”

“Yes, I have been to many rehabs, it doesn’t matter how many. It will serve no purpose in me telling you. I have been to mental institutions, government institutions, hospitals, churches, doctors’, jail, the list goes on and on. I have been beaten up, broken down and left for the rats in gutters by Nigerians and Police alike. I have cried many endless tears; have lost many good friends and comrades along the way, some to jail, and some to death. Eventually I reached a point of utter desperation. I was lucky, or should I say blessed; my family were there for me when I needed them. They never ever turned their back on me. They say blood is thicker than water; this is only half a truth. There were others there for me as well. Today I have three dads and three moms. I’m eternally grateful for their absolute and steadfast belief in me as a son. I hope I have made them proud. Today, by the grace of God I have a total of eleven years of sobriety. I relapsed four years ago and destroyed myself for over a year. It was as if I never stopped using. It left me almost to the vultures. Today people are my drugs. I find them fascinating. I truly love speaking to everyone I meet.”

En laastens hierdie vir ouers wat al met ‘n kind deur die hel van dwelmverslawing is: “The hurt and my path of ruthless destruction haunted the dreams of my parents and those closest to me. Every waking moment to them seemed like a recurring cliché; a never-ending nightmare.”

Gaan laai gerus sy gratis e-boek hier af: http://hykieberg.com/

Hykie Berg is ‘n True Survivor en met hom sal ek saam oorlog toe gaan.

Hykie – I for one – salute you!

“The task ahead of you can never ever be greater than the POWER behind you.”

5 thoughts on “Voete van klei met ‘n held

  1. Ek’s jou een voor – ek like hom al lankal! 😉
    Touch wood, ek kan nie uit ondervinding praat oor ‘n kind wat dwelms gebruik nie, maar sy storie het my laat besef daar IS hoop. En ek hou van die manier hoe hy dit doen: reguit, sonder doekies omdraai.
    Ek’s bly hy het Survivor gewen, hy verdien dit.

  2. “If I forget my past, I am bound to repeat it.” – Jip, so baie van ons is seker in ‘n mindere mate skuldig hieraan…
    Ek het hom ook onlangs eers begin ‘volg’ – en hy het my diep beïndruk.
    ‘n Waaragtige Goeie Mens – en dis een van die mooiste komplimente wat ek ‘n vreemdeling kan toedig.
    Thanks vir die link, ☼’s! x

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s