Gedagtes

Padduiwels

Meimaand het ek twee keer die pad Karoo toe en terug aangedurf. Nogal ironies hoe 600 kilometer al hoe korter voel hoe meer mens dit ry. Maar dis nie waaroor ek wil skryf nie.

In die week ry ek ook nogal ‘n entjie werk toe, op ‘n redelike besige pad. En meer en meer is ek al hoe minder verbaas omdat Suid-Afrika so ‘n hoë ongeluksyfer op die paaie het.

Dit wil voorkom asof mens + motor = dwaas.

Ek weet dis seker al ‘n holrug geryde onderwerp, maar hoe de hel dink iemand wat verbysteek op ‘n blinde hoogte of op ‘n draai of met duidelike aankomende verkeer van voor af? Eersgenoemde twee MOET ‘n doodswens hê en ook nie omgee hoeveel ander mense hy saam met hom die ewigheid in vat nie. Ek kan nie aan iets anders dink nie. En ja, ek sê hy, want nie een keer het ek ‘n vrouebestuurder so iets onnosels gesien doen nie. Ja, vir seker doen hulle ook onnosele goed agter ‘n stuurwiel, maar baie min kere doodsveragtende goed.

Elk geval, laasgenoemde is vir my ‘n persoon wat die toppunt van selfsugtig is. Hy steek verby op ‘n stippellyn, maar kan duidelik sien die spasie is nie genoeg voor die aankomende motor by hom gaan wees nie, maar neem doodeenvoudig net aan die aankomende bestuurder sal padgee, in die geel lyn in. Dis vir my amper erger as die doodsveragtendes, en ek wonder altyd of daardie persoon in die res van sy lewe ook so ek-gerig is?!  Net SY behoeftes van die oomblik maak saak en te hel met ander mense!

Ek wonder of die haastige honde en spoedvrate al ooit gaan stil sit en dink het hoeveel tyd hulle werklik wen deur so te jaag of ongeduldig te wees?

As ek 600 km teen ‘n gemiddelde spoed van 120 km/u ry, dan neem dit my 5 ure tot by my bestemming. As ek 600 km teen ‘n spoed van 140 km/u ry (wat in elk geval onwettig is), dan neem dit my 4 ure en 28 minute. Dis basies ‘n halfuur wat jy spaar op ‘n langerige afstand. ‘n Halfuur wat dalk net kan staan tussen lewe en dood. Ek weet nie van daai ou nie, maar my lewe is vir my ver meer belangrik as om ‘n halfuur gouer by ‘n plek te kom.

Oor korter afstande is dit nog meer belaglik. As jy elke dag 20 km moet werk toe ry en jy ry 120 km/u (nie dat dit regtig moontlik is in spitstyd nie – LOL!), ry jy 10 minute werk toe. Die ou wat 140 km/u jaag, ry 8.5 minute. ‘n Skrale 1.5 minute verskil in tyd van aankoms!

In plaas van jou nek te breek, beplan eerder jou ritte beter. Ry vroeër, staan vroeër op sodat jy nie hoef te jaag nie. As jy moet kies tussen ‘n uur later by jou bestemming, of 5 minute later by jou werk en GLAD NIE arriveer nie, dan weet elkeen darem seker wat hy/sy sal kies. Of hoe?

Ek is self mal oor spoed, maar ek sal daar gaan jaag waar die vlaktes oop is, min verkeer is en ek weet my motor se bande en ander binnegoed is in tip-top kondisie. En altyd, maar altyd, sal ek my mede padgebruiker in ag neem.

En jy met die vinnige, mooi motor – ek weet dis vrek lekker om hom te jaag, te TRAP en verby te skiet en die ander padgebruikers agter te laat, maar weet jy – dooie mense kan nêrens heen ry nie!

5 thoughts on “Padduiwels

  1. Andrew – Eerstens, 120km/uur is nie stadig ry nie. En tweedens – ek praat eintlik hier van onverskillig ry, soos in ‘jy stel jou mede padgebruikers se lewens in gevaar’. Ek ry self meestal vinniger as 120 km/uur, maar dit beteken nie ek ry soos ‘n dwis met ‘n duur Duitse motor nie😈

  2. Mense wat stadig ry omdat hulle nie die selfversekering het om vinniger te ry nie is ‘n gevaar op die pad. En hulle behoort meer versekering te betaal omdat hulle gedrag indirek lei tot ongelukke deur mense wat uit vrustrasie by hulle probeer verby kom.

  3. Party mense se persoonlikhede verander as hulle agter ‘n stuurwiel inklim. Ek’s bevrees ek’s een van hulle… 😳

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s