My gedigte

Ek wonder

Ek wonder of jy weet,

en of jy dalk kan sien,

ons het jou nog nie vergeet.

Ek wonder of jou mooi bruin oë

nog altyd baie lag

en net in mooi dinge glo.

Ek wonder nog oor jou en my,

oor wat sou wees

as jy hier kon bly.

Ek wonder hoekom het jy

daardie aand gestop

toe jy liewers moes ry.

Ek wonder;

Is die skadu langs my

soms dalk jy?

En elke keer as ek wegloop by jou graf

dan hoor ek weer;

“Daar is geen pistole nie,

geen pistole in die hemel nie!”

En ek wonder

Is dit jy?

6 thoughts on “Ek wonder

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s