Musiek

Al moet ek soms

Al moet ek soms my moed loop soek in my skoene

al sou ek soms in die donker verdwaal

al sou ek oorslaap in ‘n koue nag onder sterre

en wakker word met ryp in my oë

al is daar geen bepaalde roete na jou wese nie

voor jou hart se deur gaan ek nog staan

Al breek die weerlig soos ‘n spieëlglas

al bulder die groot, die groot oseaan

al sluk die aarde my voete in

al groet ek my lewe, onthou ek jou naam

Al praat die mense om my in ‘n duisend tale

al sou ek verlore lyk in ‘n vreemde stad

al het ek geen verwysing of  leiding nie

hoor ek jou stem deur die heelal roep

ek volg die weg na jou in my verbeelding

want voor jou hart se deur gaan ek nog staan

Al breek die weerlig soos ‘n spieëlglas

al bulder die groot, die groot oseaan

al sluk die aarde my voete in

al groet ek my lewe, onthou ek jou naam

onthou ek jou naam

onthou ek jou naam

6 thoughts on “Al moet ek soms

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s