Gedagtes

Om jou wonde te wys

‘Dis okay om jou wonde te wys, want dit maak jou meer mens’, lees ek anderdag, iewers.

Maar wat as jy saam met jou grootword melk, gevoer is met ‘voorgee’ pap. Dat jy eerder voorgee dit gaan goed, dat wonde wys ‘n swakheid is. Dat jy saam met die wereld lag, maar alleen huil.

As jy van kindsbeen geleer is om altyd net jou ‘goeie’ gesig vir die wereld te wys, nooit ‘n ‘scene’ in die openbaar te maak nie, nooit jou binneste seer vir ander te wys nie en jou skandes alleen te dra, dan kom daar ‘n dag wat die las te swaar word.

Jy lees hoe maklik ander van hul skades, skandes, swaarkry en seerkry vertel en jy wens jy kan ook. Maar jy dra jou maskers al so lank dat jy self nie eers meer weet hoe lyk jou eie gesig nie.

En op ‘n dag kom jy by die punt wat jy weet jy is moeg van alleen dra.

Jy is moeg van worry oor jou ma wat Alzheimers begin kry, wat nie meer die ma is wat jy geken het nie en wat jy nie weet hoe om te hanteer nie. Jy is moeg vir ‘n seun wat nie rigting kry nie, al het jy hom al die kanse in die lewe gegee. Jy is moeg verlang na jou meisiekind, wat jy nou net 2 keer ‘n jaar sien.

Jy is moeg om nice, gaaf, ordentlik te wees. Jy is moeg om jouself nie eerste te stel nie. Jy is lus om soms sommer net plein ‘n bitch te wees, sonder dat jy agterna so sleg soos ‘n hond voel. Jy is moeg om altyd goeie, ingeligte posts te skryf.

Jy wil sommer net gaan sit en jou kop en hart leeg skryf. Skryf van hoe fucked up jy soms voel die lewe is. Hoe jy soms wens jy kon dinge verander, ander keuses gemaak het, ‘n heeltemal ander lewe gehad het.

Maar uiteindelik skryf jy dit nie, want wat sal die mense dink? Nee, jy druk jou huil terug in jou keel af, jy plak jou glimlag op, jy kla nie. Jy sit jou masker op, skryf mooi of niksseggende storietjies en jy plak pleisters op jou wonde, sodat hulle nie wys nie.

En as jy dalk waag om naastenby so iets neer te skryf, dan maak jy asof jy nie van jouself praat nie.

22 thoughts on “Om jou wonde te wys

  1. Soms lees ek weke lank nie ‘n blog en dan een aand soos vanaand gaan ek in en lees ‘n inskrywing soos die.. Wow… jy het iets wat diep binne my lê oppi kop genail.

    1. Ek hét tog gesê (non)religious, dan nie😕 dit sluit die religious ook in. Maak nie saak van waffer kant af jy my bash nie – dit bly bashing…
      en nee Rosie, ek het nog nooit regtig van jou kant af bashing ervaar nie – ‘n bietjie sieluittrek, ja, en dis cool – maar anders het ek myself skaars gehou daar by jou.
      Hoe om die Plasie te entertain: Plaas ‘n nice reseppie:mrgreen: OF nog beter!!! Comment daar by hom so: “( ( ( Plasie ) ) )”. Daai gee hom rillings!!

  2. Ek vir een sal wragtig nie my hele hart en siel ontbloot op ‘n blog nie. Die meeste mense wat dit lees voel ‘n vlieënde vark vir my ou situasietjie. MAAR – ek hette Vriending😉 en dit help. BAIE.
    When it’s an opinion or a standpoint – by all means – skryf dit, eerder as mooi niksseggende storietjies.
    But if it’s too close to home – then that’s where it belongs, glo ekke.

    1. Mense voel net so groot vlieënde vark vir ‘n opinie of standpunt, they want to be entertained. Derhalwe, mooi niksseggende storietjies is the way to go.
      Nou daar is ‘n opinie vir jou😉

      1. Ok, die ‘meeste mense’ is seker ‘n growwe veralgemening, maar dan praat ons eerder van die average lesers wat nie comment nie…
        Ek is beslis nie op die blogs om ge-‘entertain’ te word nie. Ek hou van ‘n goeie argument en opinie – selfs (veral) as ek daarvan verskil – maar ek hou nie van persoonlike aanvalle/verlekkering/verlustiging in mense wat hulle opinies probeer afforseer nie – dis soooooooo laas jaar. En DIS hoekom so baie mense op baie kontroversieële bloginskrywings (opinies) NIE comment nie. As ek weet jy is by default swartgallig, gaan ek beslis later nie meer goody-two-shoes comments laat nie. As ek weet dat jy ALTYD die een of ander negatiewe comment los ook nie. As ek weet dat jy die (non)religious kaart gaan speel ook nie. As ek weet jy haat mans, ook nie – en so kan ons aanhou.
        Wat my gat behoorlik krap is dat goedbedoelde comments amper altyd afgemaak word as waardeloos en ‘niksseggend’ – Ek is beslis nie met ‘voorgee’pap gevoer nie, maar ek weer is met ‘n goody-two-shoe hart in die lewe gesit. (net nou en dan ruil ek dit vir spykerhakke en DAN:mrgreen: – verras ek dalk iemand hier of daar met ‘n ander kant van my.

      2. Natuurlik is dit ‘n veralgemening. Daar is altyd die uitsonderings. As for the rest…, ek staan by my opinie.

  3. Gonna Son. Die lewe is fucked up, no kidding, daarom lewe ons so in quiet desparation. Die feit dat van ons verwag word om sterk te wees maak ons juis sterk – niks verkeerd daarmee nie. En tog moet ons soms uiting gee aan ons pyn. As mens dit met wysheid kan doen, soos jy hier gedoen het, sonner om anner in die proses te besmet, dan kan mens, soos PJ hierbo sê, weer jou las opneem sonner berou en weet dat jy vir ‘n oomblik werklik jou lewe gedeel het. Want om die soetkoekies te deel is maklik, maar nie so die dorings nie.
    Sterkte

  4. Wees net jouself – of so na aan as wat jy kan sonder om te veel te wys.

    Somewhere in die lewe kom te-veel-gewys terug en skop jou in die tande. So weet ons mos nou.

  5. Ja aarde, van die dat ek seker vir maande nie geblog het nie. Ek weet presies waarvan jy praat, ek was so moeg vir ander se voorgee-pap dat ek my ou blog gesluit het – en hy is nou weer oop.
    Ons almal hou an vry wees, maar en plaas subtiele sensuur op mekaar en op onsself…

  6. Op my seerste tyd in my lewe het die kerk se fasiliteerder gesê ‘n mens moet oopmaak, soos ‘n hondjie wat lê dat mense sy magie krap. En toe ek oopmaak, toe spring dié wat ek vertrou het, met boots en al bo-op my, dit het vier jaar gevat om weer my kop op te tel.

    Maar weet jy wat? So seer soos wat oopmaak by die verkeerde mense maak, so genesend is dit by die regte mense. mense wat ons liefhet, al is ons hoe fucked up. Mense wat potensiaal in ons bly sien, al sien ons net die storm rondom ons. Daardie mense is bitter skaars, maar hulle is daar… Mag jy sulke mense raakloop wat jou kan koester vir wie jy is, en jou seer help dra. Mag iemand jou hart regtig hoor, en ‘n stukkie van die swaar pad langs jou loop.

  7. Op die ou einde Son, maak dit absoluut niks saak watter roete jy kies nie. Om my bytmerke te vertoon vir die wêreld om te sien gee my miskien ‘n kort blaaskansie van die las wat ek moet dra, en die simpatie wat ek ontvang help miskien vir ‘n bietjie moed skep, maar vannaand as die son sak keer al die simpatiekes huiswaarts na hulle eie laste toe en ek (en jy) moet maar weer ons eie las opneem. So dit is eintlik ook maar net nog ‘n pleistertjie.

    Ek glo die wêreld is nie ‘n regverdige plek nie en dat laste nie regverdig verdeel word nie maar dat elkeen belas word na gelang van hoeveel hy/sy kan dra, en dat slegs ek my las kan dra. Daarom glo ek dat wanneer ek eendag geweeg word dit sal wees eerstens oor hoe ek my laste gedra het. Nie oor hoeveel keer ek opgegee het nie, maar oor hoeveel keer ek weer begin het. Nie net oor hoeveel keer ek hulp aangebied het nie, maar oor hoeveel keer ek hulp aanvaar het. Tweedens sal ek geweeg word oor hoe ek omgegaan het met ander mense. Het ek ge-oordeel of het ek probeer verstaan dat optrede en woorde voortspruit uit die pyn en ondervinding van daardie persoon (ek dop daardie toetsie amper elke keer).

    Sinies? Ja, verseker! Maar laat dit nie wegneem van die feit dat om nou en dan swakheid te wys jou nie minder mens maak nie. Inteendeel.
    En ek is jammer vir jou las. Hier is my skouer, rus ‘n wyle. Kry jou asem terug voor jy weer aangaan.

  8. Liewe Son, ek stem saam met Jane hierbo. spoeg uit! EWn as jy bekommerd is dat verkeerde mense gaan lees, begin nog ‘n blog met ‘n askuilnaam waarvan net jy weet( ek het dit asl baie oorweeg). Spoeg uit, braak gal en raak ontslae van al daardie opkrop. ‘n Mens voel altd beter daarna. Baie sterkte

  9. Ai Son.

    Wat sê mens? My blog is waarskynlik een van die min plekke waar ek heeltemal eerlik met myself is, want dis moeilik as jy grootgemaak is op voorgee-pap.

    En ‘n trotse mens wil nooit erken dat dit moeilik is om te cope nie.

    Ek dink nou aan Dr Frasier van die TV program: “I’m listening”. Al die bloggers is lief vir jou en ons luister. Voorgee-pap is eintlik sleg. Fokken sleg, so spoeg dit uit.

  10. En dit is so verkeerd – jy gaan met maagswere en andersiektes opeindig. Opkrop isse lelike ding.
    Om die dinge wat pla uit te kry is nie net ‘n wonderlike verligting vir jouself nie, maar ook die beste manier om die kafvriende van die koringvriende te skei. Die koringvriende sal jou bystaan, en weer uitvra…die kafvriende sal stil-stil verdwyn en maak of hulle niks gehoor het nie.
    Laat waai suster!

  11. vereensaam
    hang maan
    laag oor vlaktes
    van seer en eensaamheid

    rooibloedtrane
    drup sugtend
    on in ewigheid
    te dryf – simbool van pyn

    sensueel volmaak
    vol-ronde lyf
    haar gebroke siel
    onsigbaar
    deur haar skyn

    oorwinnend
    oogverblindend
    basuin sy haar
    ‘fok jou’
    teen die mensdom uit!

    …..en dan weet niemand of dit ek of ander is nie…….!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s