Musiek

Hierdie Kind

Laat ons onthou waaroor Paasnaweek regtig gaan.

6 thoughts on “Hierdie Kind

  1. ek deel graag my paas-skrywe aan julle;

    Ek pleit skuldig – hoe pleit jy?

    Wat sal jy doen as ek
    jou rug oopkloof tot jou vlees in repe hang en die dood sy genade hand van jou weerhou. Ek op jou teer bebloede rug ‘n ruwe stuk houd sit en jou beveel om dit teen die steiltes uit te dra en wanneer jy strompel en struikel – jou skof afgeskil tot op die been en jou juk in die wonde indring?

    wat sal jy doen as ek
    aangespoor deur haat genot put uit jou lyding en deur jou te verkleineer ek groot en magtig voel. Ek jou baard ruk en pluk tot die bloed uit die rou wonde meng met my speeksel en jou bloedsweet in onskuld voor jou verweerde voete in die stofpad drup?

    Wat sal jy doen as jou
    lippe deur die son soos verweerde leer oopbars en die vlieë om jou sere saamkoek, jou tong dik geswel teen jou verhemelte stu en jy smag na water en ek stof jou gesig skop?

    Wat sal jy doen as ek
    op jou vloek? Sal jy terug skel en vuisslaan oor die onregverdige pyn en lyding en jou voortydige dood of sal jy soos die Afrikander-osse geduldig, gedienstig, gedwee toelaat dat ek jou vermoor?

    Wat sal jy doen as ek
    jou skop, stamp en stoot om vinniger te loop omdat ek nie kan wag om jou ‘n stadige martel dood te laat sterf nie?

    Wat sal jy doen as ek
    jou uitskel vir ‘n swakkeling omdat jy geen poging aanwend om te ontsnap nie, jy nie pleit vir genade nie. Wanneer ek jou in die gesig slaan omdat jy geen trots het nie en toelaat dat ek jou soos ‘n lam ter slagtig na jou dood lei.

    Wat sal jy doen as ek
    jou uit die stof uit opruk as jy struikel en bebloed op jou knieë neerval.?
    Sal jy skop en skree wanneer vriende en vreemdeling jou regop hou sodat ek met mag en mening jou gebreekte liggaam teen jou kruis kan vasspyker of sal jy gewillig jou hande uitstrek om en dit vir my makliker maak?.

    Wat sal jy doen as ek
    die gevlegde doringkrans in jou kop forseer en jou verder verneder en onteer deur jou klere van jou lyf te skeur en jy nakend aan die skandkruis hang?

    Ek vra jou weer in alle eerlikheid – wat sou jy doen?

    Ek sou verseker tot die dood toe baklei het vir my lewe, ek sou defnitief nie geduldig, gedienstig, gedwee na my dood gestrompel het nie. My moordenaar sou dalk self aan die kruis gehang het…..

    Gehoorsaam aan Sy Vader se opdrag het Jesus vir ons die wreedste dood gesterf. Hy het nie terug baklei, geskel en gevloek nie. Hy het die juk van ons sonde gewillig gedra. Hy het met liefde en vergifnis na die maardenaars gekyk en voor Sy laaste asemteug het Hy by Sy Vader vir die Skuldiges gepleit.
    ‘‘Vader vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie…’’

    Dit is die herdenking van Jesus se wrede dood.

    Ek is oppad na die groot inkopiesentrum net buite ons dorp en heel toevallig is daar drie kerke op my roete.

    Die motors voor die huise van aanbidding staan ver en wyd verspreid. Dit laat my dink aan droogte, waar die mielielaande se oeste yl en sonder lewe staan.

    My geestes-oog sien die dun gesaaide kerkgangers wat bid en pleit vir ‘reën’ ek hoor hulle woorde.
    ‘’ Vader trek nie U hand oor ons terug nie, weerhou nie U hemelse seën/Seun van ons nie.’’

    Skuldig ry ek verby die geboue van aanklag.

    By die groot winkel-sentrum staan die motors dig teen mekaar – geil soos die koringlande van die Swartland.
    Ek bid oop-oë: “Here hou asseblief die sprinkaanplaag by ons verby” en ek proe die bitter smaak van sjoklade paas-hase en eiers kleef aan my tong…….

    Die gesellige atmosfeer in Cafe Grace is vandag nie vir my die gewone genoeglike ervaring nie. Dit is ‘n aanklag teen my en voor die Groot Regverdige Regter kan ek nie anders as om skuldig te pleit nie. Ek kan nie eens vir versagtende omstandighede vra nie want ek is met voorbedagte rade skuldig bevind.

    Die geurige Cuppacino laat ‘n wrangsmaak in my mond.

    “Vader vergewe ons want ons weet wat ons doen…….!”

  2. Nee, maar teologie is die mees kwesbare aspek van die Christen geloof en dis hoekom ek dit as instrument gebruik, om in hierdie geval, die emotionele skuldlas wat die kruisiging op miljoene onskuldige mense plaas teen te werk.

    Die kruisiging in die Nuwe Testament is een van die aakligste stories in Christen mitologie en onderstreep die wreedheid en barbaarsheid van die Bybelse god. Dit was nie nodig vir Hom om sy seun dood te maak om ons te “verlos” van iets wat Hy self geskep het nie maar Hy het nogtans besluit om dit te doen op die wreedste, stadigste, grusaamste en mees sadistiese manier moontlik.

    Ek lees vandag ‘n blogger se kommentaar oor hoe sy die pyn en vreegde van Paasfees geniet. Ek was so geskok ek moes al my selfbeheersing bymekaar skraap om my mond te hou. Dit lyk my ek het meer meegevoel vir Jesus se wrede dood as gelowiges.

    Hier is ‘n foto van ‘n regte kruisiging … dis nie iets om te vier nie.

  3. Paasfees: Jesus is gekruisig en het gesterf vir die sonde van die hele wêreld. Paassondag: Jesus het opgestaan – die dood is oowrin. Ons vier dit elke dag – maak nie saak wat die heidene met die dag doen nie. Ons gedenk ons Here se offer en opstanding.

  4. Son, Kersfees en Paasfees is histories verbind aan heidenisme (Paganism) en God sê in II Korinthiers “Moenie met ongelowiges in dieselfde juk trek nie.” en “Hoe kan ‘n ooreenkoms tot stand kom tussen die tempel van God en afgode?” Jy leer die mense verkeerd. Kerfees en Paasfees mag nie herdenk word nie.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s