Ongeklassifiseerd

Vir jou daaglikse brood – deel 2

Waar was ek nou weer? O ja, by die “duct tape”. Drie keer vantevore, DRIE hele kere, is A, B & C na die verre Afrikaland van Gopse toe en nie EEN van daai DRIE kere het enige lughawebeampte hulle verbied om die “duct tape” saam te vat in hul handbagasie nie.

Dalk moet ek net eers verduidelik dat die duct tape gebruik word om flessies wat monsters van water en krappe ensovoorts te vat, toe te draai en terug te bring Suid-Afrika toe vir analises. Hiervoor het ons ‘n permit. Vir die duct tape het ons nie. ‘n Permit nie. Of ooit nodig gehad nie. Maar dis die enigste tape wat behoorlik seël, weet ons nou al.

C, die jongste lid van die span, is ‘n baie ordentlike jong man en praat altyd mooi en besadig. Die duct tape is dan toe nou ook in sy bagasie. Hy vra toe heel eerste of hy asseblief die lys van ontoelaatbare items in handbagasie kan sien, want dit was nog nooit op die lys nie.

Die gesprek gaan toe so iets:

SAL beampte: “Nee. Die lys is op rekenaar en u kan nie toegang tot ons rekenaars kry nie.”

C: “Goed, maar kan julle dalk die lys uitdruk. Daar moet tog ‘n uitgedrukte weergawe wees vir die publiek?”

SAL beampte: “Net die supervisor het toegang tot die lys en kan dit uitdruk.”

En die beampte draai om en loop weg.

C (vir die ander SAL werkers wat agter die toonbank staan): “Kan ek dan asseblief met die supervisor praat?”

Waarop hulle vir hom aandui dat die persoon met wie hy eerste gepraat het en wat weggeloop het, wel die supervisor is.

Dis op hierdie punt wat B, die Franse dame van ons groep, vorentoe tree en haarself baie duidelik uitspreek oor wat sy van die SAL se diens tot dusver dink, alles in ag geneem van die vorige dag af. Waarop die supervisor teruggeloop kom uit sy kantoor en sowaar op haar skree:

“What the fuck is your problem lady!?”

A, die oudste van die groep en ‘n ware heer, tree toe vorentoe en sê hy is baie jammer, maar hy wil asseblief die supervisor se details hê, want hy gaan ‘n klag teen hom lê. Waarop – ja, wag, hou op julle asems! – die supervisor sy naamplaatjie van sy hemp afruk en weier om sy naam te gee, terwyl die ander SAL werkers almal doodstil staan en probeer om nie in enige een van die betrokke partye se rigting te kyk nie.

Dis toe net hier waar A oorvat en na die lughawe polisie daar naby loop en ‘n klag gaan lê teen die supervisor. Toe hy terugkom met ‘n polisieman by hom, moes die supervisor noodgedwonge sy naam gee en daar is nou ‘n klag teen hom – of daar iets van sal kom, dit sal ons nou maar moet sien.

En toe… after all is said and done, draai die BOKS van ‘n supervisor om en sê vir C hy kan maar die duct tape vat en saam deurvat! Red nou ‘n volk!

Wel, toe is die spannetjie oppad Gopse toe, maar teen die tyd voel hulle toe al dat hul dalk eerstens glad nie die trippie moes aangepak het nie.

Volgende episode vertel ek van hoe Gopse se soldate hulle moet oppas toe hulle monsters op see gaan neem, terwyl dieselfde land se soldate ook op vistrollers is om seerowery te verhoed en hoe daar geen kommunikasie tussen die verskillende soldate groepe is nie en hulle met tye sommer net randomly op mekaar skiet, omdat hulle nie seker is dit is wel soldate wat in die kleiner bote op see is nie En dit met ons mense in die middel!

3 thoughts on “Vir jou daaglikse brood – deel 2

  1. Common sense het verstrengel geraak in red tape en hy het versmoor. Common decency het gesien wat my sy maaitjie common sense gebeur het en hy het sy goed gevat en geloop.
    Dit is ‘n epidemie en dit versprei. Die klerk by die lughawe, die een agter die lisensiekantoor se toonbank, die een wat jou lening aansoek by die bank moet prosesseer, die een wat jou voertuig se herfinansiering moet behartig, almal ly aan dieselfde siekte. Wag laat ek ‘n bloeddrukpil loop soek…

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s