Gedagtes

Dankie…

…Here. Vir daai huisie tussen die wingerde. En jou hand oor my die afgelope 2 jaar, VERAL die afgelope 2 jaar.

Ek weet hier lees mense wat nie gelowig is nie, wat nie eers glo daar is ‘n God nie. Wat dink as jy omkap en dood, dan is dit dit. Niks meer. Nada. Zilch. Wel, ek respekteer hulle reg om so te glo en te dink, maar ek het nog nooit met hulle saamgestem nie, al tel ek van hulle onder my beste vriende.

Ek loop ook nie met my geloof te koop nie, preek nie vir ander mense nie. Ek het ook nog nie die verlore skaap huis toe probeer bring nie. Dalk sal ek nog eendag, wie weet.

Ek het ook nog nooit my blog gebruik om my geloof te verkondig nie, maar vandag maak ek ‘n uitsondering. As jy nie gemaklik voel nie, moenie verder lees nie.

Die laaste twee jaar was nie maanskyn en rose vir my nie. Vir verskeie redes. Sommige deur my eie toedoen en ander sonder dat ek dit so wou hê of veroorsaak het.

Planne om Mosselbaai toe te verhuis het deur die mat geval. In September 2009 moes ek kies tussen werk in Johannesburg of werkloos wees. Ek het werkloos gekies – weliswaar ‘n erg berekende risiko, maar een wat uiteindelik goeie vrugte afgewerp het.

In November 2009 het een van my drome waar geword – ons het Namibië gaan verken. Dis ‘n ervaring wat ek vir geen geld sal ruil nie en ek was nog nie een dag spyt daaroor nie, al was dit seker nie die beste tyd om so iets aan te pak nie.

Uiteindelik was my naam in Junie 2010 weer op ‘n permanente “payroll”, maar toe is daar ander dinge wat krap. Maar deur dit alles het ek een gebed gehad. Kan ek nie asseblief iewers ‘n huisie op ‘n plaas, tussen die wingerde kry om in te bly nie?

Ek het sovele kere by sulke huisies doer ver tussen die wingerde verbygery en sovele kere gewens/bid, maar daardie tipe verblyf hier is maklik skaarser as hoendertande. Iemand se iemand se neef se niggie se broer se oom se dogter weet altyd reeds klaar van een wat beskikbaar word en dan staan hul reeds voor die deur.

Toe, verlede week, toe is ek eerste voor daardie deur. En gister is die transaksie beklink. Ek kan nie wag om op my stoep te sit en oor die wingerde en die berge uit te kyk nie. En ek gaan nooit vergeet om elke aand op my knieë te gaan (en sommer regop te staan ook) en dankie te sê nie. My sigeunervoete het hul holte gevind.

Here, U het my baie paaie laat loop die laaste paar jaar, krom paaie en opdraande paaie. Soms was ek kwaai opstandig met U. Dankie dat die paaie uiteindelik hierheen gelei het. Soos altyd het U beter geweet as ek wat ek nodig het. En wanneer. Dankie.

36 thoughts on “Dankie…

  1. Ek is nou regtig die agteros in die kraal. Dit gaan net dol en ek kom nie by almal uit nie!!!
    Soos almal hierbo, is ek ook baie opgewonde vir jou!!! Stellenbosch bly maar ‘n mooi plek!

    1. BiB – dankie! Komende van jou beteken hierdie woorde vir my baie. En dalk kan ek eendag in die toekoms vir jou ook ‘n glasie wyn skink op my stoep🙂

    1. Toemaar Skoor – die plaas is hoog gesteld op veiligheid. En daar is reeds ‘n trop honde – kwaaies! Buitendien – ek is ‘n terror op sigself😆

  2. Son, wat van ‘n skuldoffer aan God om dankie te se vir sy genade … soos dit in die Bybel geskryf staan? Dit hoef nie groot te wees soos ‘n koei of bok nie dit kan selfs klein wees soos ‘n eekhorinkie byvoorbeeld. Nee wag, nie ‘n eekhoringkie nie, dit gaan nie werk nie. Onthou die algemene reel met offers; daar’s hierdie eienaardige toevalligheid dat God van dieselfde goed hou as priesters. Koop eerder ‘n T-bone steak by Shoprite en sit dit voor die deur van die NG Kerk in Stellenbosch.

    Ek raak nou so befok soos ek hier sit en tik oor offers en diere wat vandag nog dood gemartel word in die naam van kultuur en spiritualisme dat ek dink ek gaan ‘n aar bars.

    Anyway, geluk met jou nuwe plek dit klink moer nice.

    1. Andrew – wat van ek offer vir Apollo, aangesien ek mos nog so half aandeel in hom het😈

      Of ek nooi jou vir ‘n braai, dan kap ek een van jou vingers of iets af, en offer dit – veral aangesien jy nou mos eintlik ‘n heiden is. Of nee wag – dit sal nie werk nie – ek kan nie onreine dinge offer nie😆

      Toemaar – jy weet ek trek jou been. Ek het SO geweet jy sal nie hierdie inskrywing kan ignoreer nie. Maar jy is nog steeds welkom om op my stoep te kom sit en chill met ‘n Castle😉

  3. ((( SON ))) .. Die 2de beste stukkie hemel op aarde naas die weskus .. ons berge en wingerde! Ek is gevul met oneindige vreugde vir jou onthalwe! Mis jou tonne .. en as jy Simonsberg kan sien, dink aan my! xx

  4. Vir ‘n oomblik het ek gedog jy’s besig om my storie te vertel… 😯

    Ja, Sonnetjie, op ‘n dag weet mens net daar is ‘n groter plan as die een wat ons gemaak het. ‘n Perfekte plan.

    Ek het nou nie ‘n keuse nie. Sal maar net by jou moet kom tee drink en na die berge en wingerde kyk. 😉

  5. Hey da sonneblomkind gooi ñ foto van jou mooi huisie omsingel met wingerd op di blog ek sien di son brand julle klomp weer in jul bokoms in groete uit net so warm Vrystaat

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s