Gedagtes

Vandag – 21 jaar gelede

Dit voel vir my soos gister.

Vandag, presies 21 jaar gelede, is Oudpresident Nelson Mandela uit die Victor Verster-gevangenis vrygelaat, ná 27 jaar agter tralies.

As jy wil, kan jy hier kyk na die historiese gebeurtenis

Sy vrylating was ‘n keerpunt in die Suid-Afrikaanse geskiedenis, en vier jaar later was hy die eerste demokraties verkose president van Suid-Afrika.

Ons het soveel goeie, mooi verwagtinge gehad vir die nuwe, demokratiese Suid-Afrika.

Onthou jy waar jy was toe hy vrygelaat is? Wat jy gedoen het? Wat jy gedink het? En wat jy veral gedink het oor die toekoms van Suid-Afrika?

En vandag? Ons is seker almal tot ‘n mindere of meerdere mate ontnugter, maar vir my is daar nie ander weivelde nie, so ek sal seker maar eendag my laaste asem in hierdie mooi land uitblaas.

Die aanhaling van NetJane HIER is nogal vir my toepaslik:

“For this is what we do. Put one foot forward and then the other. Lift our eyes to the snarl and smile of the world once more. Think. Act. Feel. Add our little consequence to the tides of good and evil that flood and drain the world. Drag our shadowed crosses into the hope of another night. Push our brave hearts into the promise of a new day. With love: the passionate search for a truth other than our own. With longing: the pure, ineffable yearning to be saved. For so long as fate keeps waiting, we live on. God help us. God forgive us. We live on”.

Viva Madiba! Jy is een van min.

3 thoughts on “Vandag – 21 jaar gelede

  1. Weet jy, dis omtrent TOE wat ek die eerste keer van Mnr Mandela gehoor het.!! Nou ja, nou weet ons almal van hom. Toevallig op daardie dag het ek by my venster uitgekyk en ‘n ou swart man het daar oor die werf geloop. Ek en hy was groot vriende. Ek kan nie onthou wat ek vir hom gesê het oor Mandela se vrylating nie, en hy het nie geweet van wie ek praat nie!!?! Vandag het Madiba my grootste respek. Ek hoop ons mag nog LANK in ons mooi land woon!! Mag God Sy Hand oor ons hou. (oor ALMAL van ons!!)

  2. Sjoe… daardie aanhaling!
    Kan 21 jaar regtig so vinnig verbygaan. Natuurlik was ek vasgenael voor die TV met die spreekwoordelike vrees en bewing, maar met baie HOOP in my hart vir die toekoms. 21 Jaar later kyk ek terug en natuurlik is daar baie wat terleurgestel het en nog steeds teleurstel, maar ek staan ook verwonderd oor die wonder van so ‘n totale ommekeer met minimum geweld. Ek wens mense wil soms net stop en hierdie gebeurtenis vergelyk met revolusies in ander lande, want dan sal hulle besef hoe die hoop eintlik nie beskaam het nie.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s