Die Lewe

Beskermde inskrywing

Kort in die nuwe jaar gaan ek op ‘n “trip down memory lane”. Gaan loop ‘n bietjie terug op my grootwordspore. Oppad huis toe, sien ek ‘n plaat motors staan en mense langs die draad, langs die pad. Eers met die verbyry besef ek waarna hulle kyk – ‘n koei wat besig is om te kalf!

’n Vinnige omkeer word gemaak, en ek gryp my kamera en gaan staan ook by die draad. Vir byna twee ure staan ek in die bloedige son, want ek sal dalk nie weer in my lewe dié kans kry nie, en ek neem alles af.

Die ou langs my vertel van die ander kalfie wat so twee ure tevore gearriveer het. Ek kiek en ek kiek.

Onlangs vertel ek van die foto’s, maar ek wil dit nie iewers plaas nie, dalk neem mense aanstoot. Toe gee Skemer my die idee – maak dit ‘n beskermde post. Ek doen nie normaalweg beskermde inskrywings nie, dis vir my half doelloos. Maar daar is dalk mense wat hierdie wonderwerk (want vir my bly lewe skenk ‘n wonderwerk) ook sal wil sien. Vir hulle – die wagwoord van onderstaande pos is die naam van my blog. Ek is seker julle kan dit uitwerk🙂

Maar onthou, die foto’s is redelik eksplisiet. As jy kyk, is dit op jou eie risiko!

6 thoughts on “Beskermde inskrywing

  1. Ek waas bevoorreg om ‘n koei te sien kalf op ons megaweek. Ons het haar baie jammer gekry. Die boer moes help om die kalfie uit te trek, maar gelukkig was beide ma en kind op die ou einde wel.

  2. My kinders was bevoorreg om groot te word in ‘n omgewing waar hulle hierdie wonderwerk gereeld kon sien. (by skape – maar die wonder bly oral groot)

    1. 😆 Ek sal vertel van my erge blonde oomblik oor die skillie-eiers as jy sal vertel van jou tyd in die Weermag (Krista het gesê ek moet vra)😆😆

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s