Die Lewe

Gelofte-Versoening-en in die mens ‘n onbehae-dag

16 Desember – die slag van Bloedrivier (ek kan nie die jaartal onthou nie, so sue me). Dis oorlog en die Boere belowe vir God hul sal dit altyd onthou as Hy hulle laat wen. En hulle wen, so vertel die geskiedenis ons. Was daar nie EEN swarte aan die ‘anderkant’ wat ook vir sy God gebid en gevra het om te wen nie? En was die boere se God net sterker of hul gebede net meer?

Nee, ek is nie ligsinnig nie en ek minag nie my volk se geskiedenis nie. Ek het net maar nog altyd oor hierdie tipe ding gewonder. In elke oorlog moet daar tog aan albei kante mense wees wat bid om te wen. Hoe besluit God vir wie hy luister? Elke soldaat het iewers ‘n ma wat vir haar kind se veiligheid bid. Hoe kies God watter ma se gebed hy gaan antwoord?

In oorlog is daar nie wenners of verloorders nie, net oorlewendes en die letsels aan hulle maak dalk jare later dat dit beter sou wees as hulle eerder gesneuweldes was. Sad, but true.

Maar nou het 16 Desember versoeningsdag geword. En ek wonder steeds… wie is met wie versoen? Want ek kyk na my land se mense en ek sien niks wat my aan versoening laat dink nie. Ek sien moord en verkragting en wit wat weereens swart begin haat. En swart wat maar steeds dink wit is met die goue lepel in die mond gebore en kla met ‘n witbrood onder die arm, selfs wat misdaad betref. En nerens sien ek mense wat mekaar se hande vat en se, dis ons almal se land, kom ons staan saam en roei die onkruid tussen ons uit en eis verantwoordelikheid van hulle wat ons regeer nie. Vat my hand, my swart broeder. Vat my hand, my bruin suster.

Nee, dis steeds elkeen vir homself en die duiwel vir ons almal. En dan gaan mens op ‘n dag soos vandag na ‘n winkelsentrum of Mall, soos almal dit noem, en wat sien jy? Nie mense met gesigte wat straal van die Goeie Boodskap nie, o nee.

Jy sien mense wat ongedurig deur die gange beweeg, hier stamp en daar trek om verby te kom of eerste iets op ‘n rak beet te kry. Lang toue by betaalpunte, met gesigte wat die pyn wys van uitgemergelde bankrekeninge. Moee, stoute kinders, onvergenoegde tieners en suur grootmense. En in die mens geen welbehae nie.

Die Vader hoor my, ek sal nie verbaas wees as Hy ons weer laat wegspoel en versuip nie. Ons verdien niks meer nie.

8 thoughts on “Gelofte-Versoening-en in die mens ‘n onbehae-dag

  1. Ek stem honderd persent met jou saam, Son!!! Ons is uitgevreet, ondankbaar, onvriendelik, selfsugtig. Hierdie plaasjapie probeer egter ietwat anders wees (of, ek hoop so!!) en ek vertel dit nie om ‘n kloppie op die skouer te kry nie!! Maar winkel toe gaan is vir my HEERLIK, kuiertyd! Dis die eenmaal per week wat ek bekendes raakloop, so, ek groet hulle vriendelik. Ek is LIEF vir my plaaswerkers en VERAL vir hulle kinders, so, as ek gaan stap, hoor ek hulle van ver af roep: Hello Kleinnoi. (jammer, hulle mag my noem wat hulle wil, maar dis hulle eie keuse dat hulle my juis so noem.) Ongelukkig is dit wat ek doen nie eers ‘n druppel in die emmer nie, maar ek glo dat die halwe druppel ‘n verskil maak in ‘n klomp mense se lewens. En juis die verskil wat dit maak, maak dit vir my die moeite werd om aan te gaan! Die resultate en die beloning wat ek van glimlaggende kleurlinge en swartes kry is FANTASTIES!!!

  2. Versoening begin by een mens. Jouself. Ons is so geneig om rondom ons te kyk en te veralgemeen – die “mense”, die land, die Christene, die Afrikaners, die swartes, die dit en die dat…
    As ek nie tyd het vir ‘n winkel nie, gaan ek nie. As ek nie krag het daarvoor nie, gaan ek nie. As ek dan nou moet gaan, moet ek my attitude change – en dit blitsvinnig – anders spring al daai waansinniges s’n op my en steek myne aan. Ek smile vir die kassiere en hoor gou of sy haar darem nie doodwerk nie. Die ma met die skreeuende kleintjie kan maar voor my indruk, dis ok. Haal diep asem tel tot tien – wys EK ‘n bietjie vrede en welbehae – en somehow gaan ek tog agterkom – iewers, aan iemand vryf dit ook ‘n bietjie af.
    Ons probeer om die globale groep te kry om hande te vat – dan sukkel ons steeds om die één kollega wat my g@t krap, se hand te vat… of die buurvrou wat my bloeddruk opjaag of die een of ander persoon wat loop en soek vir ‘n argument sovêr hy gaan… en ek weet dit, sien hom aankom en val wéér en wéér daarvoor…
    Jy het net twee hande. En een het jy just about altyd nodig vir iets. Gee die ander een, vir één ander mens. Dit begin daar. “Ons” kan nie almal hande vat nie, tensy “ons” almal presies dieselfde visie het, dieselfde doel het.
    Die WC het dit (vir ‘n oomblik in tyd) gewys – one goal en vir ‘n moment was ons ‘Ons’.
    Ons moet soek na ‘n raakvlak. ‘n Speelveld. ‘n Saakmaak. En soms, ja soms, soos met die Slag van Bloedrivier was oorlog ongelukkig die ‘saakmaak’. Solank dit nie daar is nie, is ons elkeen vir homself en hou elkeen sy hand veilig in sy eie mou.😦

  3. Son as jy belangstel, Noag se Ark gaan gebou word in ‘n tema park in Kentucky VSA deur die besigheidsman Ken Ham. As sy naam vir jou bekend klink, hy is die ou wat die kreasioniste museum gebou het waar die moderne mens en 70 miljoen jaar oue dinosouruse SAAM uitgebeeld word in dieselfde uitstalling! Hy maak miljoene $ wins belasting vry deur die geloof van fundamentele christene wat die Bybel letterlik vertolk uit te buit … iets wat ek nog altyd wou gedoen het.

    1. As Suid-Afrika vinnig spring kan ons land as die “Toring van Babel” belewenis bemark word. Met al die ingevoerde slawe, kolonialiste, uitgeworpenes en 11 amptelike landstale leef ons letterlik in een enorme Toring van Babel.

  4. Ai, ek weet tog nie.

    As ek koerante lees, dan dink ek ook daar is nie versoening nie. Miskien moet ek ophou koerante lees, want in my dag tot dag bestaan ervaar ek min rassespanning. Gewone mense wat gaan werk en gaan shop en gaan uiteet en fliek, wil net rus en vrede he.

    Malls…dis ‘n heeltemal aparte euwel. 😉

  5. Jy is so reg Son. Was Saterdag in `n winkel. Dis `n gevegsfront. Geen vreugde daar nie. En dit koop verwoed asof dit gaan regmaak wat verkeerd is.
    Mag jou Kersfees geseënd wees.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s