My gedigte

Vergeet om te Onthou

Jongmens het sy gekrap aan dinge

Tot sy weet

Om soms daarna te wens

Sy kon net liewer weer vergeet

 

Grootmens het sy geweet

Dis soms beter om nie te weet

As om te weet

En dan te probeer vergeet

 

Oumens het sy probeer onthou

Wat sy elke dag al meer vergeet

Het sy in helder oomblikke gewens

Sy kon maar liewer net weer weet

9 thoughts on “Vergeet om te Onthou

  1. Is ‘n fantastiese stukkie, rerig “eye opening”
    (hehe) het dit baie geniet. Baie dankie vir die
    komentaar op my monoloog. Waardeer dit baie
    Aletta

  2. “Links gedraai in plaas van regs”en hier beland. Lekker gekuier en gekyk.
    Lankal landuit maar nog “Wes Transvaal”rooigrond tussen die tone.
    Kliprantjies en pendoring bome nog ‘n gedagtebeeld van ‘n rusplek langs die pad.

  3. Ek dink die taal van die hart is universeel…. Soms het ander net ‘n gawe om beter vas te vang wat sommiges voel…

    Mooi Sonnie! x

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s