Gedagtes

Die begin van die einde

…van 2010.

‘n Jaar het lanklaas vir my so vinnig verbygegaan en terselfdertyd ook so verbygesleep. Nou is dit weer daai tyd wat mens terugkyk en wonder oor wat verby is, hartseer voel oor dinge wat verkeerd geloop het, in jou hart huil oor mense wat vir altyd weg is. En onthou … ‘n jaar se dinge onthou.

Verlede jaar dié tyd was ons pas terug van Namibië. Ons het nie alles gesien wat ons wou nie, het uiteindelik vasgehaak in Swakopmund en Walvisbaai. Maar dit was ’n ondervinding wat ek vir geen geld sal wil ruil nie. Ek, kind van die Berg en die see, het ‘n stukkie van my hart agtergelos daar in die woestyn, tussen die duine. Ek sal more teruggaan soontoe as ek kon. Dalk nie om te bly nie, maar altyd weer om te kuier.

Laas jaar die tyd het ek ook nie geweet waar my volgende werk vandaan gaan kom nie. Na 8 en ’n half jaar by een plek, moes ek my wortels uittrek en nuwe horisonne gaan soek. En ek was vrek bang, want as jy wit is in Suid-Afrika, is werk soek moeiliker as Mount Everest uitklim. Maar die Genade was groot en vandag werk ek lekkerder as ooit tevore en ek vergeet nooit om dankie te sê nie.

Die seerste iets wat ek hierdie jaar ervaar het, was toe een van my kollegas se 5-maande oue baba skielik oorlede is. Ek het hier daaroor geskryf. Hierdie kollega en sy vrou is van daardie mense wat mens sommer net van hou, hulle is sulke stunning mense dat ek nou nog nie verstaan hoekom dit met hulle moes gebeur nie. Daar is soveel ander aakliger mense daarbuite en ek weet ek redeneer nou soos ’n dwaas, maar ek sal hierdie hou wat hulle gekry het net nooit regtig kan begryp nie. Dit gaan beter met hulle, maar daar is ’n hartseer in hul oë wat mens nooit kan miskyk nie.

Ek het ook geleer dat mens eerder nie ligtelik die woordjie ‘nooit’ moet gebruik nie. Ek het altyd gesê ek hou nie van Stellenbosch nie, ek sal nooit daar wil woon of werk nie. The Forces that Be het my weereens plat op my gesig laat val. Ek werk al meer as ‘n handvol maande in S/bosch en ek bly nou al ‘n maand hier en ek is so gelukkig soos ‘n kat met ‘n piering room. Never say never😈

En toe word dit 11 Junie 2010. Eers het ek niks gedink van die hele Sokker Wêreldbeker gedoente nie. Maar toe, saam met al die ander mense, het ek so effentjies ‘n gevoelente gekry. Toe ek my weer kom kry, skree, spring en gaan ek soos ‘n besetene tekere, cheer vir Bafana en besef ek het dit. Sokkerkoors! En uiteindelik het die span wat ek na Bafana gekies het, gewen. Viva Spanje! Dit was ‘n lekker tyd in ons land, ‘n tyd wat ek wens ons weer kan oorhê, meer vir die saamstaan as nasie, as regtig vir die sokker self.

Ek blog nou al amper vier jaar. Eers was dit HIER en toe kry ek later my eie werf, wat ek opgegee het en HIER gaan bêre het, voor ek Kouevuur in April begin het. Dit was eina om vir Sonkind te laat gaan, en ek sal seker maar altyd Son bly. Op my sonkind blog is van my beste skryfwerk, maar soos die oumense sê, met die waters wat verby is, sal die meule nooit weer maal nie.

Ek het my skryfwerk liederlik afgeskeep in 2010, maar dis een van my 2011 voornemens. I will be back with a vengeance!

Intussen, vir al die baie nuwe bloggers wat hierdie jaar bygekom het, wil ek tog maar weer ‘n paar van die onvergeetlike skrywes wat ek oor die jare raak gelees het, gee. Dis sulke skrywes en sulke bloggers wat blog lees deur en deur die moeite werd maak.

Cara se ipod vaarwel

BiB se brief aan Stefan

Skoor se ode

George se Daar is net die dans

BB se skrywe hier

Voetjies se hartseer skrywe oor ‘n straatnaam

Nikita se plek in Afrika

Flintie se gesig storie

 

Laaste, maar nie die minste nie: –

Die beste aanhaling hierdie jaar gelees:

‘n Oog vir ‘n oog maak uiteindelik net die hele wêreld blind! (Mahatma Gandhi)

 

Die mooiste en waarste woorde hierdie jaar gelees:

Ek het geleer die lewe skuld jou min of meer

net mooi niks nie

En dat goeie dinge somtyds voor jou deur kom staan

Dat die wat baie praat dalk niks het om te sê nie

En dat ‘n smile of ‘n warm hand

die hele dag kan draai

 

Ek het geleer om te vertrou en als nie te verloor nie

Om te gee en niks terug te vra as die omgee groei

Ek het die waarde van ‘n sent bepaal en ook

die waardeloosheid as dit daal

En ‘n honderd duisend rand jou brand

om meer te begeer

 

Ek het geleer dat as jy alles weet

jy bittermin verstaan

En dat deur links te draai in plaas van regs

‘n nuwe wêreld oop kan gaan

Ek het gaan soek en my pad verloor

Maar baie meer gekry

Op die onbekende afdraai wat na ‘n nuwe roete lei

 

Ek het geleer dat die wat baie huil

nie die sadste is nie

Die wat die woorde net te maklik sê

nie die liefste voel nie

 

Ek het geleer dat om te luister

na goedbedoelde raad

Jou lewe kan red of

jou bitter eensaam kan maak

Ek’t geleer om in iets te glo

al kan dit jou breek of jou genees

 

Maar nou is dit genoeg vir my

om net hier te wees.

(Met erkenning aan Anna Davel)

12 thoughts on “Die begin van die einde

  1. Dankie vir die noem Sonkind, ek skryf deesdae maar min. Darem nie omdat ek nie wil nie, maar omdat daar aan ‘n ander projek gewerk word. Ja, soos met jou blogs, het ek ook ‘n paar gehad. Flintstoned was my eerste, en die humor het diep geloop op hom. Toe ook die eie domain, maar ek het wordpress gemis, en dus kom ek toe terug met Adam Appel. Adam Appel is na aan die hart, en as jy jou gat oopmaak vir slae, dan moet jy die houe kan vat. Saam met adam het oordeel, trane en groei gekom. Ek veruil dit vir niks.

    Demoerin se blog is natuurlik een van die wat bo aan my lys is. Ek lewer maar min komentaar (te lui, ek weet, SIES!)
    BB se brief – Need I say anything?? GREAT GIRL!

    Sonkind, saam met jou het ons almal ‘n reis mee gemaak. Jy raak ‘n mens se hart vriendin.

    Skoor het ek iewers verloor langs die pad, ek sien min van haar, maar daai een storie oor die hondjie in haar arms het my laat glo sy is een stap weg van op water loop.

    Lekker nuwe jaar aan almal!

    Liefde
    Flintie
    xox

  2. Dankie, Son vir jou inskrywing, ek moet erken, daardie gedig van Wayne Visser het my dadelik getrek -nie alle gedigte spreek tot ‘n mens soos daardie een van hom nie – en dis een van my gunsteling-inskrywings. Lekker aand.

    1. 😆 Krista – Stellenbosch het baie gaatjies en weet jy hoeveel gaatjies is aan die buitewyke van Stellenbosch?😉 Nee wat, dit sal ‘n voltydse job afgee👿

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s