Die Lewe

Sonder titel

Die inskrywing is sonder titel, want die lewe het nie ‘n titel nie. Dis nie ‘n storie nie.

Sommige mense word gebore, lewe en gaan dood sonder dat hulle enige noemenswaardige kringe op die dam van die lewe gemaak het. Of sonder dat die lewe enige sigbare letsels op hulle gelaat het. Smooth sailing.

Ander word gebore en die hou op die boud om hulle hul eerste skree te laat gee, is net die begin van vele klappe wat die lewe vir hulle uitdeel. Die LEWE word op hul gesigte uitge-tattoo, in die donkerste ink denkbaar. Somtyds skop hulle terug, en somtyds wen hulle vir klein rukkies. Maar eintlik was die dobbelsteen gegooi lank voor daardie eerste lewenskreet. En hulle het nie ‘n kat se kans gestaan nie.

Dan is daar die mense erens in die middel. Hulle maak kringe op die water van die lewe, hulle dra hul lewensletsels met waardigheid en soms selfs met trots. Hul skop terug, selfs soms byt en krap, as die lewe sy gatkant na hul draai.

Soms klap Lewe hulle plat op die gat in die stof dat hulle hik en hul tande klap. Maar hulle staan op, stof hul broek se gat af, blaas die stof van hulle hande af, kry daai hardegat kyk in die oog en dink: “Fok jou Lewe, vir my klap jy nie plat nie. Ek sal jou wys, ek sal elke keer weer opstaan, en as jy my bene breek, dan kruip ek tot daar waar ek myself weer kan optrek.”

Die lewe kan jou breek of die lewe kan jou leer sterk staan, mens het altyd ‘n keuse. Dis die wonderlike deel daarvan – ‘n mens het ALTYD ‘n keuse.

7 thoughts on “Sonder titel

  1. Ja, ons het altyd ‘n keuse. En ek is seker een van daai wat altyd opstaan, terugveg, KIES om gelukkig te wees, kies om die mooi 1cm tussen die lelike 2 meter te sien. Maar weet jy, ek het ook ‘n redelike ondersteuningsnetwerk. Ek dink daar is mense, soos jy ook sê, vir wie die verkeerde dinge net TE verkeerd is, om verskillende redes. mense wie hulle lus vir veg nog nooit gehad het nie. en vir hulle kry ek so jammer. miskien het hulle nooit besef hulle kan veg nie. of dalk het niemand ooit in hulle lewe hulle hand gevat nie. Maar dat ons ELKE KEER ‘n keuse het, is nie altemit nie!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s