Die Lewe

Soos die brood op die water

Ek lees hierdie by PJ, voor daar nog baie kommentare by is. Ek gaan lees vanmiddag weer en ek lees die baie kommentare wat bygekom het.

En ek besluit ek wil ook ‘n pennie in die beurs gooi, maar sal dit helaas hier op my eie werf doen.

Die internet het van ons ‘n gesiglose massa gemaak. Mens kan blogs oopmaak soos jy lekker kry en jouself ‘n fancy naam gee en ‘n feëtjie / fietsie / varkie / wat-ook-al avatar gee.

Dan kan jy begin skryf. Jy kan vertel van jouself en jou familie en jou katte en honde en hase. Jy kan maak asof jy skaam is en dis hoekom daar nie ‘n regte gesiggie van jou wys nie.

Jy kan maak asof jy jonk is, maar dan is jy eintlik al stokoud. Jy kan maak asof jy oud is, maar dan is jy eintlik ‘n klein snotkop. Jy kan maak asof jy ‘n man is, maar eintlik is jy ‘n vrou. Jy kan voorgee jy is ‘n vrou, maar eintlik is jy ‘n man.

Ag wat – anything that blows your hair back.

En daar is nie veel wat enigiemand aan jou kan doen as jy nie kort by misdaad omdraai nie. Niemand gaan jou toesluit omdat jy mense lieg en bedrieg op die internet nie, solank jy nie hulle geld of goed steel nie. Harte steel en mense van jou laat hou al is jy eintlik in werklikheid ‘n dwis – dit tel niks.

So eintlik is ‘n blog nie eers ‘n snapshot nie, want foto’s lieg nie sommer nie – behalwe as jy dit nou photoshop.

En dis wat sommiges se blogs dan seker is – ‘n ge-photoshop-te snapshot – soms so ver van die waarheid verwyder as die ooste van die weste af. En as mens nuut is op die net, dan weet jy nie altyd dat dit is hoe dit is (of kan wees nie).

Natuurlik is daar opregte, egte mense ook op die internet en die blogs. Mens leer hulle naderhand ken, want hulle mag hul detail privaat hou, maar hul egtheid, hul ware wie-hulle-is menswees, dit slaan deur. Opregtheid is iets wat mens nie kan wegsteek nie. Net soos boosheid en valsheid ook deursyfer as mens lank genoeg wag.

Ons is sekerlik almal daaraan skuldig dat ons somtyds die waarheid inkleur om interessanter te lyk. Dis wanneer ons hele ander identiteite fabriseer, vir watter rede ook al, dat dit ‘n hartseer dag word vir die mense wat met ons deurmekaar raak.

En dis nie net op blogs waar dit gebeur nie – dis ook op chatsites en ander dergelike plekke op die internet.

So, dink voortaan mooi as wie en wat jy jouself voordoen, want onthou, dit wat jy uitdeel, kom uiteindelik terug na jou toe, soms in dubbele mate. Soos die brood op die water.

15 thoughts on “Soos die brood op die water

  1. Ek sukkel om te lees waar ek nie aanklank vind of waar ek nie along the lines leer ‘ken’ nie – al is dit dan nie heeltemal die persoon wie ek gedink het dit is nie… at least moet dit consistent bly. Mens kan net só lank “make believe” – ek dink op die ou einde kom die karakter meer gereeld deur as wat die skrywer van bewus is. Jy kan wragtig nie langer as ‘n paar maande voorgee nie – somewhere haal dit jou in – tensy jy schizo is – “I may be schizophrenic but at least I have each other” – the other being die een wat verantwoordelik is vir die blog😉
    Ek het nie ‘n issue met iemand wat ‘n blog anoniem wil hou (persona included) – enigste issue wat ek het is as die blogskrywer dinge aanspreek waarmee ek nie saamstem nie of waar ek van ‘n ander opinie is en dan verbaas is, omdat ek durf kommentaar lewer daarop. As jy nie wil hê ek moet comment nie, maak die ding toe, sit dit op private of vra my vriendelik om nie meer te kom kuier nie. Dan maak ek so.
    Gepraat van brood op die water werp… hang af van jou verwagting as jy daai brood werp – maar soms spoel dit as ‘n soggy mess uit en soms lok dit ‘n spul eende of barbers (lees barbare). Daaroor het ‘n mens ongelukkig nie beheer as jy dit eers gewerp het nie.

  2. …En soms kry jy ‘n paar dwarsklappe net omdat jy toevallig naby was. Its a jungle out there.
    Dit gesê, dis nie alles sleg as mens met groot omsigtigheid die saak benader nie. Dan weer ondervinding is iets wat jy eers opdoen na jy dit nodig gehad het

  3. Oeehooee…lekker lag ek nou vir myself! 😆

    Dis PRESIES hoekom ek deesdae so min blog.

    Hoekom wil ek ‘n idjit, wat toevallig met ‘n soekterm op my blog beland het, ‘n kykie in my hart en kop en lewe gee? Gmf!

    1. Hierdie “idjits”, wat toevallig op Vlam en ander se blog afkom – dis nog steeds ons mense, en in vandag se tye waar mense al meer geisoleer is weens byvoorbeeld tegnologie en verval van die gemeenskap, is dit nie juis ‘n goeie ding as so iemand ‘n bietjie in aanraking kom met die verstandiges onder ons bloggers nie.
      Ek dink dis ‘n uitstekende ding as ‘n Afrikaanse jong mens, of ‘n geisoleerde rassis, iemand wat met dwelms deurmekaar is, of selfs net iemand wat mismoedig is met party van die bloggers hier rond te doen kry.

  4. Wat jy sê is natuurlik waar.

    Wanneer ek ‘n blog lees, gaan soek ek eerste na die persoon agter die blog. Mens moet seker eintlik nie. Dit het al gebeur dat ek die persoon in lewende lywe ken en weet dat wat hulle op die blog skryf so ‘n effense verdraai van die waarheid is. Die waarheid volgens my, moet ek haas om by te voeg. Maar dan moet jy jouself dissiplineer om te reageer op wat geskryf staan en nie op wat jou persepsie van die waarheid is nie. Niemand kan per slot van rekening ooit heeltemaal weergee wie of wat hy werklik is op ‘n blog nie. Selfs al beleef ek en jy dieselfde situasie, sal ons persepsie en weergawe daarvan waarskynlik verskil.

    Daar is ‘n hemelsbree verskil tussen iemand wat die werklikheid deel – hoe onvolmaak ook al – iemand wat ‘n identiteit skep om ‘n ideologie of idees oor te dra (ek hou van die idee hoewel ek nie soiets sal kan regkry nie ) en iemand met ‘n siek persoonlikheid wat speel met ander se gevoelens en mense manipuleer.

  5. Ek wonder soms wat beter is: ‘n eerlike persoonlike blog of fiktiewe karakter wat jy kan vermom soos jy wil?
    My inskrywings het al begin lol met my verhoudings. Dis nie lekker nie. Ek het aanvanklik gedink dit sal bevrydend wees om heeltyd eerlik te wees, maar mense verstaan nie altyd ‘n ander se konteks ens. nie. Sou graag oor sex, drugs and insecurities wou skryf, maar nou ja, iewers gaan jy iemand se verwagtinge van jou teleurstel.

  6. Ek dink n mens moet n blog lees vir wat dit is. Goeie, slegte of gemiddelde leesmateriaal. Niks meer en niks minder nie.

    Ek is een van gemerkte Satanskinders en eintlik is dit goed.

  7. Ai Son, hoe vang jy my nou uit! Ja, dit is so. Ek is nie wat ek voorgee op my blog nie. Eintlik is ek 17 jaar oud, beeldskoon, het die RM45 op die Lotto gewen so paar weke terug, het ‘n doktersgraad in kernfisika, het goud gewen by die Olimpiese spele en is getroud met Edward Cullen. Daarso! Nou weet julle alles.🙄:mrgreen:

    1. 😆 G’n wonder jy blog so min nie. Met ‘n man soos Edward Cullen sou ek NOOIT tyd gehad het vir baie ander dinge nie. Jou lucky fish! 😉

  8. Ek sal gaan loer daar waar jy gesê het. Dit is soos jy sê, die waarheid kom op die oomblik uit, maak nie saak wat jy sê nie, want iewers moet jy vrede hê met wat jy publiseer. Ek hoop van harte nie jy het iewers seergekry nie. Ekself het op my eie naam geblog, en net skielik, een nag, het my hare regop gaan staan, en ek het besef ek stel myself te bloot. Nou is ek kamtig anoniem, maar so baie mense weet wie ek is. Dis so jammer dat mens nie sommer net JY kan wees hier op die net nie. Hier waar ek woon, mag ek gelukkig net EK wees en ons kontrei se mense weet wie dit is wat hier skryf, en dankie tog, ek is nie skaam daarvoor nie!!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s