Musiek · Raak gelees

Wense

Mag die son se helder strale altyd oor jou skyn,

die maan vir jou geluk bring soos die beste vonkelwyn.

Mag die liefde soos die sterre ontelbaar jou omvou,

‘n Melkweg vol van vrede jou in haar arms hou.

Mag die winters vir jou mooi wees al is als kamma-dood,

die herfs die lewe inlei op die water liefdesboot.

Mag die somer in jou lewe,

die lente ewig duur

en Venus tot die einde haar strale na jou stuur.

Mag die wingerdstok vir ewig en ewig aanhou bloei,

die vonkel uit die perske net aanhou groei.

Mag die son se helder strale altyd oor jou skyn,

die maan vir jou geluk bring soos die beste vonkelwyn.

(Dave Lubbe)

6 thoughts on “Wense

  1. Pragtig !!!!!…ekke lief die maan en die sterre…sjeesh…en die son en die wind en die weer…hier is hoeka `n lekker donderstorm nou…sommer lus en gaan sit op my patiodeur se trap en sit my “soundsystem” lekker hoog met…hhmmm…wat sal dit vanaand wees….dalk Paradise lost…..of Van Halen….

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s