Raak gelees

Met apologie aan Lucy Jordan

Maandagaand vroeg jaag ‘n 50-jarige vrou besope en halfkaal deur Bothasig in die Kaap se strate!

Om 8 nm beduie die polisie aan haar om van die pad af te trek en stil te hou, vermoedelik omdat hulle kon sien sy bestuur onder die invloed. Die arme polisieman kon sy oë nie glo nie toe hy by haar motor kom en sien sy het net ‘n “panty” en ‘n klein frokkiehemp aan.

Konstabel Noloyiso Rwexana, woordvoerder van Bothasig Polisiestasie, het haar arrestasie bevestig. Sy sal glo later die week in Goodwood se landdroshof verskyn op aanklag van dronkbestuur. (Geen klag oor die halfkaalryery nie?)

Met apologie aan Ballad of Lucy Jordan en Marianne Faithfull

The setting sun touched lightly on the eyes of an unknown woman
In a white suburban bedroom in the white suburb Bothasig
As she lay there in her undies with the bottle almost empty

The world turned orange and the room went spinning round.

At the age of fifty-something she realised she’d never
Ride through Paris in a sports car with the warm wind in her hair.
So she let the phone keep ringing and she sat there softly singing
Little nursery rhymes she’d memorised in her daddy’s easy chair.

Her husband is off with his Bimbo and the kids are off to London,
And there are, oh, so many ways for her to spend her day.
She could clean the house for hours or rearrange the flowers
Or drive naked through the shady streets screaming all the way.

The evening sun touched gently on the eyes of the unknown woman
As the cop pulled her over after she raced down the quiet streets.
And she rant and raved at the cop who reached in and took her keys,
As he led her to the police car and the lonely cell for her night’s sleep.

At the age of fifty-something she knew she’d found forever
As she rode along half naked

Through Bothasig with the warm wind in her hair…

Spesiaal op versoek van DEMOERIN

Op ‘n ander noot:

Vroeër die jaar het ‘n vrou in Florida ‘n ongeluk veroorsaak omdat sy besig was om haar privaatdele te skeer (FOR CRYING OUT LOUD!)

Megan Mariah Barnes, 37, het aan die polisie verduidelik dat sy oppad was na haar kêrel en besig was om haarself gereed te maak vir hom. Vreemdste van alles is dat haar eks-man besig was om die motor vir haar te stuur vanuit die passasiersitplek!

Bron: IOL

24 thoughts on “Met apologie aan Lucy Jordan

  1. Nie lank gelede nie het `n klomp ouens in Oz kaal op hulle motorfietse deur die strate gery. Hulle is gevang en almal beboet omdat hulle nie valhelms gedra het nie!
    Daar was geen klag oor hulle geen klere gedra het nie.

  2. Demoerin, ek kannie hier vertel nie, dis ‘n familie blog. Maar kortliks, ek is half blind en bewe van Alzheimer’s en toe ek daar klaar is toe lyk dit of iemand my in die neute geskiet het met ‘n haelgeweer.

  3. Dis vreeslik sad vir my… vreeslik vreeslik sad… hoeveel drank of pille hette mens nodig om so ek-voel-n-vlieënde-vark te voel? Kan net dink wat in so ‘n hart moet aangaan, dat die kop besluit hy praat nie meer saam nie😦
    Oits!
    Maar so mooi gedoen ☼’s!!
    Hmmm…🙄 ek reken skeer in die kar is minder gevaarlik as wax… as daai potjie mors kry jy die goed nooit weer uit die upholstery uit nie!!!😯

  4. 😆 Ai toggie, ek kan mar net my koppie skud…. , veral vir Megan, daar is seker gelukkig nie baie hobbels en potholes op hulle paaie nie… sjoe, sy kan lelike skade aanrig met so ‘n storie.
    Maar ek like jou re-make nogal, nou lekker hier gesit en sing. Miskien vir ‘n naweek song kan jy die original vir ons gooi.

  5. Eisj, hoe kan mense sulke kanse vat wanneer hulle bestuur? het hulle geen konsiderasie vir hul mede padgebruikers se veiligheid nie? Very strange world indeed.

  6. Ek is mal oor hoe jy daardie song en hierdie vrou se storie met mekaar in verband bring. Dis nou met deernis geskryf – so anders as byvoorbeeld hoe Watkykjy daaroor sou skryf.

      1. Hahaha dis snaaks.😆 As ek weer met jou praat, herinder my dat ek jou vertel van die keer toe ek my Ma vertel het van die keer toe my Moslem vriende my oortuig het om my storie te skeer. Het jy dit?

        Daar is baie lag in.😆

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s