Gedagtes

As jy net een iets kan saamvat

Mense vra altyd sulke vrae soos:

Noem EEN ding wat jy sal red uit jou brandende huis.

Of

Wat sal jy met jou saamvat na ‘n verlate eiland, as jy net EEN iets kan saamvat?

Of iets in daai lyn.

Ek het altyd heel verstrengel geraak in so ‘n tipe vraag. Mens maak tog deur die jare soveel ou dingetjies bymekaar waaraan jy sentimentele waarde heg. So wat los jy agter en wat vat jy saam? Hoe bepaal jy wat dra die meeste gewig in jou hart?

Party mense sal ewe vroom sê ek sal my Bybel gryp of saamvat. Ander gryp hulle kind of hulle foto albums. Tot baie onlangs het ek nooit regtig net een ding gehad wat ek wil saamneem of red uit ‘n brand nie. Ek sou maar my arms so vol as moontlik probeer laai het en dalk nog teruggestorm het in die vlamme vir nog! Nou het ek egter ‘n antwoord op daai vrae.

My BlackBerry.

Ja, lag maar. Dis die lekkerste en mees veelsydige speelding wat ek in my lewe gehad het. Eers was ek SO in two minds oor die ding, want ek het slegte goed en goeie goed gehoor en ek was regtig onseker moet ek of moet ek nie. Maar ek was nog nie ‘n oomblik spyt nie (touch wood!). Dit het intussen aan my hand vasgegroei.

Ek kan byna alles op my BB doen wat ek op my rekenaar kan doen, dit neem dalk net bietjie langer. Ek het e-pos, ek het Facebook en Twitter, ek het WordPress en YouTube.

Dan het ek nog Wattpad ook, waar ek ‘n ongelooflike klomp eBoeke kan lees, ek het 24.com, vir nuus en weer, ek het tot die hele Bybel ook.

Verder kan ek foto’s neem, ek het op die oomblik 133 vollengte songs waarna ek kan luister. Ek het solitaire wat ek kan speel (ek raak nooit moeg daarvoor nie), ek het Sudoku. Ek het ‘n horlosie en ek het ‘n wekker – als-in-een. En ek is seker daar is nog goed wat ek nie eers van bewus is nie, wat ek kan aflaai. Als hier bo was verniet, net so by the way.

Dis nou nie ‘n Liefie wat mens kan warm hou in die koue nie, of met wie mens kan bakkie slaap nie, maar hopelik sal Liefie homself red uit die brandende huis, of anders druk ek my BBerry in my broek se sak en red vir Liefie ook.

En as ek alleen op die eiland is, kan ek ten minste die Liefie kontak – (hoop daar is krag om die BBerry te charge  :twisted:  )

Wat sal jy gryp as jy net een gryp kan gryp voor als afbrand of jy op die boot spring eiland toe?

20 thoughts on “As jy net een iets kan saamvat

  1. Ek gryp my grootste rugsak

    En daarin kom
    My nuwe Blackberry en al haar accessories
    My hond
    Hoofpynpille
    Donkerbril
    Fleece kombers
    Leatherman
    .38 Special en ‘n paar ekstra loodpuntiges
    watersuiweringstablette
    swartsakke
    skoon penties
    liquid seep

    Nou ja, flippet, een ding met baie plek😆

  2. Alleman – ek hoop ook so, oor die internet opvangs. Bakkie slaap is om amper soort van soos ‘n vraagteken te le en dan kruip die een styf agter die ander een se rug in en pas die lywe so mooi inmekaar. My ouma het dit altyd bakkie slaap genoem😆

  3. Hoop maar jou eiland het goeie opvangs, en GPRS/3G
    Ek is ‘n BlackBerry newby, maar hou ook van die ding. Die Wattpad tip is ‘n goeie een, ek het dit nou opgesit en alreeds by eerste boek afgelaai.

    Wat is bakkie slaap?

  4. Eiland- ‘n groot mes of byl.

    Huis afbrand (dit het al gebeur en toe was dit beursie, selfoon en jas)- een ding… video kamera. Dis die duurste ding wat ek het en dan kan ek die mooi vlamme-hel afneem🙂

  5. Ek kan onmoontlik net 1 ding vat… Kjinners, eksterne hardeskyf (al die herinneringe in die vorm van kiekies is daarop) en my fietse. Daardie is nie goed wat die versekering kan vervang nie. My fietse het name!

  6. Jip, my laptop sallit wees. My foon irri my geweldig👿 ek kan nie sonder my bril die sleutels sien, my sms’e lees (of skryf) en selfs sien wie bel nie🙄 Ek moet eerlikwaar sê – die lewe raak net al hoe vinniger en wilder en woester – soms voel ek mens moet net oë toeknyp en “format c:” intik – en dalk iewers van die mallemeule afspring en weer oorbegin…😦 Jêm kook… brood bak… briewe pos…

  7. Van die boot afspring? Jou bb is dan seker waterproof?

    Ek weet nie of daar regtig iets behalwe myself (as daar niemand anders in die huis is) is wat ek uit die brandende huis wil red nie… ek sal dalk die bottel tequila uit die yskas gryp oppad buitentoe… om my sorge te verdrink terwyl ek staan ek kyk hoe my huis afbrand.

      1. 😆
        Nou sien ek…maar hoekom wil jou nou vrywilliglik op ‘n skippie spring na ‘n verlate eiland toe. Praat ons hier verlate soos in Dubai se Palm Island, of soos in Mauritius of Robben Eiland?

  8. In ag genome die feit dat liefie haarself sal red? My eksterne hardeskyf(we). Alles van werk tot foto’s tot musiek tot my foon se kontaklys is daarop gerugsteun. Die res kan die versekering voor sorg.

  9. Ek het nou die dag met iemand hieroor gepraat. Hoe meer ek gedink het, hoe meer was daar wat ek net nie kon (wou) agterlaat nie. My rekenaar, kamera en selfoon is natuurlik heel eerste na buite. Gevolg met my CD’s; DVD’s en boeke.

    Wat ‘n verlate eiland betref? Ek wil nie daar wees nie, tensy ek ‘n kasteel met elektrisiteit, internet en alles wat vir my kosbaar is kan saam neem nie.

    1. Of soos ek dit noudie dag opgesom het:

      My kar – nadat ek alles wat belangrik is daar in gepak het. My kamera, modem, laptop, selfoon, handsak, CD’s, DVD’s; al die belangrike kabels en boeke gaan natuurlik heel eerste in.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s