Raak gelees

Vreemde hofsake

In Suid-Afrika is dit nog nie so maklik nie, maar in Amerika is mense gou om regsgedinge te begin as iemand vir hulle pyn, lyding of enige tipe skade veroorsaak. Die wet is daar om seker te maak mense word beskerm teen diefstal, defektiewe produkte, mediese nalatigheid en vele ander tipe insidente. Daar is egter sommige mense wat die hofproses misbruik en vir die vreemdste goed hof toe hardloop. Gelukkig sien die regters gou deur sulke belaglike sake en word die meeste sake summier uitgegooi. Hier is vier sulke vreemde eise:

Een vrou het ‘n saak teen haar tandarts gemaak. Sy het beweer sy kon nie meer eet nadat hy haar vertel het hoe baie gaatjies sy in haar tande het nie. Sy het glo te skuldig gevoel om te eet en daardeur 12 kilogram verloor. En moenie dalk verkeerd verstaan nie – sy het nie gesê sy het te skuldig gevoel om gemorskos en suiker te eet nie. Sy het gesê sy kon NIKS meer eet nie en dit was alles haar tandarts se skuld!

Toesig en beheer gevegte gaan ook lankal nie meer net oor kinders nie. Dit gaan oor die hond, of die kat, of… die goudvis. ‘n Paartjie in Kalifornië het onlangs, gedurende hul egskeidingsgeding, erg baklei oor toesig oor hulle troetel goudvis (wat naamloos bly omdat dit minderjarig is). Die man het beweer hy het die vis gekoop, die vrou het beweer sy het al die tyd vir die vis gesorg. Albei het gesweer hulle kan nie sonder die vissie lewe nie. Uiteindelik het hulle geskik en besluit dat hulle toesig en beheer oor die goudvis sal deel. Die vissie sou een week by die een bly en die volgende week by die ander party.

‘n Vrou het ‘n saak teen ‘n supermark gemaak omdat hulle nie ‘n buisie gebruikte lipstiffie vir haar wou omruil nie. Sy het beweer sy het die lipstiffie gekoop “en dit het van kleur verander” oppad na haar huis toe. Blykbaar het sy die lipstif aangesit toe sy op ‘n eerste afspraak uit is met iemand wat sy ‘n paar dae vantevore ontmoet het. Die man wou haar nie weer daarna uitneem nie omdat die lipstiffie so ‘n aaklige kleur was, het sy aangevoer. Sy het eers besef die lipstiffie is die rede vir die rampspoedige ‘date’ toe sy by die huis kom en in die spieël kyk. Sy het dus die supermark sommer gedagvaar vir haar mislukte liefdeslewe, sowel as vir die feit dat hulle nie die lipstif wil omruil nie.

‘n Man was besig om skaatsplank te ry in ‘n redelik besige straat en besluit toe om aan die agterkant van ‘n trok vas te gryp, sodat dié hom bult op kan trek. Die bestuurder van die trok was glad nie bewus van die man wat agter aanhang nie en maak toe skielik ‘n draai, terwyl hy ietwat te vinnig ry. Die skaatsplankryer is vorentoe geskiet, het van sy skaatsplank afgeval en sy arm en ‘n paar ribbes gebreek. Hy dagvaar toe die trokdrywer vir sy beserings!

Bron: www.lawhaha.com

4 thoughts on “Vreemde hofsake

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s