Die Lewe

Merci

Dis die eerste lentedag in die Kaap, al was 1 September al eergister. Dis my langste, beste maatjie se verjaarsdag vandag. Een van die groot #0’s. Op ‘n stadium het ek haar verloor, maar toe kry ek haar weer terug. Min in die lewe het my nog so bly gemaak.

Vanoggend vroeg het ons al so telefonies heimwee gehad oor die jare wat verby is. Dit voel soos nou die dag wat ons saam skool begin het. En ja, hier binne in die hart se kant sal ons seker altyd daai twee girls bly wat met te kort rokkies saam op een fiets probeer ry het en ons gat figuurlik (en amper letterlik ook) gesien het in die middel van die Paarl se hoofstraat. Sy was my loslit kant, voor die lewe ons ‘n paar klappe gegee het.

Toe ek die telefoon vanoggend neersit, sit ek ‘n hele rukkie net so en “reminisce” en ek dink ook sommer aan alles wat ek nog in my lewe het om voor dankbaar te wees.

Vandag, die eerste mooi lentedag van 2010 in die Kaap, wil ek my dag van dankbaarheid maak.

Dankie vir so ‘n lewenslange vriendskap.

Dankie dat ek gesond is, dat ek oë het om te doen waarvoor ek so lief is – lees, dat ek kan hoor – ek kan my nie my wêreld voorstel sonder musiek nie.

Dankie dat ek bene het om mee te loop, al is ek soms te lui om hulle te gebruik en ry eerder.

Dankie dat ek ‘n werk, ‘n huis, ‘n motor, klere en kos het, want ek vergeet so maklik dat daar mense is wat dit glad nie het nie, wat elke aand honger gaan slaap en nie weet hoe gaan hulle dit deur ‘n volgende dag maak nie.

Dankie dat ek iemand het wat my lief het en wie ek kan liefhê.

Dankie dat ek in hierdie mooi land bly en bo alles dankie dat die misdaadsituasie in ons land nog nooit een van my geliefdes van my gesteel het nie.

Dankie dat my pa en ma nog albei lewe en redelik gesond is en dankie dat ek bevoorreg genoeg was om my kinders te sien grootword.

Dankie sommer vir al die mooi en goeie dinge in my lewe wat ek meeste van die tyd as vanselfsprekend aanvaar, sonder om ‘n oomblik stil te staan en te besef dat ek eintlik geseënd is nie.

En laastens, dankie vir al die goeie mense wat ek al in hierdie blogwêreld leer ken het en wat my lewe elke dag verryk met hulle gedagtes, idees en griffels.

Merci – ‘n Duisend Maal.

16 thoughts on “Merci

  1. Iemand het eendag gesê met moet seker maak dat jy jou blessings met dankbaarheid moet omsoom, sodat dit nie uitrafel nie.
    Jy sê dit so mooi Sons.
    Dankie, ja.

  2. Mooie gedagtes en ek wil saamstem. Daar is so baie om voor dankbaar te wees en ons sien en waardeer so min daarvan. Ons aanvaar dit sommer as vanselfsprekend. Ons het vanoggend, tydens on Loslitdagdinge, ‘n DVD gekyk van ‘n vrou in Upington wat in ‘n rolstoel sit en boonop het sy nie arms nie. Tog lewe sy elke dag voluit. ‘n Merkwaardige mens.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s