Gedagtes

Kersie oppi koek

Kersie oppi koek

Vlam het my vereer met hierdie toekenning. Sy weet dit dalk nie, maar sy is een van daardie mense wat ek nog nooit in die vlees ontmoet het nie, maar wat vir my ‘n hartsuster is. Ek WEET net sommer dat ‘we will get along like a house on fire’ as ek ooit bevoorreg genoeg is om haar eendag te leer ken. Ek weet ook uit ervaring dat ek haar al my skades en skandes kan vertel en dat sy nie sal oordeel nie, want sy is WYS, ver bo haar ouderdom en korale.  BAIE wys!

Om die toekenning te aanvaar, moet ek vir Vlam dankie sê (hierbo gedoen), die toekenning op my blog sit (sien bo) en moet ek ook drie eienskappe van myself noem, waarvan ek hou of dinge wat my die afgelope tyd chuffed met myself gemaak het. Mmm, daai is nogal ‘n ‘tall order’…  maar laat ek maar probeer.

1 . Ek is meestal tevrede met myself en eintlik heel gemaklik in my eie vel. Mense se opinies oor my maak nog net saak tot op ‘n punt en daarna skop my eie gesonde verstand in. Ek vermy mense wat ek weet nie vir my goed is nie en ek probeer meer lag as huil. Ek is ook nie bang om ouer te word nie en vind dat ek geseënd is met goeie gene en redelik grasieus oud word. Ek werk ook ernstig aan die ekstra kilogramme, maar het gevind hoe minder ek daaroor stres, hoe makliker verloor ek hulle. Ek gaan nooit Miss World wees nie, maar ek is okay, net soos ek is. En die dele waarvan ek nog nie geleer het om te hou nie… wel, ek werk daaraan – it’s a work in progress😈

2. Na agt en ‘n half jaar in ‘n goeie, standvastige werk, moes ek verlede jaar kies – of ek trek Johannesburg toe of ek sit sonder werk. Ek het laasgenoemde gekies en ek het vir amper 6 maande omtrent klippe gekou en baie dae gedink ek moes dalk eerder anders besluit het. Ek het slaaplose nagte gehad oor of ek ooit weer ‘n goeie, permanente werk gaan kry, maar ek het vasgebyt en letterlik vir enige iets en alles aansoek gedoen, terwyl  ek ook intussen enigiets gedoen het wat my hand kon vind om te doen. Geen werk was vir my te laag of te swak betalend nie. En uiteindelik het dit vrugte afgewerp. Ek is in Junie permanent aangestel in ‘n pos wat eintlik bedoel was as ‘n BEE pos, maar deur my absolute beste te gee terwyl ek tydelik aangestel was, het ek gesorg dat ek uiteindelik alle ander kandidate stof in die oë geskop het. En ek voel elke dag lekker as ek in my kantoor instap.

3. Ek het uiteindelik my ‘mind’ opgemaak, ek gaan weer studeer. Ek wil my halwe LLB klaarmaak en daarna nog sommer ‘n Meesters en Doktersgraad ook doen. ‘n Professor by UNISA het verlede week vir my gesê hulle het ‘n ou oom van 93 wat nou so pas sy doktersgraad gekry het – so ek is nog lank nie te oud nie!

Ek moet ook my gunsteling foto hier plaas. Daar is so baie, want fotografie is een van my passies, maar “contrary to popular belief” is dit NIE een van Tafelberg nie. Ek het hierdie een gekies, want dit vat twee van my liefdes mooi saam. My liefde vir vlieg en my liefde vir die see. Daar ver onder is my huis en my hart en hier hoog bo is my gees.

Laastens moet ek hierdie toekenning weer aan 5 ander mense gee. Dis eintlik die heel moeilikste deel van hierdie taak, want ek kan sommer net so met die knip van ‘n oog aan meer as 10 dink vir wie ek sou wou noem, want ek lees wyd en daar is nog soveel interessante blogs daarbuite. Na deeglike oorweging en met die idee om bietjie af te wyk van die gebaande weë, maar nogtans by blogs te bly wat ek gereeld lees, gee ek dit aan:

Elf: – hoe dan nou anders – sonder woorde bly jy my ander hartsuster.

Demoerin: – wat deesdae so verlief is, ek wil hom eintlik herdoop na DELIEFIN – omdat ek jou blog elke dag eerste lees. Ja, regtig!

Gardiol: – omdat jy my soms laat skaterlag, soms wil laat huil en altyd iets gee om oor na te dink. Ek wens ek kan jou ken, in die regte lewe.

Anne Bekker: – omdat jy goed soms net so PRESIES raak sê, sommer so asof dit vir jou maklik is om woorde so te toor. En omdat jy in my lief-dorp bly, een van my hart se punte, Paarl. Ek maak nie mense bymekaar nie, maar ek sou jou ook graag wou ken. Ek dink jy is heel besonders.

Stilleke: – die man het ‘n “way with words”. Gaan lees gerus, hy skryf die mooiste goed.

Okay, ek weet ek moes net 5 noem, maar kan ek maar stilletjies nog 2 insmokkel:

Flippiefanus en  Twilight: – Omdat sommer net hulle my ook na aan die hart lê.

Goed, nou is ek klaar. Julle  5 (7) hierbo, doen nou wat ek gedoen het en “spread the love”!

Ciao!

16 thoughts on “Kersie oppi koek

  1. Baie geluk met jou prys! maar veral – sterkte met die studies!!! Ek glo ook dat mens nooit te oud is om te leer nie, en solank jy dit nog kan hanteer, waarom nie????

  2. Son .. jy bly een van die lewe se grootste surprises aan my. Omstandighede het my nie gedwing om n keuse te maak sodat jy in my groep beland nie, dit was n doelbewuste keuse uit vrye wil.

    Want jy bly vir my Sonkind. As ek se ‘keep it real’ .. dink ek aan jou. Want jy lewe unrehearsed, jy neem risikos, leer lesse, jy dink sonder om te aanvaar, jy huil regte trane en as jy lag is dit klokhelder.

    My woorde is lomp vannaand .. maar dis n geskarrel na woorde wat soos botter op toast nie genoeg is om voldoende jou siel te omskryf nie.

    Dankie .. vir die onthou van my .. ek bere dit veilig weg. x

  3. Nou ja, toe, Hartsuster, jy het mooi gedoen. :mrgreen:
    Ek hou van die ‘work in progress’-ding ~ dis mos wat die lewe is, of hoe? En dankie vir een of twee blogs waarvan ek nie geweet het nie! 😉

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s