Die Lewe · Raak gelees

Donker Spore

Dis maar min wat ek in die week na agt in die aand nog TV kyk. Dis my-tyd, wanneer ek sommer net ander lekker dinge doen. Gisteraand vang my oog egter ‘n nuwe program op Kyk-Net. Donker Spore, aangebied deur Sandra Prinsloo. Dit gaan oor opspraakwekkende moorde in Suid-Afrika. Ek sit vir ‘n oomblik en toe bly ek die volgende uur sit. Ek word warm en ek word koud – van woede.

Dis die verhaal van Sharon van Coller en Advokaat Chris Lamprecht. ‘n Verhaal van bizarre emosionele mishandeling. Chris wou ‘n volmaakte minnares en vrou hê. Om Sharon te help om perfek te word vir hom, moes hy haar gereeld straf. Hy het ook ‘n lang lys geskrewe reels opgestel wat Sharon moes nakom. Hierdie reëls moes sy in ‘n laai langs die bed hou en saans op haar knieë voor hul bed vir hom voordra. Dit sou haar help om volmaak vir hom te word.

Chris het ook geweier dat Sharon enige kontak met haar kinders het voordat sy “volmaak” is en het al haar telefoonoproepe nagegaan. Toe sy haar 17-jarige dogter gebel het om haar geluk te wens met haar verjaarsdag, moes sy vir haar straf vier uur lank in ‘n bad yswater gehurk sit.

Chris het haar ook in ‘n stadium gemanipuleer om ‘n oordosis slaappille te drink om haar liefde aan hom te bewys. Verder het hy haar ook soms in ‘n kamer toegesluit terwyl hy ander vroue in die huis onthaal en seks met hulle gehad het.

Ek sidder terwyl ek na hierdie dinge luister en kyk. HOE kan een mens ‘n ander so behandel en intussen vir die wêreld ‘n sjarmante gesig wys, asof botter nie kan smelt in sy mond nie?

Op 15 Oktober 2001 gaan kuier Chris en Sharon by vriende. Chris word woedend omdat Sharon, volgens hom, vir ‘n jong man kyk wat sy hemp uitgetrek het en waarsku haar dat hy haar by die huis só gaan straf dat sy dit nooit sal vergeet nie.

Sy was angsbevange en het nie kans gesien vir nog ‘n aanranding nie, het haar vuurwapen geneem en dit teen haar kop gehou in die hoop dat hy haar sou uitlos as hy dink sy wou selfmoord pleeg. Hy het egter gesê sy is te pateties om haar eie lewe te neem en hy sou haar help. Sy wou nie werklik selfmoord pleeg nie en in die daaropvolgende worsteling, het ‘n skoot afgegaan en Chris is noodlottig gewond.

Op 31 Mei 2003 bevind die hof dat Sharon emosioneel tot die uiterste mishandel is en in selfverdediging opgetree het en word sy vrygespreek van die moord op Chris.

Sharon het self gisteraand in die program gepraat. Sy besef nou dat haar verhouding met Chris ‘n siek verhouding was en dat dinge wat in haar kinderjare gebeur het, haar ontvanklik gemaak het vir die emosionele mishandeling wat ‘n man soos Chris uitdeel om sy eie minderwaardigheid weg te steek.

Snaaks genoeg, in Julie 2007 het ek oor hierdie selfde onderwerp op my ou blog geskryf. Tot vandag ontstel hierdie tipe goed my vir dae lank.

Hoekom is vrouens so dikwels aangetrokke tot mans wat nie vir hulle goed is nie? Mans wat hulle verniel, fisies en emosioneel. En dan is hulle nie by magte om die kringloop te verbreek nie.

Eerstens, wat is ‘n gevaarlike man? Dalk dink jy onmiddellik aan iemand wat fisies geweldadig is, maar daar is ander gedrag wat ook gevaarlik is vir ‘n vrou se emosionele groei en lewenskwaliteit. Daar is mans wat slegs ‘n moederfiguur soek, mans wat teer op emosioneel verwonde vroue, mans wat emosioneel afwesig is in ‘n verhouding, mans wat sielkundige probleme het, verslaaf is aan een of ander middel of selfs aan ander verhoudings. Raak betrokke by so ‘n man en die uiteinde is dat jy jou selfwaarde verloor. Totaal. Hulle bedreig ‘n vrou se veiligheid, finansiële sekuriteit, ondermyn haar selfvertroue en haar gemoedsrus.

Ironies genoeg het die meeste gevaarlike mans nog nooit ‘n vrou geslaan nie, maar die langtermyn skade wat so ‘n man aan ‘n vrou se siel kan doen, is ongelooflik.

Vrouens wat aangetrokke voel tot gevaarlike mans, kom in alle klasse, rasse en ouderdomsgroepe voor. Dis nie net jong en onervare vrouens of meisies wat vir hierdie mans val nie. Daar is ervare, lewenswyse, professionele vrouens wat amper ‘n loopbaan daarvan gemaak het om die een na die ander gevaarlike man te “date”.

Maar hoekom word vrouens, selfs geviktimiseerde vrouens, keer op keer aangetrek deur hierdie gevaarlike mans? Omdat so ‘n man jou in die begin van jou voete af “charm”. Hy is alles wat jy wil hê, wat jy DINK jy wil hê. Hy speel jou soos ‘n kitaar, weet net waar om watter snaar te pluk. Hy laat jou veilig voel – in die begin. En stadig, baie stadig, verander die verhouding. Geleidelik vervreem hy jou van jou vriende, jou familie. Dis dan so lekker, net hy en jy alleen. En dan, op ‘n dag, bars die borrel.

In die begin is hy so jammer na elke insident en jy bly of jy kom weer terug, want eintlik het jy nêrens meer om heen te gaan nie. Jou brue is verbrand, of jy is te skaam om te sê hoe dit regtig in jou verhouding gaan. Jy “cover” vir hom, veral as hy jou slaan. Jy begin selfs later glo as jy hom net beter verstaan sal alles weer regkom. Jy soek die fout orals, behalwe by hom. En meeste van alles, soek jy die fout in jouself. Die hele tyd. As jy dit net só doen, sal hy ophou, of as jy dit net nie só gesê het nie, sou hy nie kwaad geword het nie. STOP!

Jy is besig om SY abnormale en skadelike gedrag te normaliseer. Jy is besig om die res van jou toekoms en lewe op die spel te plaas.

Sandra L Brown skryf die volgende in haar boek: “How to Spot a Dangerous Man before you get Involved.”

All men are not created equal. The dangerous ones are an entity unto themselves, however they do not always look overtly dangerous. If all dangerous men came marked with the sign of Charles Manson between their eyes it would make choosing a relationship a lot easier.

The relationship issues that make men dangerous exceed the normal woman’s knowledge. Most equate dangerousness with only physical violence within the relationship. What makes a man truly dangerous other than physical violence is not taught to the general public. A dangerous man is one who harms women emotionally, physically, sexually, financially, or spiritually due to his permanent condition that is untreatable. What is common amongst dangerous men is their inability to grow, change, or have insight about their behaviour in or out of a relationship. Women with these types of dangerous pathological men will never get their needs met in the relationship and are also at risk of never escaping the relationship. Unfortunately, 9 out of 10 women don’t know even one fact about ‘what’ makes a man pathological or the signs and symptoms of men that are dangerous and permanently disordered.

Dangerous men are either pathological or stray so close to the edge of pathology as to be indistinguishable. These are men who not only do not ever change, but by virtue of what is wrong with them, cannot change, in or out of the relationship. The end result of dangerous men to women is the soul deadening effects that teach her to normalize abnormal behaviour until it is what she becomes primarily attracted to in a relationship. Each go round with another dangerous man in another relationship only entrenches her choices until it is the only type of man she selects. Pathological behaviour begins to look and feel normal.

Sy identifiseer ook 8 verskillende tipes gevaarlike mans:

Die Ewige Klewer: Hierdie man gee jou sakke vol aandag, maar vereis totale toewyding van jou. Jy het geen persoonlike lewe nie. Hy is jaloers op ander mense, isoleer jou en het ‘n lae selfbeeld. Hy dreig gereeld om homself iets aan te doen as jy dalk die verhouding wil verbreek. Hy suig jou lewe uit jou uit. Hy teiken vroue wat voorheen afgeskeep is in hul verhoudings en vang hulle met al die aanvanklike aandag wat hy aan hulle gee. Hy is aangetrokke tot vroue in sogenaamde versorgingsberoepe, soos verpleegsters, onderwyseresse, maatskaplike werkers, ens.

Die Ouer Soeker (Die Klewer se Nefie): Hy soek ‘n ma, nie ‘n maat nie, in ‘n verhouding. Hierdie man funksioneer nie baie goed in alledaagse omstandighede nie, of onderpresteer, om sodoende volwasse verantwoordelikhede te vermy. Hy word net nog ‘n kind waarvoor die vrou moet sorg. Hy teiken ook veral vroue wat daarvan hou om in ‘n versorgingsrol te staan.

Die Emosioneel Onbeskikbare: Hy is getroud, weg van sy vrou, of in ‘n verhouding met iemand anders, maar vertel gewoonlik vir jou dat hy ‘oppad uit’ is uit sy verhouding, maar ironies genoeg kom hy nooit regtig so ver om heeltemal daaruit pad te gee nie. Hy teiken hiper verdraagsame vrouens wat sal wag en wag totdat hy uiteindelik ‘eendag’ beskikbaar sal wees.

Die Geestelike Sieke: Hy kom gewoonlik in die begin heeltemal normaal voor, selfs hoogs talentvol, maar dan begin hy om met sy irrasionele optrede die vrou se lewe moeilik en vreesaanjaend te maak. Om uit so ‘n verhouding te ontsnap is gewoonlik gevaarlik en tydrowend.

Die Verslaafde: Die verslaafde gaan baie keer hand aan hand met een van die ander kategorieë. Soos die Geestelike Sieke en die Geweldadige. Verslawings kan dwelms, alkohol, en selfs ander verhoudings, insluit. Hy teiken soms vrouens wat self ook een of ander verslawing het, maar ook vrouens wat geen kennis van verslawings het nie en dus nie syne sal herken nie.

Die Geweldadige: Dr Jekyll kom baie perfek voor in die begin – hy gee baie aandag aan jou. En dan verskyn Mnr Hyde – hy blameer jou, slaan jou, verneder jou, maak jou seer – enige iets, solank hy te alle tye in beheer is in die verhouding. Na elke martelsessie sweer hy dat hy dit nooit weer sal doen nie en jy glo hom. Tot volgende keer. Hy teiken vroue wat hoogs toegewyd en getrou is in ‘n verhouding.

Die Weggesteekte Lewe: Hierdie man het ander vrouens, kinders, siektes, kriminele rekords, gevaarlike werk/stokperdjies of lewens wat hy wegsteek. Hy hou van vrouens wat hom sal beskerm, selfs nadat hulle uitgevind het van al die geheime wat hy wegsteek, juis omdat hulle in ‘n verhouding met hom is.

Die Emosionele Uitbuiter: Hy het ‘n sesde sintuig vir ‘n vrou se behoeftes, haar swak plekke en haar seer plekke. Hy is ‘n verkleurmannetjie wat homself instel op haar lyftaal, wat sy sê en wat sy doen en hy pas homself aan om in haar behoeftes te voorsien. Soms is dit om toegang tot die vrou se kinders te kry, soms is dit om net afpakplek te kry, sodat hy nie hoef te werk nie. Vrouens uit vorige verhoudings waar daar nie aan hulle emosionele behoeftes voldoen is nie, pas geskeide vrouens, vrouens wat toegegooi voel onder ouerlike verantwoordelikehede, eensame vrouens, is gewoonlik sy prooi.

Natuurlik is daar net so veel, en meer, goeie en ordentlike mans daar buite. En natuurlik is daar ook vrouens daar buite wat in van dieselfde kategorieë as hierbo kan val en mans ook misbruik.

Wat ook al die geval, pasop vir die opwinding van ‘n gevaarlike verhouding. Jy gaan dalk baie langer huil as wat die verhouding geduur het en die uiteinde kan baie maklik fataal wees.

13 thoughts on “Donker Spore

  1. Dis verskriklik! Dit moet ‘n absolute siek “mind” wees wat sulke goed doen aan ‘n ander. Ek glo nie ons sal ooit verstaan hoekom sommige vroue in so verhouding bly nie. Die ergste vir my is dat daar soms kinders betrokke is wat sien hoe pappa vir mamma behandel en grootword met die idee dat dit “normaal” is – “and the circle continues”. Sad.

  2. BB, as ek sulke goed sien en hoor en lees, dan dink ek altyd heel eerste: “There, for the grace of God…”

    Hoekom laat vroue sulke goed toe? Ook daardie antwoorde verskil van vrou tot vrou. Party van ons se kinderdae makeer absoluut niks, maar dan kies ons doodeenvoudig die verkeerde man en ons lewens is net nooit weer dieselfde daarna nie. Of jy dit nou regkry om uiteindelik uit so ‘n ‘abusive’ verhouding te ontsnap, die letsels dra jy lewenslank met jou saam en dit word bagasie in elke ander verhouding daarna, selfs al gaan jy vir berading.

    En Sharon? Sharon se eie ma het haar tussen die ouderdomme van 2 en 4 jaar gereeld alleen gelos, vir dae aaneen, met somtyd net ‘n bietjie kos en water in ‘n hondebak op die vloer. Op die ouderdom van 4 jaar is sy uiteindelik permanent weggevat van haar eie ma en is sy aangeneem deur pleegouers. Need I say more? Sy sou enige iets doen vir liefde en aanvaarding en Adv Chris ‘saw her coming’. Tot watter mate sy vir hom die wet sou oortree, sal ons nou nooit weet nie. Al wat ek weet, of dan persoonlik dink, is dat hy presies verdien het wat hy gekry het. In my hart en in my kop sal daar NOOIT genade vir vroue- en kindermishandelaars wees nie.

    1. Dis so sad, want sy het moontlik sonder enige gevoel van liefde en aanvaarding grootgeword. Daai ou het dit uitgebuit… en al het hy haar so behandel, het sy tog nog gevoel sy behoort iewers, hoe warped die gedagte vir ons ookal mag wees. Dis moer sad.

  3. Hierdie is obviously die extreme. Daar is tientalle verhoudings ‘daarbuite’ wat in mindere mate (sonder dalk fisiese misbruik ens.) baie beslis op die drumpel van ‘gevaarlik’ hover. Klein goedjies, soos bv toegang tot vriendekringe, eie tyd ens word beperk en die vrou verheerlik haar in : “Hy’s so lief/goed vir my – hy wil my net vir homself hê…”. Siende blind vir alle waarskuwingstekens.
    Dit is bewys dat daar ongelooflik baie sulke wandelende ‘bomme’ rondloop – en dit vat soms net een trigger om van die ‘pie-in-the-sky’ minnaar in ‘n monster te verander.
    Ek het ‘n teorie oor ‘hoekom vroue dit toelaat én bly’. Maar ek wil nou niemand vandag de dinder in maak nie. En ek weet elke verhouding het sy eie unieke storie en elke slagoffer/oortreder sy eie unieke oorsaak en rede – maar daar is raakvlakke met ‘n horde ander omstandighede waarin persone (ons almal seker maar) hulle bevind, wat daarop dui dat ons almal uiteindelik heeltemal instaat is om in minder of meerdere mate beide soorte ‘spore’ te loop of agter te laat – – dié van oortreder sowel as slagoffer.
    Ek weet nie of ek sou lus wees om uit te vind of die ‘arme’ oortreder ‘n sad childhood gehad het nie – of sy mamma hom snags nag gesoen het en of sy pa langs die rugbyveld gestaan en cheer het nie… regtig nie, MAAR ek gee om om te weet wat daardie vrou só weerloos laat. Want dit, nes die oortreder se beweegrede – MOET ultimately ook teruggetrace kan word na die een of ander ‘jammer ek leef’ of ‘arme klein ekke’ of aandag-behoeftige eienskap.
    Snaaks tog die fyn lyn waarop ons loop, nê? Sharon word verskriklik jammer gekry. ‘Barbie’ daarenteen verafsku. Ek wonder nou tog net, sou Sharon ook instaat gewees het om vir Chris slagoffers te lok ás sy sick mind dit vereis het?🙄 Dankie tog hy het nie! en dankie tog sy was nie…
    Tja – en dan natuurlik nog ‘n laaste dingetjie – die ego… hoeveel van ‘n rol het dit (spesifiek in die vroue/slagoffers se geval) gespeel?

  4. Sjoe, ek is nou sommer teleurgesteld dat ek daai program gemis het. Sal nota maak vir volgende week.
    Dis sad, want ek kan nie myself voorstel wat een persoon dryf om so teen ‘n ander op te tree nie. Mens speel nie met ander se lewens nie, nooit nie!

  5. Het nie die program gesien nie, maar sal uitkyk daarvoor.
    Het jy al die boek RUITEVROU van Marethe Maartens gelees.
    Dis ook ‘n ware verhaal en ek het destryds die hofsaak in BEELD gevolg.
    Ek het die boek in een sitting deurgelees! Ek kon dit net nie neersit nie!

  6. Aan die een kant voel mens hulle moet die doodstraf terugbring vir sulke mense. Aan die kant laat dit my dink aan die inskrywing van Roer die ander dag wat praat van die effek wat die gebrek aan ‘n vader op kinders het. Miskien is gevaarlike mans meestal ‘n produk van die manier wat hulle groot geword het. Miskien is dit een manier om uit te vind of iemand gevaarlik is. Vra hom uit oor sy kinderjare.

    1. Dis ook nie regverdig nie. Baie mense wat `n aaklige kindertyd gehad het word groot om goeie lewens te lei en gebruik die voorbeelde uit hulle kinderdae as `n gids hoe om NIE te lewe nie.

  7. Sjoe… Dis nie nice om die te lees nie… Hind sight is wonderlik en na die tyd kan jy die gevaartekens sien… Jou kop skud en aan beweeg.

    Maar ek kan nie vir jou se hoekom jy nie van so verhouding kan weg stap nie. Niks kan jou maak weg stap nie, al is jy hoe ongelukkig. Jy begin glo jy is die rede hoekom hy so optree en jy verdien nie beter nie. Fok weet wat die sielkunde daar agter is.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s