Raak gelees

Kleinste Volmaan van 2010

Kleinste Volmaan 2010

Dis nou seker effens mosterd na die maal, maar Dinsdag, 24 Augustus 2010, se volmaan was die kleinste, flouste volmaan van hierdie jaar.

Alhoewel dit waar is dat die maan besig is om te krimp, is dit nie die rede vir eergisteraand se klein, dowwe volmaan nie.

Teen 2vm ET (wat ongeveer 6 ure agter ons tyd is), op 25 Augustus, was die maan in apogeum, wat beteken dat dit die verste van die aarde af in sy ovaalvormige wentelbaan reis. Op sy naaste aan die aarde, sê ons die maan is in perigeum.

Perigeum en apogeum gebeur elkeen omtrent een keer per maand. Maar die maan wankel soos dit wentel, wat beteken sy presiese afstand met perigeum en apogeum verskil deur die jaar. Die maan se fase kan ook verskillend wees gedurende elke apogeum en perigeum.

Die maan was amptelik vol teen 1:05nm ET op 24 Augustus. Volgens die Indiane in Amerika se tradisie, word Augustus se volmaan die steur (soos in steurvis) maan of die groen koring maan genoem. ‘n Paar ure later was die maan in apogeum – 406 389 kilometer weg van die aarde af.

Die naaste en dus die grootste en helderste volmaan van die jaar was op 30 Januarie, toe die maan net 356 593 kilometer ver van die aarde af was, m.a.w. ongeveer 50 000 kilometer nader as eergisteraand. Dit het veroorsaak dat die maan ongeveer 12 persent kleiner voorgekom het as einde Januarie.

Die grootste invloed van die maan op die aarde is natuurlik op die getye. As gevolg van die kleiner, verder maan, is die uitwerking op die getye ook omtrent 15 persent swakker as gewoonlik. Die verskil is egter so subtiel dat net ervare seevaarders regtig iets sou agterkom.

Vir mense wat gereeld na die maan kyk, sou dit nie dadelik opmerklik gewees het dat die maan flouer is nie, maar foto’s sal wel aandui dat die maan ‘n bietjie kleiner as ander volmane was.

Volgende jaar se grootste, helderste maan is op 19 Maart, terwyl die volgende verste, kleinste maan op 12 Oktober sal wees.

Nou wonder ek of mense wat met die maan gepla is ook meer of minder mallerig is met die apogeum en perigeum?

(Doen ‘n maan mites en misteries quiz hier en kyk hoeveel weet jy van die maan se geheime.)

Bron: National Geographic News (Andrew Fazekas)

6 thoughts on “Kleinste Volmaan van 2010

  1. Interessant. Van dinge in die hemelruim gepraat (sonder om die onderwerp vanaf die maan te verskuif), wie het onlangs na die son gekyk, veral wanneer hy net so bokant die horison uitsteek en mens hom reg in die oë kan kyk sonder om blind te raak? Wanneer jy hom selfs van naderby met ‘n verkyker kan bekyk? Die nuutste sonkol is duidelik sigbaar!
    Maar ek moet saamstem – ek dink die maan het beslis minder van ‘n invloed. Die Irishman is definitief nie so kens as wat sy was met ‘n nabye maan nie…

  2. Ek het soos in maande lank nie die maan gesien nie. Is daar nie vanaand ook ‘n tipe maansverduistering nie? Noem my maar mal, ek weet nie, dalk sal dit die waarheid wees. Ek het al in talle plekke in die ou landjie van ons gewoon. Wanneer ek opgekyk het, was die son/maan altyd presies waar ek dit verwag het. In die plek moet ek dit altyd soek. Ek kon altyd taamlik akkuraat die tyd skat ook. Hier is ek wragtig altyd verkeerd.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s