Die Lewe

NIE vir sensitiewe siele nie

LET WEL: NIE VIR SENSITIEWE LESERS NIE

Ek het al geleer om nie toe te laat dat te veel dinge my gat krap nie. Ek het al geleer om mense te aanvaar vir wie en wat hulle is en as hulle my nie aanstaan nie, net verby te hou. Ek het al geleer om my bek van ander mense af te hou, want dalk doen ek ook dinge wat die wit waks uit hulle irriteer. Basies het ek dan seker geleer ‘to live and let live’.

Maar soms, net soms, dan loop ek iets/iemand raak wat my so de bliksemse wetter in maak dat ek doodeenvoudig nie my bek kan hou nie. En ja, ek gaan nou heelwaarskynlik onwetend op iemand se tone trap, maar hierdie keer voel ek ‘n kontinentale flippin veer. As jy saam met die varke wil speel, moenie huil as hulle jou bemors nie!

Wat de fok gaan op Facebook aan? Ek verstaan dat daar mense is wat vir hulle ‘n ekstra profiel skep om die speletjies te speel, soos Farmville, Café, ensovoorts, so ek het nie ‘n saak met hulle nie. Hulle gebruik ook gewoonlik heel onskuldige profielname.

Maar deesdae steek daar ‘n vieslike ding kop uit. So aan die regterkant kom mos gewoonlik sulke “friend suggestions” op. Ek het eers gewonder hoe en hoekom FB hulle aan my wil vasplak, want met sommige het ek geen vriende in gemeen nie, totdat ek later agtergekom het FB plak hierdie mense sommer lukraak daar regs vas, by enigiemand se profiel.

En so het ek nou al ‘n paar regtig agterlike profiele raakgeloop op FB. Een van hulle is ene Matilda Roespoes. Ja, sy verdedig haar van met die feit dat sy glo nie kan help nie, want sy is van Hollandse afkoms. Hollandse afkoms se GAT! Ek wonder of dit haar verskoning ook is vir haar vieslike taalgebruik. Sies, demmit!

Kyk, ‘n grap is ‘n grap, maar hel, mens moet tog darem seker weet waar om die streep te trek. Kyk jy na haar vriende en haar vriende se vriende, dan kom jy name soos dié teë:

Frikkie Visvingers; Peester Grotenvogel; Goeie Diep Indruk; Kanniks Poesini; Luilekker Losclit; Mitzi Draatrek; Piellitjie De Skrik; Poes Jacobs; Skurwe Tril; Stella Hangpram; Dikpiel Appostel; Doptril Kaasvreter; Knaters Vroetelvinger, en nog vele meer.

Natuurlik sal hierdie mense nooit hulle ware gesigte wys nie, want by hulle vuil bekke is hulle nog donnerse lafaards ook!

Nee hel man, g’n wonder die wêreld dink nog al die jare lank die Afrikaner, en eintlik spesifiek die Afrikaanse mense, is fokkin kommin en agterlik nie. En ja ja ja, ek weet ek HOEF NIE die mense se goed te gaan lees of opsoek nie, maar daar is kinders op FB, mense wat net daar is om kontak te behou met hul familie in ander lande, en van hierdie mense hier bo se ‘Wall’ is oop vir almal om te lees en die taalgebruik is ver, VER onder die belt. Die mense se name kom sommer net op aan die regterkant, so enige een kan op ‘n geleentheid dit raaklees.

Ek skaam my vir my nasie. Ek sien nie sulke Engelse profiles op FB nie, so is ek verkeerd as ek aanneem dis net ‘n ding wat onder ons Afrikaanse mense kop uitgesteek het?

Wel, ek is beslis nie ‘n kloosterkoek nie, inteendeel. Maar ek wil REGTIG nie iemand ken wat homself so laag maak op ‘n openbare blad nie. Sal jy saam met so iemand, wat sulke taal gebruik en homself so gedra en voorstel, in die openbaar verskyn, soos byvoorbeeld by ‘n restaurant of ander kuierplek? I just don’t think so!

Ag nee hel, mense!

11 thoughts on “NIE vir sensitiewe siele nie

  1. Ek neem aan hierdie mense dink dit is snaaks (soos in humor), om sulke name uit te dink. Ek kon nog nooit verstaan waarom ons Afrikaners altyd onder die belt moet gaan soek vir humor nie… nodeloos om te se dat Casper de Vries ook nie my gunsteling komediant is nie. ‘n Stout grap is een ding, maar mens kan darem subtiel wees.

  2. Ja vrou, ek is self nie ‘n kloosterkoek nie, maar dis een van die dinge wat my net so geirriteer het van Facebook. Dit het soos ‘n drein pyp geword.

  3. Bedaar Vrou, bedaaaaaar, sou my Oupa gesê het… ek is uit tyd uit ☼’s – intussen, tap ‘n lekker skuimbad, skink ‘n glasie ietsie, vra die liefie om die nek te message en dan chat ons môre, ja??
    Lekr aandjie x

  4. Bly om te hoor Farmer Jane pla jou nie! Ek hoor wat jy se oor die FB storie. Iets is nie meer lekker nie. En dis al of dit die Afrikaanse mense is. En van wanneer af is kommin snaaks?

    Ek dink mens kan sekere profiele by FB aangee.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s