Raak gelees

Leerlinglisensie na 950 probeerslae!

As ons  ooit gedink het dit is moeilik om deesdae in Suid-Afrika ‘n bestuurslisensie te kry met die eerste probeerslag, dan moet ons liewer nie in Korea gaan probeer nie.

In Februarie het Cha Sa-soon reeds vir die 775ste keer haar leerlinglisensie gedop. Cha, ‘n 68-jarige ouma van Suid-Korea het sedert 2005 omtrent elke tweede dag haar toets gaan skryf, maar kon nog nooit daarin slag om die vereiste 60 persent te behaal nie.

(Wel, ten minste is daar darem nie sulke lang waglyste in Korea soos hier by ons nie)

‘n Ruk gelede het ouma Cha toe uiteindelik geslaag, na haar 950ste probeerslag!

By navrae het die polisie net gesê dat sy die toets “al honderde kere geskryf het”, maar die plaaslike media het die spesifieke aantal kere bekend gemaak. Cha sê dat sy die lisensie nodig het vir haar groenteverkoop besigheid, so dit is goed dat sy dit geslaag het voor sy aftree (of doodgaan!).

Choi Young-chul, ‘n polisie-offisier by die agentskap in Jeonju, waar die dramatiese lisensie-slaag-episode plaasgevind het, sê dat Cha presies 60 persent in die toets behaal het.

(So, ouma Cha skraap op haar nerwe deur)

Offisier Choi het ook gesê dat, noudat Cha uiteindelik haar skriftelike toets geslaag het, sy nog net nodig het om die bestuurstoets af te lê voordat sy amptelik en wettig die pad kan vat. Hy het egter versuim om aan te dui wanneer Poging 1 in hierdie reeks gaan plaasvind!

Raak gelees by www.loweringthebar.net

6 thoughts on “Leerlinglisensie na 950 probeerslae!

  1. Dit was hier ook in die koerante ‘n ruk gelede! Hulle is nogal streng met die actual liksens kry hoor. Jy moet ‘n seker hoeveelheid ure d.m.v ‘n bestuurskool op die pad deurbring en dit self kos ‘n plase prys en om dan vir die toets te gaan is glo ook ‘n duur storie…

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s