Raak gelees

Gooi weg die vurke!

(Ek gaan vandag kroek en iets plaas wat ek 3 jaar gelede op my ou blog geplaas het, net so effe geredigeer. Gelukkig is hier genoeg nuwe lesers dat dit dalk vir hulle ook interessant sal wees.)

Van ek kan onthou, eet ek my kos met ‘n lepel, as dit enigsins moontlik is. Ek het ook al ‘n paar keer moes hoor dat net mense wat in die tronk was, verkies om met lepels te eet, of afgeleer het om met ‘n mes en vurk te eet.

Wel, dan is dit darem een aspek waarmee ek nie sal sukkel as ek die dag die moord pleeg wat ek soms lus is om te pleeg en dan tronk toe gaan nie. Hulle hang mos nie meer mense nie, so ek sal dus genoeg tyd hê om met my lepel te eet.

Sommige goed eet net lekkerder met ‘n lepel, soos roereiers, rys, sousboontjies, ertjies, ensovoorts. Vleis is natuurlik ‘n ander storie en daarvoor het mens soms ‘n mes en vurk nodig, behalwe met braaivleis – wat mens sommer met die hande eet! Ek het natuurlik ook ‘n ander snaakse streep – ek hou nie van vleis met bene in nie. Nie dat ek dit nie eet nie, ek haal net eers al die bene uit, of sny die vleis van die bene af, gooi die bene weg en DAN eet ek. Met hoender kan mens dan nogal hoender ook met ‘n lepel eet.

Ek weet egter darem wel hoe om my te gedra en die regte eetgerei te gebruik as ek aansit vir ‘n dinee of iets dergeliks. Dis nie asof Emsie Schoeman haar sal skaam vir my nie. Dalk is die lepel etery eerder ‘n bewys van my Afrika mentaliteit – soos om die pappot sit en met die lepel en hande te eet!

Toe lees ek anderdag dit was eintlik vir ‘n baie lang tyd skandalig om met ‘n vurk te eet. NOU het ek ‘n lekker verskoning.

Vurke is vir die eerste keer in die Middel Eeue gebruik, maar dis as skandalig beskou om met een te eet. Gedurende die 11de eeu, is ‘n Griekse prinses dood kort na haar troue met ‘n Venesiese Doge (hoofmagistraat), Domenico Selvo. Dié Griekse prinses het vurke by haar troue gehad en haar dood is gesien as ‘n goddelike straf – oor die vurke nou!

Vurke was reeds sedert die 11de eeu ‘n gereelde verskynsel op die tafels van die Italiaanse adel en is sedert die 14de eeu gebruik in Frankryk. Vurke is egter eers in 1611 in Engeland bekendgestel, deur Thomas Coryat, deur sy boek “Coryat’s Curdities Hastily gobbled up in Five Months Travels in France, Savoy, Italy, &c.” Selfs in daardie tyd is daar van hom ‘n bespotting gemaak omdat hy die gebruik van vurke aangemoedig het. Hy is “Furcifer” genoem, wat vurkdraer beteken.

Die hoër stand in Spanje het vurke gebruik gedurende die 16de eeu. ‘n Bewys hiervan is die groot verskeidenheid vurke wat herwin is van die wrak van die skip, La Girona, wat gesink het aan die Ierlandse kus in 1588. In 1630 het die Goewerneur van Massachusetts, ene Winthrop, die eerste en enigste vurk besit in koloniale Amerika.

Waarmee het mense dan geëet voor vurke gebruik is? Hulle het houtlepels, messe en natuurlik hulle hande, gebruik. Antieke Fidjiane het meeste maaltye met hulle hande geëet, maar het ‘n spesiale houtvurk gebruik vir maaltye bestaande uit mensvleis!

Vurke, meestal twee-tand, was bekend as gesplete lepels, alhoewel daar wel voorbeelde is van vier- en vyftand vurke nog voor die 1600′s. Die viertandvurk het eers in die laat 1800′s gewild geword.

In die konserwatiewe dele van Thailand, word dit nog steeds as skandelik beskou om kos met jou vurk na jou mond toe te bring. Jy gebruik slegs die vurk om die kos in jou lepel te hou, terwyl jy die lepel na jou mond toe bring.

Ek dink ek moet in Thailand gaan kuier, nog voor ek Suid-Amerika toe gaan!

14 thoughts on “Gooi weg die vurke!

  1. ek hou meeste van met ‘n lepel eet en dan een verder ek hou meer van ‘n plastiek lepel want dit maak nie my tande soos metaal proe nie.
    ek is net vol strond.

    Maar dis darem lekker as jy nie alles hoef te balanseer tot by jou mond nie. lekker vol happe

  2. Baked beans eet ek mette lepel – sommer so uit die blik – baked is is een van my stapelvoedsels… dis vir as ek vergeet het om te eet, of te lui is om vir my iets te maak om te eet of as ek weet ek moet nou eet en het nie die tyd of inclination om iets te maak nie. Ek looooooove maked beans:mrgreen: – en nee, contrary to popular belief woed daar geen storm(pies) binne my nie😉
    Verder eet ek sekere goed by default mee my se hanne – chips, ‘n hamburger, toasted toebies… sulke goed. Die Helge het al vrede daarmee gemaak. Hy eet AL daai goed met ‘n mes en vurk. Op ‘n bord… dis nogal vir hom real effort om by ‘n fees/kermis uit ‘n papiersakkie of houer met die hande te moet eet… as ons dan iewers nog plat oppie g@t moet ‘parkeer’ vir ete is hy ‘n vreeslike sad sight😆 Ek kan hom nog nooit ander oortuig het nie – en soek gewoonlik ‘n plekkie uit waar ons darem ‘n blad/tafel het. Ek haat darem ook staan of loop en eet…
    Ehhhhmmm waar was ek?? Oja – lepel… ek’s MAL oor lepel… veral lepellê:mrgreen:

      1. Jip – sweetcorn is ook lekker uit die blik.
        Baked beans, gekapte gebraaide uie, biiiiiietjie kerriepoeier oorgesprinkel en ingeroer net voor die uie reg is – roer die bone by. Njam!!

      2. Ek hou nie van ertjies nie… juis oor die rede dat dit so moeilik is om hulle met ‘n vurk te eet… miskien moet ek oorslaan lepel toe en begin om ertjies ook te geniet?

  3. “Antieke Fidjiane het meeste maaltye met hulle hande geëet, maar het ‘n spesiale houtvurk gebruik vir maaltye bestaande uit mensvleis!” Oh my soul! Hulle mammas het hulle seker geleer om nie aan mensvleis te raak nie.:mrgreen:

  4. Ja, wat maak dit eintlik saak waarmee jy eet? En ai toggie, dis tog maar ‘n gesukkel om TAFELMANIERE vir jou kinders te leer! Solank ons net toemond kou, maak dit regtig saak waarmee die kos in ons toe mond kom>??

  5. Interessant. Ek gebuik maar volgens wat ek eet… as dit rys en souserig is sal ek gryp virrie lepel, of soos byvoorbeeld roerbraai op rys. As daar egter vurk en lepelkos op my bord is (bv bord boerekos), sal die vurk wen. Nog nooit eers so daraan gedink nie, hehehe.

  6. My Ouma het ook altyd verkies om met ‘n lepel te eet. Sy’t gesê ‘n lepel eet net lekkerder. My ou Sara het my geleer om pap met my hande in bolletjies te rol en te eet maar sy’t darem my hande mooi gewas voor Ouma van die werk af gekom het.

    1. Spaghetti eet ek met ‘n groot lepel en vurk – die lepel gebruik ek om die spaghetti wat ek tipies Italiaans om die vurk gedraai het, mooi daar te hou terwyl ek dit mond toe bring🙂

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s