Die Lewe

‘n Rare Juweel

Soms is mens so verskriklik ‘blessed’ om iemand te kan ken, om daardie persoon jou vriend/in te kan noem.

Baie mense kruis mens se pad in die loop van jou lewe. Sommiges sien jy een keer en nooit weer, maar jy onthou hulle vir altyd. Ander sien jy dalk gereeld, maar hulle maak nooit enige noemenswaardige indruk op jou handel en wandel nie. Ander leer jy ken en dan verloor jy die vriendskap deur afstand, misverstand of iets dergeliks en jy bly vir altyd hartseer daaroor, want jy het iets kosbaars verloor en jy weet daar sal altyd ’n gaatjie in jou hart wees waar daardie vriendskap se plek was.

Van skooldae af het ek ’n sak vol kennisse gehad, maar net ’n hand vol vriende. Soos my ouma altyd gesê het, ”My kind, maak jou vriendelikheid goedkoop, maar jou vriendskap duur.”

Met die verloop van jare het my vriendskap figuurlik gesproke al hoe duurder geword. Mens leer lesse, jy leer minder vertrou en twee keer dink voor jy iemand ’n vriend noem, en nog meer kere dink voor jy jou volle vertroue in ’n vriend plaas.

En dan, sonder dat jy dit verwag het, sonder dat jy dit selfs eers gedink het, loop jy ’n  rare juweel raak. Iemand met wie jy net WEET – jy het hier iemand leer ken van wie daar bitter min gesaai is. En jy weet jy is bo verdienste geseënd.

Dankie vir vandag, Beeps. Die kuier saam met jou was vir my soos water na ’n lang reis deur ‘n dorre woestyn. Ek is net spyt oor een ding – dat jy nie nader aan my bly nie!

Some people come into your life for a reason, a season or a lifetime.

Ek hoop jy is in myne vir a lifetime.

12 thoughts on “‘n Rare Juweel

  1. Ek is so bietjie off topic ek weet maar … hey Goose? Kan jy glo, Apollo is hierdie maand 7 jaar oud? Ek het vandag vir die eerste keer “Senior 7+” vir hom gekoop. Sy ‘Toppie is nou net so oud soos hy.😉

    Vir altyd sal ek aan julle twee verskuldig wees vir die vreugde wat hierdie hond vir my gebring het.

  2. Laat ons mekaar waardeer en maak reg die misverstande? My koffie en engeltjiepiepie rare goue juweel het ek verloor weens ‘n misverstand en voor ons dit kon uitklaar het – wat kan jy so ‘n persoon, nee hy is nie eens ‘n persoon nie, noem besluit hy vat sy 4×4 en execute hom. Waar kry jy weer so ‘n JUWEEL? Groete vir al julle se pêle saam.

  3. Oits Sonnemarie, humble jy my darem nou vreeslik😳 Jy wéét die voorreg en blessing was myne! Dat ons mekaar doer onner ini ‘tonnel’ van die ‘Hillbrow-malltjie’ moes raakloop – en mekaar maar net weer gekén het, nê? Sommer netso raakgesels het van die eerste bear-hug tot die laaste koebaai – sonder briek of voorbehoud – ek’t jou nog so eenkeer agternagekyk vir oulaas toe jy daar wegtrek en gedink: ek kén haar wragtig en nou gaan ek haar nog mis ook…
    (As ons so kan bond oor ‘n koffie of drie – imagine net ‘n botteltjie engeltjiepiepie tussen die twee van ons🙄 )

  4. Daar was nie een nie, maar TWEE juwele by daardie kuier vandag. Albei ewe spesiaal in hulle eie manier.
    And our lives are richer for having met them both.
    Hoop julle het die kuier geniet en dat jy vir BB omgepraat kon kry om syntoe te trek!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s