Die Lewe

As…

As… ek vandag ‘n besem in die hande kry verander ek sweerlik in ‘n heks en vlieg weg.

As… ek kon toor, het ek vandag alle mense in standbeelde verander.

As… ek BAIE geld gehad het, het ek vandag vir my ‘n eiland in die middel van die Bermuda  Triangle gekoop en daar gaan wegraak.

As… is ongelukkig net verbrande hout.

23 thoughts on “As…

  1. Stillekke – welkom hier – jy moet net langer bly – dit gaan nog lekker raak hier😈

    BB – ek eet nie Smarties nie, maar Jelly Tots wel🙂 (ek het geluister!)

    DMI – ek het nogal so lang verlengkoord – een van daai wat mens in ‘n karavaan gebruik😉

  2. Of `n foto wil post van die brandende … besem?
    Is maar die Winter blues, dit sal ook verby gaan soos die WBS 2010 met sy vuvuzelas ook genadiglik verby gegaan het.
    Skryf vir ons sodat ons weet jy leef nog!

      1. Koop ‘n boksie smarties – eet eers allie bloues op! Bêre die ander ini laai en sien hoe lank dit jou vat om lus te raak daarvoor… dis my raad virrie dag:mrgreen: – Lus, skat, vat partykeer taking one small step – die res van die lyf moet follow!!
        So, klim daai besem – en rrrrrrrrrrry hom bloots (steel ek nou Dellie se slogan:mrgreen:

  3. Onthou net: as die stekels/hare begin vorentoe wys, is dit tyd vir ‘n nuwe een – anders het jy gras in jou . . . hol daar om die dammetjie . . .

  4. Ek is blootgestel aan ‘n nuwe tegniek: fake happiness. Ek glimlag heeltyd en probeer die positiewe in alles raaksien. Moet sê dit het die laaste 3 dae so goed gewerk dat ek nou werklik gelukkig voel. Probeer gerus self…

  5. Koop daai eiland miskien vang jy ‘n magic vissie wat wegraak as jy hom uit die water trek. A bad day of fishing is better than a good day at the office.

  6. Ai tog, Tannie Gypsy

    Gryp die besem en vee die wat aanstoot neem by die deur uit. Alternatief, vat die besem en looi hulle tot hulle skoert.

    (En nou gaan kruip ek in my bos weg voordat ek met die besem kennis maak).

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s