Die Lewe

Amper klaar

Vir die laaste maand was daar op die meerderheid mense se lippe net een woord…  en ja, jy hoe nie ‘n rocket scientist te wees om uit te figure wat nie… SOKKER!

Binnekort is alles verby. Dis waar, ja. Alle goeie dinge kom tot ‘n einde. Maar mag ons maar hoop dat alle slegte dinge ook naderstaan einde se kant toe?

Mag die hoop nie beskaam dat daar iets van hierdie ongelooflike gees sal agterbly na die sokker. Ek was nog altyd trots Suid-Afrikaans. Ek het nog altyd geglo ons kla baie maal maar met ‘n witbrood onder die arm. Ek is nie blind vir ons land se foute, gevare en misdade nie, maar dis nie al wat ons land het nie. En die laaste maand het dit bewys.

Ek, en ek glo duisende ander soos ek, het voorheen minder as niks geweet van sokker af. As ek voorheen per ongeluk op ‘n TV kanaal ingeskakel het waar daar sokker gespeel word, het ek onmiddellik die kanaal verander. Ek het geensins eers vaagweg vermoed dat die gogga my so sou byt nie.

En toe is dit aansteeklik soos masels.

Kon ek die horlosie terugdraai, sou ek definitief ten minste vir een wedstryd kaartjies gekoop het. Maar toe moes ons maar tevrede wees met die FanFest, en ek kla nie. Dit was ‘n onvergeetlike ervaring.

My gunsteling spanne het een vir een uitgeval en ek het ook ‘n paar keer gevoel om soos die sokker drama divas op my knieë neer te val en hartstogtelik aan die huil te gaan. Veral Saterdag, toe Duitsland vir Argentinië so lelik afgeransel het.

Dit was juis die dag wat ons gekies het om Kaapstad toe te gaan, vol hoop en vertroue dat dit ‘n ligblou dag gaan wees. Toe word dit ‘n swart en rooi dag.

Maar nevermind dit, ek het in my hele lewe nog nooit so baie mense bymekaar gesien nie. Agterna het ons gehoor daar was 300 000 mense in die stad. En ongeag die baie mense, was daar nie een ongewenste insident nie. Almal het hulle min of meer onberispelik gedra – dis nou as jy nie in ag neem dat die ligbloues somtyds probeer het om die rooiswartes weg te blaas met die Vuvuzelas nie. Ek pleit self skuldig hieraan – ek sou darem SOOOO lekker gekry het as ek die Duitse vlaggie op die vroumens voor my se kop aan die brand kon steek, net so half per ongeluk. Maar nou rook ek nie en niemand wou vir my ‘n lighter leen nie.

Op die treine, op die sypaadjies, in die FanFest – oral – het mense geloop, gestaan, gepraat, GELEWE… in VREDE. En oppad terug, op ‘n stampvol trein, so vol dat mens maar net kan staan sonder om vas te hou en die trein se ruk laat jou nie eers omval nie, het Argentynse ondersteuners en Duitse ondersteuners skouer aan skouer gesit en sing om die tyd om te kry terug huis toe – van Wave your Flag tot by Baby Chocolates.

Ek het meer as een keer Saterdag met ‘n knop in my keel gestaan en sluk-sluk. Omdat ek wou bars van trots. Vir so lank was ons die wêreld se muishond, baie min (en ek is ook een van die skuldiges) mense het geglo Suid-Afrika kan die Sokker Wêreldbeker suksesvol aanbied.

En toe doen ons dit. En ons doen dit nie net nie, ons doen dit ORDENTLIK en in styl. Ons doen dit so goed dat daar nog vir jare positief gepraat gaan word oor ons. Ja, dis nie die paradys hierdie nie, maar selfs die paradys het ‘n ondier gehad. Mag ons as Suid-Afrikaners van hier af die grondslag wat hierdie byeenkoms gelê het, optel soos ‘n wapen en mag ons saam-saam die ondier van korrupsie, misdaad, volksmoorde, en alle dinge wat hierdie wonderlike land van ons se vreugde en vrede bedreig, se kop af kap!

Ons vir jou, Suid-Afrika. En vir nou, vir Sondag, vir oulaas … Viva Spanje!

18 thoughts on “Amper klaar

  1. Ek lees dat ‘n besigheidsman in Spanje amper R300 000 aangebied om die twee en ‘n half jaar oud seekat Paul te koop. Dit is unbelievable … seekatte word gewoonlik nie so oud nie.

    “Octopodes hatch from smallish eggs, grow for a year or two then mate. They only mate once in their lives, which is called semelparity, then die. The male usually dies rapidly after mating, the females guard the eggs then die.”

    F*k ja … ek sou ook dan wegebly het van seks al moes ek rondloop met spatare in my oë as gevolg van die opgeboude spanning.😯

  2. Ek is baie trots op die nasie Sonnie! Die feit dat hulle aanhou goeie hosts was toe Bafana dit nou nie gemaak het nie wys net vir my ons kan enige iets doen… if we put our minds to it…

    Ek is net bly ek hoef nie meer in die ouens se vuil hare vas te kyk nie. Maar man… oh man… Die Spanjaarde het twee pragtige matadors daar aangebring…

  3. Die standaard van drama klasse in Spanje is net beter. Olé.

    Waas daai seekat? Ek gaan van hom ‘n hamburger pattie maak.

  4. Mooi geskrywe ☼! Ons het gisteraand die sokker live in 3D by Nu Metro gaan kyk – MAN!!! Wat ‘n awesome experience. Binne in en OP die veld – die pas was skrikwekkend en die game was (behalwe vir die talle orange fouls👿 ) seriously AMAZING!!! Ek sal enige tyd weer die 3D ding gaan doen – dis net ‘n ander ervaring altogether… miskien het dit gehelp dat ek nie juis oor die een of ander soos oor Duitsland voel nie… nou ja – ek gun dit die Spanjaarde van harte. Hulle het nou wragtig gewys dat jy elke match nét met 1:0 hoef te wen… om te….jipjip: WEN!!

  5. Ek kan self amper nie glo alles het so goed gegaan nie. Vir hierdie maand was dit regtig lekker om in SA te bly! (En ja, dis buitendien nog steeds vir my lekker tsv al die ellendes).

  6. Ek moet nou eerlik wees en sê ek gaan dit mis. Dit was fantasties om te sien hoe mense oor grense en tale en kleure iets saam geniet, sonder dat politiek in die prentjie ingetrek was. En wee jy, dit het so maklik gebeur en dit laat jou wonder hoekom ons altyd alles kompliseer.

    Hup hup Holland.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s