Die Lewe

Dit, dat en die kind in jou

Dit was (is) ‘n emosionele naweek. Soos nooit tevore nie het Suid-Afrikaners skouer aan skouer gestaan, verenig as ’n volk. Bafana het ons nie teleurgestel nie en toe sit die Springbokke vir ons ’n netjiese kersie op die sportkoek deur Frankryk flenters te speel op Nuweland. Peter de Villiers word die eerste afrigter onder wie die Springbokke vir Frankryk wen op Nuweland. Inderdaad!

Mag hierdie eenheid as Afrikanervolk veel langer en verder strek as 11 Julie 2010 – ons sal berge kan versit op alle gebiede as ons in alles so kan saamstaan.

Ek het soos ’n kind oor lekkergoed tekere gegaan toe Bafana daai doel skop, al weet ek niks van sokker af nie. Dit het my laat dink. Hoeveel kind dra elkeen van ons nog in ons?

Dis die onblusbare kind in my…

… wat nog altyd heel uitbundig raak op die Cobra, die Ferris Wiel of enige ander “merry-go-round”. Tot vandag nog is dit vir my een van die lekkerste lekkers om ‘n pretpark te besoek.

… wat nog steeds nie daai pink Wicky Wacks bubblegum kan weerstaan nie en steeds probeer om die grootste bubble te blaas, al moes ek al sukkel om die gebarste kougom van my neus af te kry.

… wat dit nog steeds geniet om soms kinderstories te lees, en wat steeds soek na ’n boek met ’n versameling van al die sprokies.

… wat nog sandkastele op die strand wil bou en dit versier met skulpies.

… wat nooit blasé sal raak oor vlieg nie en elke keer kortasem raak van opwinding as daai vliegtuig enjins so begin ‘rev’.

… wat daarvan sal hou om weer eendag ‘n boomhuis te hê waar ek vir die wêreld kan gaan wegkruip.

… wat nog in feëtjies glo en soms kan dink dat ’dooie’ goed, soos tafels en stoele en karre ook gevoelens het.

Ek dink die dag wanneer mens die kind in jouself verloor het… DAN is jy arm van gees.

14 thoughts on “Dit, dat en die kind in jou

  1. Nou het ek jou ook gevind…..en ek sal gereeld hier inloer…..en die stukkie skryfwerk…….laat my skeef glimlag en met `n toon in die sand boor…..daar langs my albasters….

  2. George was ‘n man met baie insig. So hartseer om soveel afgeleefde mense te sien, ek laaik speel kwaai, dit irriteer de hel uit de familje, maar dit bly lekker. Bloedbek se speelgoed het ongelukkig net duurder geword, maar is verwonderd oor die veeldoeligheid van sy nuutste speelding die vuvuzelakie. Ek laaik skooltake kwaai en dit irriteer weer die kinners, wel toe hulle nog take moes doen. Nou bou ek maar model skippe as daar tyd ($) is.

  3. Ek is ook mal oor ‘n pretpark maar gewoonlik wil niemand saam my ry nie😦

    “We don’t stop playing because we grow old; we grow old because we stop playing.” – George Bernard Shaw

  4. Die gode was vir my ook goed vandag … Duitsland het Australia 4 – 0 geklop en Audi het ‘n 1-2-3 oorwinning in die Le Mans 24 huur behaal.🙂

  5. Jip. Hoe ouer ek raak, hoe meer gebruik ek kindwees-metafore en voel ek aangetrokke tot kinderlike goed. Ek raak ook nou veel maklik kinderlik opgewonde as vroeër!

    Ek met jou saam dat, as mens soos jy ouer word, die goeie dinge van kindwees kan geniet vir wat hulle is, is jy besig om ryk te word.

  6. Ek sal nooit oor ‘n roltrap kan kom nie. Ek loop 3 km draaie, solank ek ‘n roltrap kan ry.

    Ek is ook mal ook kinderstories en jeugverhale.

    Puzzles en slangetjies en leertjies.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s