Die Lewe

Van Afrika is ek

Ek het hierdie geskryf in ‘n groen vliegtuig, baie duisende voet bo die aarde, oppad Suid, met die lug ‘n diep donkerblou, die horison ‘n bloedstreep en die aarde onder byna nagdonker swart. Asemrowend mooi eintlik.

8 Junie – 18h00

Ek woon en werk in die hartland van die Kaapse Wynland, een van die mooiste dele in ons land en waarskynlik ook in die wêreld. Dié wat my ken, weet my hart is vasgeanker aan die voet van Tafelberg.

Maar vandag weet ek ook dat ek nie net Kapenaar in murg en been is nie, maar ook Afrika in my bloed dra, al strek my donker Afrika op die oomblik nog net tot in Gauteng!

Ek lief hierdie land, sy mense, sy alles. Dis my plek, want …

… die stil mooiheid van die oop lug van ‘n Hoëveldse wintersdag roer ook my hartsnare.

… ek is vrek trots op myself dat ek die gevreesde Gautengse snelweë alleen aangedurf het en suksesvol saamgejaag het.

… ek verwonder my steeds aan ons land se kosmopolitiese mengelmoes van mense, vergeet soms heeltemal van misdaad en as ek met tye die vreedsame interaksie tussen ons reënboognasie so dophou, wens ek om te sê; “Kyk! Kyk! Hierdie is MY se mense!”

… ek sien die vaal, verskroeide aarde, plek-plek afgewissel met groen, en ook dit het vir my ‘n eiesoortige bekoring.

… ek is bevoorreg om die geselsskap te geniet van ‘magic’ mense en volkome tuis by hulle te voel, al sien ons mekaar dalk net een of twee keer ‘n jaar en al is hulle dalk Blou Bul-ondersteuners en ek ‘n geswore Stormer!

… ek kry ‘n knop in my keel as ek die ou Franse karretjie by die lughawe moet afgee, al het ek heeltyd die ruitveërs aangeskakel as ek wou draai.

… ek gee nie om dat die vlug huis toe al weer vertraag is nie, want dis anyways Afrika hierdie en ek weet ek sal wel veilig by die huis kom, al “shake, rattle & roll” ons al hoe meer, hoe nader ons aan die nat Kaap kom.

… ek gee nie om dat dit reën nie, want al pes ek die nat winters, is ek byna by my geliefde en my huis en my Berg.

… laaste, maar by verre nie die minste nie …

Dankie Mariana, vir Saterdag – en vir my besonderse geskenk.

Dankie Krista en Jaco vir gisteraand – dis mense soos julle wat my darem soms nog mense bo standbeelde laat verkies!

Sommer net vir die mooi:

Ek sal

vir jou

‘n appel pluk;

twee vere

en ‘n roos.

Die appel

en die roos

is net

‘n soetigheid

vir nou.

Die pouveer

en makouveer

is vir

more se onthou.

Philip de Vos

8 thoughts on “Van Afrika is ek

  1. Die Duitse vlag op my kar is al uitgerafel en die sokker het nog nie eers begin nie … was seker in SA gemaak. Maar ek het nog een gekoop, die heel grootste een, nou soek ek net ‘n vlagpaal om aan my kar vas te maak. ‘n Ingevoerde een wat nie sal breek nie.

    Hierdie land IS mooi … ek beplan om die Drakensberg na die winter te hike.

  2. Maar ja, ek weet wat jy sê AM, dis in my bloed, die are klop hierdie land deur my hart. En DAAROM, al is ek nie ‘n huge sokkerfan nie, SAL ek Bafana ondersteun en duim vashou vir hulle.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s