Die Lewe

1 Junie 2010

Van vandag af is ek nie meer net ‘n tydelike werker, kontrakwerker of wat mens dit ook al wil noem nie. Al is ek al hier van middel Februarie af, kon ek myself tog nooit lekker tuis verklaar nie. Elke kas wat ek reggepak het, elke mooi ding wat ek in my kantoor neergesit het, elke dingetjie waarop ek my eie stempel afgedruk het, het langsaan in hakies gehad… (dalk net tydelik).

Verlede week het ek gehoor, maar ek is mos die koningin van twyfelaars – Thomas die Ongelowige se eie bloedsuster – ek glo eers as ek sien en intussen worry ek vir ‘n wen en ‘n plek. Uiteindelik is al die t’s toe ge’cross’ en al die i’s ge’dot’ en nou is ek hier om te bly.

Ek het een oorweldigende gevoel – dankbaarheid. Na agt en ‘n half jaar by een plek, het ek die afgelope 8 maande baie dae gewonder waar ek weer gaan opeindig, werksgewys. Ek was die laaste twee jaar van die agt en ‘n half so sielsongelukkig waar ek was, dat ek vergeet het hoe dit voel om nie Sondae my polse te wil afkou omdat dit more weer Maandag is nie.

Deesdae beleef ek nie meer blou Sondae nie. Ek beleef lui dae, ja, maar vir die res het die meetsnoere vir my op lieflike plekke geval. Ek is hier om te bly – nou kort hierdie kantoor nog net blomme!

24 thoughts on “1 Junie 2010

  1. Is dit nie dié een most awesome feeling: dankbaarheid?! Ek is so bly jy ervaar dit!
    Ek hoop jy het nou al daai blomme gekry?? x

    1. BB – ek tel deesdae elke dag my seëninge. Mens leer mos eintlik eers ordentlike dankbaarheid as jy iets amper verloor het.🙂

      En ja, die blomme het ek gekry en veel meer as blomme. Genade en geluk!

    1. DMI – nou kan ek genoeg ontspan om weer aandag te gee aan daai Tandem storie van ons. Maar ek het intussen besluit ek gaan my hand waag aan ‘n hygroman! LOL!😈

  2. Ek is SO bly vir jou! Ek verstaan baie goed wat jy bedoel met polsafkouende Sondae oor more weer Maandag is…
    Ek wil ook net eendag ‘n werk he waar ek in die oggende kan opstaan en actually WIL werk toe gaan omdat ek dit geniet!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s